{"id":18951,"date":"2023-07-07T12:01:09","date_gmt":"2023-07-07T10:01:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=18951"},"modified":"2023-07-07T12:01:16","modified_gmt":"2023-07-07T10:01:16","slug":"nuwe-kyle-september-enkelsnit-n-pleidooi-vir-eenheid-en-genesing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/07\/07\/nuwe-kyle-september-enkelsnit-n-pleidooi-vir-eenheid-en-genesing\/","title":{"rendered":"Nuwe Kyle September-Enkelsnit \u2019N Pleidooi Vir Eenheid En Genesing"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Kyle-All-The-Love-Single-Cover.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"449\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Kyle-All-The-Love-Single-Cover.jpg?resize=450%2C449&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-18945\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Kyle-All-The-Love-Single-Cover.jpg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Kyle-All-The-Love-Single-Cover.jpg?resize=300%2C300&amp;ssl=1 300w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Kyle-All-The-Love-Single-Cover.jpg?resize=150%2C150&amp;ssl=1 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Die sanger en liedjieskrywer, <strong>Kyle September<\/strong>, het pas sy langverwagte nuwe enkelsnit, <em><strong>ALL THE LOVE<\/strong><\/em>, uitgereik en dit is reeds besig om soos \u2019n veldbrand onder sy bewonderaars te versprei.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie pop-ballade, met sy betekenisvolle lirieke en lekkerluister wysie, poog om luisteraars te inspireer om liefde te gebruik om ons gebroke w\u00eareld te genees.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>ALL THE LOVE<\/strong><\/em>, uit die kunstenaar se eie pen, ondersoek bestaande kwessies van diskriminasie, vyandigheid en haat wat soveel konflik in die samelewing veroorsaak. Di\u00e9 snit is ge\u00efnspireer deur die toenemende spanning van die afgelope jare en is \u2019n hartroerende pleidooi vir deernis en eenheid in \u2019n w\u00eareld wat verskeur word deur verskille.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy verduidelik: <em>\u201cOor die afgelope paar jaar het dit vir my gevoel asof die spanning in die w\u00eareld, as gevolg van verskille in oortuigings, \u2019n kookpunt bereik het, met konflik aanlyn en in persoon. Oorlo\u00eb word gevoer en mense sterf. Ek is hartseer en bekommerd hieroor, en ek wens dit alles kon net ophou, maar ek kon nie aan enige oplossings dink nie. Ek het baie vrae gehad, maar geen antwoorde nie. Al wat ek besef het, is dat ons al die liefde wat ons kan bymekaar kry nodig het om die hart van die mensdom te verander.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die tema en inspirerende boodskap van die liedjie gaan verseker baie harte raak en aanklank vind by oud en jonk.<\/p>\n\n\n\n<p>Om dinge nog meer opwindend te maak, is \u2019n liriekvideo wat deur Rubber Duc se hoofsanger Nic Jordaan geskep is, ook nou beskikbaar en komplementeer dit die lied se kragtige boodskap.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die video vang die aangrypende beelde van \u2019n w\u00eareld sonder liefde vas en beklemtoon die dringende behoefte dat mense hulle manier van dink moet verander,\u201d<\/em> voeg hy by.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Kyle September - All the Love (Lyric Video)\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/wUr3ONytFKk?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>Kyle is al vir meer as \u2019n dekade in die musiekbedryf doenig en spog met \u2019n honneursgraad in BMus van Wits School of Arts.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>ALL THE LOVE<\/strong><\/em> is die kunstenaar se sesde enkelsnit en volg in die voetspore van vorige treffers soos <em>Sweetness<\/em>, <em>Analog Heart<\/em>, <em>Little Things<\/em>, <em>Cuddle Up<\/em> en <em>Daydream<\/em>. Al hierdie snitte is goed ontvang, word nog gereeld oor die radio gehoor en gestroom, en verstewig daagliks sy posisie in die musiekbedryf.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir sy musiekloopbaan en liefde vir sport, het hy ook onlangs sy eie besigheid, Takeover Entertainment, begin. Hierdie idee is gebore uit die vermaakkanaal wat hy begin het gedurende die Covid-19-pandemie en fokus op die re\u00ebl van funksies en vertonings vir homself en ander opkomende talent.<\/p>\n\n\n\n<p>Oor die jare, het hy verskeie loopbaanhoogtepunte gehad, insluitend sy optrede by Afriski, \u2019n openingsvertoning vir Francois van Coke by die Misty Waters-fees, en om saam met Graeme Watkins \u2019n aanlyn vertoning te hou gedurende grendeltyd.<\/p>\n\n\n\n<p>Soos altyd, het die musikant baie planne vir die toekoms en wil hy graag saam met die land se beste DJ\u2019s werk om hulle unieke klanke en style te kombineer om opwindende nuwe musiek te skep.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> \u2018n Nuwe hoogtepunt vir Kyle sal wees om by Splashy Fen op te tree die jaar.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>ALL THE LOVE<\/strong><\/em> is daarop gemik om gehore te betower en \u2019n positiewe verandering te inspireer. Dit wil luisteraars herinner dat liefde die krag het om teenspoed te oorkom en \u2019n beter toekoms te verseker.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Hierdie lied is vir my spesiaal omdat dit my hoop weergee vir \u2019n w\u00eareld waarin ons almal vry is. Dis \u2019n pleidooi vir mense om hulle harte oop te maak, sodat ons dit kan bereik,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatform. Laai dit hier af: <a href=\"https:\/\/smarturl.it\/71s3x9\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/smarturl.it\/71s3x9<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die sanger en liedjieskrywer, Kyle September, het pas sy langverwagte nuwe enkelsnit, ALL THE LOVE, uitgereik en dit is reeds besig om soos \u2019n veldbrand onder sy bewonderaars te versprei. Hierdie pop-ballade, met sy betekenisvolle lirieke en lekkerluister wysie, poog om luisteraars te inspireer om liefde te gebruik om ons gebroke w\u00eareld te genees. ALL&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/07\/07\/nuwe-kyle-september-enkelsnit-n-pleidooi-vir-eenheid-en-genesing\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Nuwe Kyle September-Enkelsnit \u2019N Pleidooi Vir Eenheid En Genesing<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-18951","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18951","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18951"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18951\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18951"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18951"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18951"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}