{"id":18694,"date":"2023-05-17T14:17:59","date_gmt":"2023-05-17T12:17:59","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=18694"},"modified":"2023-05-17T14:18:02","modified_gmt":"2023-05-17T12:18:02","slug":"fouche-wessels-verwesenlik-n-groot-droom-met-debuut-enkelsnit-hier-by-my","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/05\/17\/fouche-wessels-verwesenlik-n-groot-droom-met-debuut-enkelsnit-hier-by-my\/","title":{"rendered":"Fouch\u00e9 Wessels Verwesenlik \u2019N Groot Droom Met Debuut-Enkelsnit, &#8220;Hier By My&#8221;"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Fouche-Wessels-Single-Cover-Hier-By-My.jpeg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"450\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Fouche-Wessels-Single-Cover-Hier-By-My.jpeg?resize=450%2C450&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-18692\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Fouche-Wessels-Single-Cover-Hier-By-My.jpeg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Fouche-Wessels-Single-Cover-Hier-By-My.jpeg?resize=300%2C300&amp;ssl=1 300w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Fouche-Wessels-Single-Cover-Hier-By-My.jpeg?resize=150%2C150&amp;ssl=1 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Na jare se droom en harde werk, maak die begaafde sanger en liedjieskrywer van Pretoria, <strong>Fouch\u00e9 Wessels<\/strong>, uiteindelik sy amptelike buiging in die musiekbedryf met sy debuut-enkelsnit en -musiekvideo, <em><strong>HIER BY MY<\/strong><\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die saadjie vir di\u00e9 betekenisvolle popsnit is eintlik reeds in 2014 geplant, maar die liedjie het eers behoorlik vorm aangeneem na die eerste kerkdiens wat hy in 2020 saam met sy vriende bygewoon het toe die inperkingsmaatre\u00ebls verslap is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Op pad huis toe na die kerkdiens, het die woorde: \u2018As jou hart na iets verlang, kan net dit jou hart genees\u2019 in my kop bly vassteek. Die mense van die PUK het so \u2019n groot invloed op my lewe gehad, dat ek nie anders kon as om \u2019n liedjie daaroor te skryf nie,\u201d<\/em> vertel die musikant.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Omdat hy eg wou wees aan homself en met luisteraars wou deel wie hy regtig is, was dit \u2019n maklike keuse toe hy moes besluit met watter liedjie, uit sy arsenaal van oorspronklike musiek, hy homself aan die publiek wou voorstel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Met hierdie enkelsnit het ek my hart in \u2019n liedjie omgesit en ek voel dat \u2019n mens altyd eg aan jouself en jou oortuigings moet bly,\u201d<\/em> verduidelik hy. <em>\u201cEk dink luisteraars sal daarvan hou omdat dit eenvoudig is en betekenis het, en ook omdat dit \u2019n lekker dansritme het.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Rian Swanepoel was aan stuur van sake in die musiekateljee, terwyl Danie Pretorius en Rudi von Alleman verantwoordelik was vir die produksie van die musiekvideo wat ook nou beskikbaar is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 liriekvideo is in Wessels se ouers se motorhuis verfilm en die doel was om dit so eenvoudig, maar kreatief as moontlik te hou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy voeg by: <em>\u201cOmdat dit \u2019n liriekvideo is, wou ek graag h\u00ea dat die woorde vanself moes spreek. Ek dink dit is iets heeltemal anders, omdat daar min sulke video\u2019s in vandag se tyd beskikbaar is.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Fouch\u00e9 Wessels - Hier By My (Jy Weet, Ek Weet) Lyric Video\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/E6zhHuZzaeY?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Fouch\u00e9 Wessels<\/strong>, is \u2019n gebore Pretorianer wie se lewe nog altyd om musiek gedraai het. Gedurende sy studentejare in Potchefstroom, het hy video\u2019s van homself wat sing begin deel op sosiale media, in die hoop dat sy talent ontdek sou word. Sy optredes het stelselmatig begin toeneem en in 2020 het hy die geleentheid gekry om by die gewilde kuierplek, Texas, op te tree.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oor die jare, was di\u00e9 talentvolle sanger deel van verskeie opwindende musiekprojekte, waaronder Ho\u00ebrskool Garsfontein se musiekblyspele en koor (van graad nege tot matriek), asook Veritas Manskoshuis se serenadegroep wat twee kampuskompetisies gewen het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die 26-jarige musikant sonder Jakkie Louw uit as sy grootste plaaslik rolmodel en het al die geleentheid gehad om voorvertonings vir di\u00e9 plaaslike legende te doen. Hy het verder ook groot bewondering vir Ed Sheeran se liedjieskryfvernuf en vermo\u00eb om groot gehore te lok.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wessels het \u2019n wye musieksmaak, wat strek van Zinkplaat tot Frank Sinatra, en put baie inspirasie uit die musiek en lirieke van Theuns Jordaan. Hy sal ook nog graag eendag saam met Jakkie Louw en Bobby van Jaarsveld wou werk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As kunstenaar, is sy grootste uitdaging beslis om raakgesien te word in die bedryf, maar dit is nie waar dit ophou nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Ek sukkel al van kleins af met \u2019n sigprobleem, wat eers in graad 8 gediagnoseer is as optiese atrofie. Nietemin het ek nog nooit toegelaat dat dit my definieer nie, en het dit een van die grootste dryfvere agter my strewe na sukses geword.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Geteken deur die alombekende Kosie van Niekerk van Platinum Musiek, het <strong>Fouch\u00e9<\/strong> groot planne vir die toekoms om vir homself \u2019n stewige plek in die plaaslike musiekmark te vestig en met \u2019n unieke snit, soos <em><strong>HIER BY MY<\/strong><\/em>, is hy beslis op die regte pad.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Ek wil mense inspireer en hulle hoop gee, want ek weet hoe ek gevoel het elke keer as iemand my weer moed gegee het,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><strong>HIER BY MY<\/strong><\/em> is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: <a rel=\"noreferrer noopener\" href=\"https:\/\/linktr.ee\/fouche.wessels\" target=\"_blank\"><u>linktr.ee\/fouche.wessels<\/u><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na jare se droom en harde werk, maak die begaafde sanger en liedjieskrywer van Pretoria, Fouch\u00e9 Wessels, uiteindelik sy amptelike buiging in die musiekbedryf met sy debuut-enkelsnit en -musiekvideo, HIER BY MY. Die saadjie vir di\u00e9 betekenisvolle popsnit is eintlik reeds in 2014 geplant, maar die liedjie het eers behoorlik vorm aangeneem na die eerste&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/05\/17\/fouche-wessels-verwesenlik-n-groot-droom-met-debuut-enkelsnit-hier-by-my\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Fouch\u00e9 Wessels Verwesenlik \u2019N Groot Droom Met Debuut-Enkelsnit, &#8220;Hier By My&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-18694","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18694","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18694"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18694\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18694"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18694"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18694"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}