Welcome To Huis Lelieveld

Molly (Lizz Meiring) from Molly en Wors and Ouboet en Wors is no longer a dentist assistant – she is now matron of a retirement village!

In Willie Esterhuizen’s latest comedy, Huis Lelieveld, Molly is appointed as matron of the retirement villiage, Huis Lelieveld. Viewers can ook forward to old favourites, as well as a few new actors.

In the last episode of Ouboet en Wors, Molly was informed that Dr Proctor is emigrating, and her services are no longer needed. However, she didn’t let this setback have her down in the dumps and so, she ended up at Huis Lelieveld. Molly’s husband, Wors (Willie Esterhuizen), come to visit regularly to visit his wife and to find out who of the personnel or residents are giving her grief.

Gielie (Wynand van Vollenstee), who viewers have gotten to know in Ouboet en Wors as Wors’ handyman and driver, also got a job at the retirement village – after all, he has a very soft heart, especially for the elderly.

Viewers can look forward to seeing Hélène Truter returning as Tannie Poppie, one of the residents of Huis Lelieveld. “Poppie knows everything. And she shares it directly with the viewer. She likes spreading gossip, without feeling bad about it. I love this character, because she isn’t afraid to voice her opinion,” says Hélène.

Huis Lelieveld’s residents include Fleur Pot (Elma Potgieter), Gielie’s mom, Martha Goosen (Karin van der Laagt), Brand Louw (Cobus Visser) and Blaartjie Louw (Yvonne Schoeman). From a hip retired lady and a snob without money to someone who equally loves baking and moaning – these residents still have plenty of life in them.

Viewers will also get to know the Huis Lelieveld personell very well. Pastor Dou Droel (Matt Stern), who has a weakness for women, Spanner Proes (Reginald Hufkie), the factotum with an interesting life away from the retirement village, and Koekie de Kok (Lara Lourens), Pastor Droel’s assistant and part time exotic dancer, are characters viewers will enjoy a lot.

Willie Esterhuizen is the writer and producer of the series. “Viewers will see that elderly people are young people in aged bodies, who still know how to have fun. The production team really enjoys working with the experienced actors. What a privilege!

Huis Lelieveld will be broadcast on Wednesdays at 20:30 from 30 October 2019 on kykNET (DStv channel 144).


Molly (Lizz Meiring) van Molly en Wors en Ouboet en Wors het haar werk as tandartsassistent verruil vir dié van matrone! In Willie Esterhuizen se nuutste komedie, Huis Lelieveld, kry Molly werk as matrone van die aftreeoord Huis Lelieveld, en kan kykers uitsien om ‘n paar ou gunstelinge, sowel as nuwe gesigte te sien.

In die laaste episode van Ouboet en Wors, is Molly ingelig dat Dr Proctor emigreer en is sy werkloos gelaat. Sy het egter nie in sak en as gaan sit nie en só eindig sy op by Huis Lelieveld as matrone. “Molly is soos onkruid – orals, ongelooflik sterk en ‘n kanniedood,” meen Lizz Meiring oor dié geliefde karakter wat sy vertolk. Molly se man, Wors (Willie Esterhuizen), kom loer gereeld in om te hoor hoe dit met sy dierbare vrou gaan en watter van die personeel of inwoners haar lewe moeilik maak.

Gielie (Wynand van Vollenstee), wie kykers in Ouboet en Wors as Wors se goedgelowige nutsman en drywer leer ken het, kry ook werk by die aftreeoord, want hy het ‘n baie sagte hart – veral as dit by die oumensies kom.

‘n Groot bederf wat vir kykers voorlê, is Hélène Truter wat terugkeer as Tannie Poppie, een van die inwoners van Huis Lelieveld. “Poppie weet álles. En sy deel dit direk met die kyker. Eintlik skinder sy net. Skaamteloos. Ek’s mal oor haar want sy’s nie bang om haar opinie te lug nie,” sê Hélène.

Die inwoners van Huis Lelieveld sluit in Fleur Pot (Elma Potgieter), Gielie se ma, Martha Goosen (Karin van der Laagt), Brand Louw (Cobus Visser) en Blaartjie Louw (Yvonne Schoeman). Van ‘n hupse afgetredene en ‘n snob sonder geld tot ‘n bakster en klaagster – dié spul inwoners is die spreekwoordelike ‘oud, maar nog nie koud’.

Daarmee saam gaan kykers ook die Huis Lelieveld-personeel goed leer ken. Dominee Dou Droel (Matt Stern), wat onder sensuur geplaas vanweë sy swakpunt vir vrouens is, Spanner Proes (Reginald Hufkie), die kleurryke faktotum wat ‘n interessante lewe buite die oord het, en Koekie de Kok (Lara Lourens), Ds Droel se assistent en deeltydse paaldanseres, gaan sorg vir hope pret.

Willie Esterhuizen is weer die skrywer en vervaardiger van die reeks. “In die reeks sal julle sien dat oumense is maar net jongmense, in ouer lywe, en nog net so vol streke en dinge. Vir ons almal in die produksie is dit ‘n fees om saam met akteurs met soveel ondervinding te werk. Wat ‘n voorreg!”

Huis Lelieveld word vanaf Woensdag 30 Oktober om 20:30 op kykNET DStv kanaal 144 uitgesaai.

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb