{"id":18092,"date":"2023-03-03T11:39:07","date_gmt":"2023-03-03T09:39:07","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=18092"},"modified":"2023-03-03T11:39:11","modified_gmt":"2023-03-03T09:39:11","slug":"niks-kry-hom-onder-nie-jan-bloukaas-stel-album-vry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/03\/03\/niks-kry-hom-onder-nie-jan-bloukaas-stel-album-vry\/","title":{"rendered":"<strong>Niks Kry Hom Onder Nie &#8211; Jan Bloukaas Stel Album Vry<\/strong>"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Bloukaas-Album-Cover.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"456\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Bloukaas-Album-Cover.jpg?resize=450%2C456&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-18089\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Bloukaas-Album-Cover.jpg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Bloukaas-Album-Cover.jpg?resize=296%2C300&amp;ssl=1 296w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Oor die afgelope paar maande het <strong>Jan Bloukaas<\/strong> met liedjies soos <em>As Ek Jou Hoor Lag<\/em> en <em>Sweef<\/em>, gewys dat hy besig is om sy musiekloopbaan in \u2019n nuwe rigting te stuur.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit het nie net \u2019n groot opskudding in die bedryf veroorsaak nie, maar ook vir hom heelwat nuwe aanhangers verseker.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom heers daar tans groot opwinding in musiekkringe, want di\u00e9 begaafde musikant het pas \u2019n splinternuwe enkelsnit en langverwagte album vrygestel!<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>HEILIG<\/strong><\/em>, die derde enkelsnit vanaf sy nuwe album, <em><strong>VREEMDELING<\/strong><\/em>, het hy in 2018 saam met Almero Welgemoed geskryf en dit gaan daaroor dat alhoewel jy dikwels die mooi in jouself miskyk, daar wel iemand is wat dit raaksien.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/JanBloukaas-udertree.jpeg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"485\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/JanBloukaas-udertree.jpeg?resize=450%2C485&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-18090\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/JanBloukaas-udertree.jpeg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/JanBloukaas-udertree.jpeg?resize=278%2C300&amp;ssl=1 278w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>\u201c<em>Dit is my ma se gunsteling en daarom vir my baie spesiaal,\u201d<\/em> verklap hy oor di\u00e9 akoestiese snit. <em>\u201cEk dink die liedjie het \u2019n lekker wysie en dat mense daarvan gaan hou omdat dit spirituele elemente bevat, al is dit geskryf om \u2019n liefdesliedjie te wees. Daarom sal dit aanklank vind by \u2019n groter mark.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Vir die musiekvideo is die kontras tussen lig en donker gebruik om die woord \u201cheilig\u201d te simboliseer. Johan Vorster van Inhoud Huis Musiek was die regisseur van di\u00e9 video wat in die ooste van Pretoria deur Dani\u00ebl Rademeyer verfilm is.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Met di\u00e9 konsep wou ons die boodskap oordra dat elkeen kan kies waarmee hy sy lewenspad wil verlig,\u201d<\/em> verduidelik hy. <em>\u201cEk wou iets heeltemal anders skep as met my vorige video en het daarom \u2019n rustige liedjie en video gekies. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid om deur hierdie liedjie en die video te wys dat ek ook in ander genres kan musiek skep en ek hoop dit word goed ontvang deur die publiek.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Jan Bloukaas - Heilig\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/CmVvrERenak?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>Die kunstenaar is ook baie opgewonde om sy nuwe album met luisteraars te deel. Dit is oor \u2019n tydperk van drie jaar geskep en handel oor verhoudings en selfontdekking.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Bloukaas het hy die titel, <em><strong>VREEMDELING<\/strong><\/em>, gekies omdat dit die tema die beste saamvat en omdat omstandighede jou van die mense rondom jou kan vervreem.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het die album self vervaardig, met insette van Peach van Pletzen en Ruan Graaff. Peach het ook die finale mengwerk gedoen.<\/p>\n\n\n\n<p>As jy hom uitvra oor sy gunsteling-liedjie, s\u00ea hy dat dit onmoontlik is om te kies omdat elke liedjie vir hom besonderse betekenis inhou.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek is die dag waarop ek my laaste vyf liedjies in die ateljee sou opneem, met \u2019n breingewas gediagnoseer. Ten spyte daarvan, het ek besluit om steeds die album klaar te maak voor my behandeling begin het en ek is dankbaar dat ek dit wel kon doen en nog in staat was om \u2019n musiekvideo ook te maak. Ek gaan later vir nog \u2019n paar liedjies video\u2019s opneem.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Jan Bloukaas, oftewel Jean du Plessis, was skaars klaar met skool in 2017 toe hy naam gemaak het met sy liedjie, <em>Kaas Elke Dag<\/em>, wat soos \u2019n veldbrand versprei het en gelei het tot \u2019n platekontrak met Universal Musiek nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Sedertdien het hy net van krag tot krag gegaan en spog hy met talle radio- en dans-treffers (waaronder <em>kykNET en Chill<\/em>, <em>Boerseun<\/em> en <em>Desember<\/em>), twee top-verkoper albums (<em>Desember<\/em> en <em>The Party Starter<\/em>), \u2019n platekontrak met Inhoud Huis Musiek en verskeie musiektoekenings.<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 Kapenaar het ook die treffer, <em>Dans<\/em>, saam met Early B en Biggy opgeneem, asook die duet, <em>Sterre Brand<\/em>, saam met Janie Bay. Verder het hy ook al die verhoog gedeel saam met van die grootste name in die bedryf by van die gewildste musiekfeeste en -konserte in die land.<\/p>\n\n\n\n<p>Tans is hy besig met chemo-behandeling vir die gewas op sy brein en werk hy, soos altyd, aan nuwe musiek wat hy in die toekoms met sy aanhangers wil deel.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek hoop my album en nuwe enkelsnit word goed ontvang en dat die publiek die nuwe rigting waarin my musiek gaan sal aanhou waardeer,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>VREEMDELING<\/strong><\/em>, waarop <em><strong>HEILIG <\/strong><\/em>verskyn, is nou op alle digitale platforms. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/janbloukaas.lnk.to\/Vreemdeling\">https:\/\/janbloukaas.lnk.to\/Vreemdeling<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>LYS VAN <\/strong><strong>SNITTE OP DIE ALBUM:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><em>Raak weg<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>Vreemdeling<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>Sweef<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>Val deur die nag<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>As ek jou hoor lag<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>Vir nou<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>Die donker<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>Skaduwees<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>Heilig<\/em><\/li>\n\n\n\n<li><em>Vir eers<\/em><\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor die afgelope paar maande het Jan Bloukaas met liedjies soos As Ek Jou Hoor Lag en Sweef, gewys dat hy besig is om sy musiekloopbaan in \u2019n nuwe rigting te stuur. Dit het nie net \u2019n groot opskudding in die bedryf veroorsaak nie, maar ook vir hom heelwat nuwe aanhangers verseker. Daarom heers daar&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/03\/03\/niks-kry-hom-onder-nie-jan-bloukaas-stel-album-vry\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\"><strong>Niks Kry Hom Onder Nie &#8211; Jan Bloukaas Stel Album Vry<\/strong><\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-18092","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18092","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18092"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18092\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18092"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18092"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18092"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}