{"id":18061,"date":"2023-02-27T09:33:11","date_gmt":"2023-02-27T07:33:11","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=18061"},"modified":"2023-02-27T09:33:14","modified_gmt":"2023-02-27T07:33:14","slug":"herman-kleinhans-ongeag-oom-melcus-geniet-die-rus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/02\/27\/herman-kleinhans-ongeag-oom-melcus-geniet-die-rus\/","title":{"rendered":"Herman Kleinhans \u2013 Ongeag, Oom Melcus, Geniet Die Rus"},"content":{"rendered":"\n<p>Die woordeboek beskryf \u2019n held as iemand wat beny word vir sy of haar dapperheid, ongewone prestasie en eerbare eienskappe. Ons almal ken een persoon (of dalk meer) wat aan hierdie definisie voldoen. Vir Herman Kleinhans was hierdie persoon hul familievriend, oom Melcus Nel.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/Herman-Kleinhans-Kranse-Cover.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"451\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/Herman-Kleinhans-Kranse-Cover.jpg?resize=450%2C451&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-18059\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/Herman-Kleinhans-Kranse-Cover.jpg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/Herman-Kleinhans-Kranse-Cover.jpg?resize=300%2C300&amp;ssl=1 300w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/Herman-Kleinhans-Kranse-Cover.jpg?resize=150%2C150&amp;ssl=1 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Oom Melcus Nel, wat oorlede is in die ouderdom van 61, was g\u2019n gewone mens nie. Met sy talente en ywer het hy \u2019n kleurryke lewe gelei. Hy het \u2019n reusehart gehad met kamers waarin talle mense \u2019n tuiste kon vind.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is juis sy liefde vir mense wat hom laat ontwikkel het tot \u2019n suksesvolle besigheidsman \u2013 s\u00f3 kon hy meer as genoeg h\u00ea om te gee. \u201c\u2019n Hand wat toe is, kan nie ontvang nie,\u201d en oom Melcus se hand was vir seker nie toe nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Deur sy steun aan minderbevoorregtes het hy talle lewens aangeraak. Hy het geleef om deur harde arbeid sy gemeenskap op te lig en het talle opleidingsentrums opgerig waar mense hulself kon verryk. Hy het sy naaste liewer gehad as homself.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vrugte van sy arbeid was nooit sy eie nie, want dit is uitgedeel aan talle behoeftiges wat dit nodiger gehad het as hyself. Daarom is dit geen wonder dat Herman Kleinhans hom \u2019n goeie rus toewens in sy nuwe enkelsnit, GENIET DIE RUS nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Herman Kleinhans - Geniet Die Rus\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/K0tERKXVxfc?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>GENIET DIE RUS is \u2019n afskeidsbrief aan sy geliefde oom Melcus. Dood as \u2019n tema behoort somber te wees, maar die lirieke kry nuwe betekenis met \u2019n opgewekte melodie en vrolike vioolspel. Die beeld wat dit by jou laat is di\u00e9 van \u2019n aftreeoord waar al die helde van ons tyd saam kan wees en hulle rus kan geniet.<\/p>\n\n\n\n<p>Die lirieke maak dit duidelik dat oom Melcus saam met al die groot name van ons tyd hoort: Madiba, Freddie Mercury, Meatloaf, Marilyn Monroe, Arnold Palmer en Joost van der Westhuizen.<\/p>\n\n\n\n<p>GENIET DIE RUS se boere-discoklank is te danke aan die vervaardiger Jurgen von Wechmar van Sunset Studios in Stellenbosch. Dit is \u2019n ligte luisterliedjie met geelvet om die lirieke en sal die ore van verskeie ouderdomsgroepe interesseer.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir die ligte trant van die lied sal GENIET DIE RUS jou tot introspeksie roep om te bepeins oor jou nalatenskap en hoe jy die tyd saam met die helde in jou lewe moet koester.<\/p>\n\n\n\n<p>Helde leef voort deur oorvertelling. Dit is die grootste hulde wat aan helde gebring kan word en danksy GENIET DIE RUS sal oom Melcus Nel nog lank voortleef.<\/p>\n\n\n\n<p>As jy vir Herman vra watter herinneringe eerste by hom opkom wanneer hy terugdink aan die lewe van oom Melcus Nel, is sy woorde eenvoudig: \u201cGoeie tye.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Of oom Melcus die kans kry om vandag saam met Madiba kaart te speel, of \u2019n sigaar te rook met sy naam op bly maar alles oorglaat aan die verbeelding. En soos Herman die lied afsluit, wil ons vir oom Melcus s\u00ea, \u201cMaar ongeag, GENIET DIE RUS.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>GENIET DIE RUS is nou beskikbaar op alle digitale mediaplatforms. Luister dit hier: <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/hermankleinhans\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/linktr.ee\/hermankleinhans<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die woordeboek beskryf \u2019n held as iemand wat beny word vir sy of haar dapperheid, ongewone prestasie en eerbare eienskappe. Ons almal ken een persoon (of dalk meer) wat aan hierdie definisie voldoen. Vir Herman Kleinhans was hierdie persoon hul familievriend, oom Melcus Nel. Oom Melcus Nel, wat oorlede is in die ouderdom van 61,&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/02\/27\/herman-kleinhans-ongeag-oom-melcus-geniet-die-rus\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Herman Kleinhans \u2013 Ongeag, Oom Melcus, Geniet Die Rus<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-18061","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18061","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18061"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18061\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18061"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18061"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18061"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}