{"id":18164,"date":"2023-03-16T17:38:11","date_gmt":"2023-03-16T15:38:11","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=18164"},"modified":"2023-03-16T17:38:14","modified_gmt":"2023-03-16T15:38:14","slug":"kom-hou-vakansie-in-mauritius-saam-met-wynand-cheree-en-die-akteurs-van-diepe-waters","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/03\/16\/kom-hou-vakansie-in-mauritius-saam-met-wynand-cheree-en-die-akteurs-van-diepe-waters\/","title":{"rendered":"Kom Hou Vakansie In Mauritius Saam Met Wynand &amp; Chere\u00e9 En Die Akteurs Van Diepe Waters"},"content":{"rendered":"\n<p>Kykers wat bespreek het om in April vanjaar saam met die akteurs van die gewilde telenovela, <em>Diepe Waters<\/em>, Mauritius toe te gaan, kan nou uitsien na n\u00f3g meer opwinding!<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/wynand-cheree-kyknet.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"450\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/wynand-cheree-kyknet.jpg?resize=450%2C450&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-18162\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/wynand-cheree-kyknet.jpg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/wynand-cheree-kyknet.jpg?resize=300%2C300&amp;ssl=1 300w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/wynand-cheree-kyknet.jpg?resize=150%2C150&amp;ssl=1 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p><strong>kykNET<\/strong> en <strong>World Leisure Holidays<\/strong> het pas bevestig dat die gewilde Afrikaanse getroude sangpaar, <strong>Wynand<\/strong> en <strong>Chere\u00e9 Strydom<\/strong>, nou \u00f3\u00f3k gaan deel wees van hierdie eksotiese eiland-wegbreek saam met Werner Coetser (Jacques) en Eloise Cupido (Rose).<\/p>\n\n\n\n<p>Indien jy nog nie jou plek bespreek het nie moet jy opskud, want teen slegs R30&nbsp;000 per persoon wat \u2019n <em>deluxe<\/em>-kamer deel, kan jy \u2013 vanaf 26 April tot 3 Mei 2023 \u2013 by di\u00e9 gesellige geselskap aansluit. Hierdie eksklusiewe pakket sluit vlugte, verblyf, ontbyt, aandete, vervoerkostes en lughawebelasting in.<\/p>\n\n\n\n<p> Dit gaan \u2019n jolige en heerlike tyd van uitspan wees by die luukse <a href=\"https:\/\/www.sugarbeachresort.com\/en\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Sugar Beach Resort<\/a> in Mauritius en die tydsberekening is perfek, want die datums strek ook oor \u2019n langnaweek! So daar is geen rede waarom jy nie van hierdie geleentheid gebruik kan maak om, teen \u2019n bekostigbare prys, hierdie asemrowende eiland te besoek nie!<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek kan eintlik nie eers glo ons kry hierdie ongelooflike geleentheid nie! Ons droom al lankal oor \u2019n vakansie in Mauritius en hier word dit waar. Die feit dat ons saam met kykNET, die akteurs van \u2018Diepe Waters\u2019, en natuurlik die publiek kan kuier, is net een groot kersie op die koek,\u201d<\/em>&nbsp;s\u00ea Chere\u00e9 oor die geleentheid om vir \u2019n week lank by \u2019n luukse vyfster-oord te ontspan.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>As ek eerlik moet wees, dan sien ek seker die meeste uit om \u2019n bietjie alleen tyd saam met Wynand te spandeer. Ons het dit nodig na \u2019n baie besige jaar sover. Ek sien ook uit om nuwe mense te ontmoet, lekker te sing en nuwe vriende te maak saam met almal wat saam reis op hierdie droomvakansie!,\u201d<\/em> voeg sy by.<\/p>\n\n\n\n<p>Een gelukkige vakansieganger wat vir twee persone bespreek, staan ook \u2019n kans staan om sy\/ haar volle pakket-geld terug te wen. So moenie wag nie, bespreek nou by <a rel=\"noreferrer noopener\" href=\"https:\/\/wlh.co.za\/kyknet\/\" target=\"_blank\"><u>wlh.co.za\/kyknet<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Wynand, wie se splinternuwe enkelsnit ook einde April bekendgestel word, sien vreeslik baie uit na \u2019n blaaskans in sy besige skedule en s\u00ea: <em>\u201cDie vooruitsig om in Mauritius te gaan kuier voel redelik onwerklik. Om dit saam met die span van kykNET se \u2018Diepe Waters\u2019 te kan doen is \u2019n absolute voorreg. Ek sien verskriklik uit na die samesyn en om dit saam met my bruid te gaan geniet. Ons het nog nooit \u2019n wittebrood gehad nie en na 13 jaar se getroude lewe voel dit asof ons nou uiteindelik die geleentheid gaan kry.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die Mauritius-hotelgroep, Sun Resorts, het onlangs \u2019n transformasie ondergaan en spog deesdae met \u2019n splinternuwe voorkoms en handelsnaam, <strong>Sun<\/strong><em><strong>life<\/strong><\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie vernuwing gaan oor meer as net \u2019n nuwe naam, en sluit ook \u2019n nuwe filosofie en kultuur in met betrekking tot alle aspekte van die gaste-ervaring, en bou voort op meer as 45-jaar van trotse geskiedenis en erfenis. Hierdie nuwe hoofstuk sluit ook die bekendstelling in van die <strong>Come Alive Collection<\/strong> \u2013 \u2019n reeks unieke oord-ervarings vir gaste om te geniet, insluitend a Energy Gym, Sega Zoomba en Putting on the Ritz, om maar net \u2019n paar te noem.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sugar Beach <\/strong>bied \u2019n opwindende kombinasie van die verlede en die hede, met glansryke elemente van gister en moderne luukshede van vandag vir \u2019n onvergeetlike vakansie-ervaring. Om aan te pas by die nuwe voorkoms, is di\u00e9 oord se kamers en leefareas ook onlangs opgeknap om \u2019n tikkie weskus-glans weer te gee.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir meer inligting oor <strong>Sun<\/strong><em><strong>life<\/strong><\/em>, besoek: <a href=\"http:\/\/www.wlh.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">www.wlh.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Dis nie elke dag wat jy die kans kry om oor \u2019n langnaweek, teen \u2019n baie bekostigbare prys, vakansie te hou by \u2019n luukse oord in Mauritius saam met jou gunsteling-sangers en -akteurs nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Wikkel en bespreek nou jou plek vir hierdie eens-in-\u2019n-leeftyd-ervaring!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kykers wat bespreek het om in April vanjaar saam met die akteurs van die gewilde telenovela, Diepe Waters, Mauritius toe te gaan, kan nou uitsien na n\u00f3g meer opwinding! kykNET en World Leisure Holidays het pas bevestig dat die gewilde Afrikaanse getroude sangpaar, Wynand en Chere\u00e9 Strydom, nou \u00f3\u00f3k gaan deel wees van hierdie eksotiese&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/03\/16\/kom-hou-vakansie-in-mauritius-saam-met-wynand-cheree-en-die-akteurs-van-diepe-waters\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Kom Hou Vakansie In Mauritius Saam Met Wynand &amp; Chere\u00e9 En Die Akteurs Van Diepe Waters<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-18164","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18164","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18164"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18164\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18164"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18164"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18164"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}