Gerduan Kemp Celebrates Exciting New Chapter In His Life With New Single “Langpad Na Môre”

“Sometimes you have to leave your old baggage behind to be able to reach new chapters in your life,” says Gerduan Kemp about the meaning behind his latest single, LANGPAD NA MÔRE, which he co-wrote with ADAM’s Hugo Ludik and Rubber Duc’s Nick Jordaan.

This delightful Afrikaans pop-rock track was inspired by the versatile Bloemfontein musician’s difficult decision to leave his hometown behind for a new and exciting future in Pretoria.

“I put a lot of emotion into my songs. This one is very close to my heart because it reflects what I was feeling when I had to leave my hometown behind for the city. Furthermore, I also want to use the song to encourage listeners not to let big opportunities slip through their fingers just because it requires some tough choices,” he explains. “The song has beautiful lyrics and a catchy melody which will appeal to all ages.”

LANGPAD NA MÔRE is the second single off his debut album, Sesde Sintuig, which will be released on 8 October 2021 and according to those in the music industry who already heard it, it’s going to be something that will satisfy even the most discerning ear. “All of the songs were inspired by things that happened in my life. It is about my story so far and how it has shaped me and brought me to where I am today,” Gerduan shares. “I co-wrote nine of the ten songs and had the privilege of working with talented songwriters such as Hugo Ludik, Nick Jordaan, Riaan Benadé, Petrus van Wyk, Johan Oberholzer and Emil Robert. The album took a long time to record, and I am excited to share it with the public.”

The title track of the album was released last year. It was an instant hit and topped the charts of several radio stations, while the music video has already had more than 26 000 views on YouTube.

“The feedback on my previous single was incredibly good. The song can still be heard on various radio stations across the country and people often tell me that it is their favourite dance track,” he shares about this highlight in his career.

Gerduan, who has his own photography and videography business – GK Kreativ Productions – when he is not on stage, has been singing since he was a little boy and has been taking guitar lessons since he was eight. He only decided to pursue a career in music during his final year at university where he was busy completing his degree in Communications and Journalism. Since then, he has shared the stage with several big names and performed at numerous festivals and functions across the country.

The artist wants his music to touch people’s hearts and with LANGPAD NA MÔRE he not only exceeds this goal, but also manages to make fans look forward to what he has planned for the future.

LANGPAD NA MȎRE is now available on all digital platforms.  Download the single here:  https://lnk.to/LangpadNaMoreMB


Met Sy Nuwe Enkelsnit “Langpad Na Môre” Vier Gerduan Kemp ‘n Nuwe hoofstuk In Sy Lewe

Soms moet jy ou bagasie agterlaat om nuwe hoofstukke in jou lewe te bereik,”Gerduan Kemp oor die betekenis agter sy splinternuwe enkelsnit, LANGPAD NA MÔRE, wat hy saam met ADAM se Hugo Ludik en Rubber Duc se Nick Jordaan geskryf het.

Hierdie lekkerluister Afrikaanse pop-rocksnit is geïnspireer deur dié veelsydige Bloemfonteinse musikant se moeilike besluit om die Rosestad agter te laat vir ’n nuwe en opwindende toekoms in Pretoria.

Ek is iemand wat baie van my emosies in my liedjies oordra. Hierdie een lê my juis na aan die hart omdat dit die gevoelens wat ek ervaar het toe ek my tuisdorp moes agterlaat vir die stad weergee. My doel is ook om die liedjie te gebruik om ander mense te bemoedig om nie groot geleenthede deur hulle vingers te laat glip omdat die keuses wat daarmee saam gaan dalk angswekkend kan wees nie,” verduidelik hy. “Die liedjie het mooi lirieke, waarby almal sal aanklank vind en die wysie sal jou uitnooi om saam te sing en dit kliphard te luister in jou kar.”

LANGPAD NA MÔRE is die tweede enkelsnit vanaf sy debuut-album, Sesde Sintuig, wat op 8 Oktober 2021 beskikbaar sal wees en volgens die gesoute ore in die musiekbedryf wat dit reeds gehoor het gaan dit iets wees wat selfs die kieskeurigste oor tevrede sal stel. “Al die liedjies is geïnspireer deur goed wat in my lewe gebeur het. Dit vertel basies die storie van my lewe tot dusver en hoe dit wat al in my lewe gebeur het my gevorm het en gebring het tot waar ek vandag is,” deel Gerduan. “Ek was betrokke by die skryf van nege van die tien liedjies en het die voorreg gehad om saam met talentvolle liedjieskrywers te werk soos Hugo Ludik, Nick Jordaan, Riaan Benadé, Petrus van Wyk, Johan Oberholzer en Emil Robert. Die album het lank gevat om op te neem en ek is opgewonde om te sien wat die publiek van my nuwe musiek gaan dink.”

Die titelsnit van die album is verlede jaar uitgereik. Dit was dadelik baie gewild en het bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies gekuier, terwyl die hoendervleismooi musiekvideo reeds deur meer as 26 000 mense op YouTube gekyk is.

Die terugvoer op my vorige enkelsnit was ongelooflik goed. Die lied kan steeds op verskeie radiostasies regoor die land gehoor word en daar is gereeld mense wat vir my sê dat dit hulle gunsteling-vasdansliedjie is,” vertel hy oor hierdie hoogtepunt in sy loopbaan.

Gerduan, wat sy eie foto- en videografiebesigheid – GK Kreativ Productions – bestuur wanneer hy nie op die verhoog is nie, sing al vandat hy klein is en het in graad twee begin kitaarlesse neem. Hy het egter eers in sy finale jaar op universiteit, waar hy besig was om Kommunikasiemedia en Joernalistiek te studeer, besluit om ’n voltydse loopbaan van musiek te maak. Sedertdien het hy al die verhoog met verskeie groot name gedeel en by talle feeste en funksies opgetree.

Hy wil graag hê dat sy musiek mense se harte moet raak en met LANGPAD NA MÔRE oortref hy nie net hierdie doelwit nie, maar kry hy dit ook reg om bewonderaars met opgewondenheid te laat uitsien na al die opwindende dinge wat hy vir die toekoms beplan.

LANGPAD NA MȎRE is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Laai die enkelsnit hier af: https://lnk.to/LangpadNaMoreMB

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb