{"id":18182,"date":"2023-03-17T16:14:00","date_gmt":"2023-03-17T14:14:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=18182"},"modified":"2023-03-17T16:14:04","modified_gmt":"2023-03-17T14:14:04","slug":"nuwe-jan-rhaap-treffer-sal-jou-twee-keer-laat-dink-oor-jou-bakkie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/03\/17\/nuwe-jan-rhaap-treffer-sal-jou-twee-keer-laat-dink-oor-jou-bakkie\/","title":{"rendered":"<strong>Nuwe Jan Rhaap-Treffer Sal Jou Twee Keer Laat Dink Oor Jou Bakkie<\/strong>"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Rhaap-Jagvat-Cover-.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"450\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Rhaap-Jagvat-Cover-.jpg?resize=450%2C450&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-18178\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Rhaap-Jagvat-Cover-.jpg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Rhaap-Jagvat-Cover-.jpg?resize=300%2C300&amp;ssl=1 300w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Jan-Rhaap-Jagvat-Cover-.jpg?resize=150%2C150&amp;ssl=1 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Daar is so baie dinge wat deesdae in ons land skeefloop, dat dit belangrik is om ten minste iets te h\u00ea waarop jy kan staat maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir <strong>Jan Rhaap<\/strong> is daardie \u201ciets\u201d beslis sy bakkie, want wanneer hy nie op die verhoog is nie boer hy op sy familieplaas in die Noordkaap.<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 sanger en liedjieskrywer se nuutste enkelsnit is gebore nadat hy vir \u2019n rukkie met sy broer se 2.4D-bakkie moes ry en so be\u00efndruk was dat hy besluit het om op sy besonderse manier hulde te bring aan wat, volgens hom, een van die beste enjins is wat nog ooit gemaak is.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>2.4D<\/strong><\/em>, wat oudergewoonte deur Tertius Human van Coolerbox Studios vervaardig is, kan beskryf word as \u2019n lekkerluister country-nommertjie wat met enige bakkie-liefhebber se hart sal praat.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Afrikaners is lief vir hul bakkies en daar is gereeld kompetisie tussen manne oor wie se bakkie nou eintlik die beste is. Hierdie lied gaan presies daaroor; \u2019n man wat trots is op sy bakkie,\u201d<\/em> vertel hy. <em>\u201cSoos al my liedjies, is hierdie een ook baie spesiaal. Ek boer self, en enige boer se bakkie speel \u2019n baie belangrike rol op die plaas en in sy lewe.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die musiekvideo, wat nou op die kassie te sien is, voer die tema verder en is gebou rondom die idee dat \u2019n boer sy bakkie vir alles gebruik.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>In die video sien ons \u2019n man wat van vroegoggend tot laatmiddag in sy bakkie rondry,\u201d<\/em> verduidelik die musikant. <em>\u201cLangs die pad ontmoet hy verskillende karakters en elkeen word deur ek self vertolk.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Wian van der Walt het die video, wat op \u2019n plaas buite Schmidsdrift in die Noordkaap verfilm is, vervaardig.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Jan Rhaap - 2.4D (Offisi\u00eble Musiekvideo)\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/3Xvg2WNY93Q?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>Jan Rhaap<\/strong>, met sy rasperstem en opgewekte musiek, vermaak gehore al vir meer as \u2019n dekade en is veral bekend vir treffers soos <em>Huisie in die Bos<\/em>, wat hy saam met Juan Boucher geskryf het en waarvan die video reeds meer as 4.6-miljoen kyke op YouTube gehad het, <em>Jan Ek Kan Nie Dans Nie<\/em> met meer as 2.1-miljoen kyke en <em>Ramskilpad<\/em> wat op verskeie treffersparades gepronk het en ook reeds deur meer as 1.5-miljoen mense gesien is. Die video van sy vorige vrystelling, <em>Jagvat<\/em>, is ook reeds meer as 500\u00a0000 gekyk.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy kom uit \u2019n baie musikale gesin en het oor die jare verskeie loopbaanhoogtepunte gehad, waaronder Ghoema-benoemings vir <em>Nuweling van die Jaar<\/em> (2015) en <em>Beste Alternatiewe Album van die Jaar<\/em> (2017). Hy het pas ook saam met ander bekendes op die 2023-Bokboot gekuier.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer hy nie sing of boer nie, geniet hy dit om tyd saam met sy vrou en twee kinders te spandeer, saam met vriende en familie te kuier en hy het selfs vroe\u00ebr vanjaar weer begin krieket te speel.<\/p>\n\n\n\n<p>Jan, oftewel Werner Burger, is lief vir sy taal en kultuur en hou daarvan om te sing oor dit wat Afrikaners na aan die hart l\u00ea. Met <em><strong>2.4D<\/strong><\/em> wys hy net weereens dat hy presies verstaan wat dit is.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie liedjie is die tweede vrystelling vanaf sy kortspeelplaat (Jagvat) wat einde laas jaar uitgereik is.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Laai dit hier af: <\/strong><a rel=\"noreferrer noopener\" href=\"https:\/\/linktr.ee\/janrhaap\" target=\"_blank\">linktr.ee\/janrhaap<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is so baie dinge wat deesdae in ons land skeefloop, dat dit belangrik is om ten minste iets te h\u00ea waarop jy kan staat maak. Vir Jan Rhaap is daardie \u201ciets\u201d beslis sy bakkie, want wanneer hy nie op die verhoog is nie boer hy op sy familieplaas in die Noordkaap. Di\u00e9 sanger en&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/03\/17\/nuwe-jan-rhaap-treffer-sal-jou-twee-keer-laat-dink-oor-jou-bakkie\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\"><strong>Nuwe Jan Rhaap-Treffer Sal Jou Twee Keer Laat Dink Oor Jou Bakkie<\/strong><\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-18182","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18182\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}