{"id":19060,"date":"2023-08-06T16:20:59","date_gmt":"2023-08-06T14:20:59","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=19060"},"modified":"2023-08-06T16:21:02","modified_gmt":"2023-08-06T14:21:02","slug":"jaid-river-beindruk-met-eerste-engelse-enkelsnit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/08\/06\/jaid-river-beindruk-met-eerste-engelse-enkelsnit\/","title":{"rendered":"Jaid River Be\u00efndruk Met Eerste Engelse Enkelsnit"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jaid-River-Sidewalks-Cover.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"448\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jaid-River-Sidewalks-Cover.jpg?resize=450%2C448&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-19057\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jaid-River-Sidewalks-Cover.jpg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jaid-River-Sidewalks-Cover.jpg?resize=300%2C300&amp;ssl=1 300w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jaid-River-Sidewalks-Cover.jpg?resize=150%2C150&amp;ssl=1 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p><strong>Jaid River<\/strong>, oftewel Jeanlie Minnie, het haarself reeds bewys as \u2019n kunstenaar wat musiek skep wat met die hart praat.<\/p>\n\n\n\n<p>Haar nuutste enkelsnit, <em><strong>SIDEWALKS<\/strong><\/em>, is \u2019n perfekte voorbeeld hiervan en gaan oor die eensame paadjie is wat \u2019n mens dikwels moet loop om jou drome te volg.<\/p>\n\n\n\n<p>Die snit, wat spog met \u2019n interessant <em>synth<\/em>-popklank, pas die musikant se sielvolle stem soos \u2019n handskoen en is ge\u00efnspireer deur haar eie ervaring gedurende haar ho\u00ebrskooljare.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dit draai rondom die konsep dat \u2019n mens baie keer hierdie idilliese idee van jou drome het en van hoe dit gaan lyk maar dat daar ook baie meer eensame en alleen dele en tye is op die pad wat niemand ooit oor praat nie,\u201d<\/em> verduidelik sy. <em>\u201cEk het die liedjie reeds \u2019n dekade gelede geskryf, maar het altyd geweet dat dit op my eerste album sou verskyn.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>SIDEWALKS<\/strong><\/em>, wat deur Jaco Smit vervaardig is, is die derde vrystelling vanaf haar debuut-album en volg in die voetspore van <em>Duisend Jaar Van Nou<\/em> en <em>Stad van Verlange<\/em> wat beide goed ontvang is en aan haar \u2019n nommer een posisie besorg het op Lekker FM se <em>Top 40<\/em>-treffersparade.<\/p>\n\n\n\n<p>Omdat dit die eerste Engelse snit is wat sy met die publiek deel, is sy opgewonde om te sien hoe mense daarop reageer, alhoewel dit reeds \u2019n treffer is by haar konserte.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk glo dat luisteraars daarby sal aanklank vind, omdat dit hulle sal herinner dat hulle nie alleen is in wat hulle voel nie,\u201d s\u00ea sy. <em>\u201c<\/em><em>En ek dink die eensaamheid wat ons almal soms tref in die reis van om ons drome te volg is iets wat almal tot \u2019n mate verstaan en al gevoel het, en ek voel hierdie lied vang dit nogal vas.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die musiekvideo, waarvan die GP van der Merwe die regie en vervaardiging behartig het, kry dit perfek reg om die gevoel van eensaamheid en alleenheid vas te vang.<\/p>\n\n\n\n<p>Dis op twee verskillende plekke verfilm, in Monument Park en by \u2019n vriend se huis in Rietondale, Pretoria.<\/p>\n\n\n\n<p>Dis \u2019n baie eenvoudige video wat by net twee plekke geskiet was en ek wou graag die grootheid van die stad of plek vasvang.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek dink vir my gaan dit oor om \u2019n droom na te jaag en dan net op \u2019n punt te besef jy is totaal en al alleen. Of dit nou werklik so is of net omdat jy voel niemand verstaan wat jy probeer doen of hoekom jy dit doen nie,\u201d<\/em> verklap sy oor die idee agter die video.<\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel sy in ekstase is oor die eindproduk, onthou sy dat die dag van opname nogal uitdagend was. <em>\u201cToe ons by die Monument Park kom is daar verskriklik baie mense, wat sake nogal bemoeilik het omdat die idee was dat ek alleen moes wees in die video. Ons was ook heeltemal te vroeg daar, so ons het op die ou end so lank gewag vir die son om onder te gaan. Dit het op \u2019n stadium half belaglik snaaks geword.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Jaid River - Sidewalks\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/we7ZB0dAruk?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>Jaid is in Potchefstroom gebore en het in George grootgeword.<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 Pretorianer het in 2016 (op die ouderdom van sewentien) by restaurante en markte begin optree. In dieselfde jaar, het sy die geleentheid gekry om by die Karoo Stilfees op te tree saam met kunstenaars soos Joshua Na Die Re\u00ebn, Lizandra Winter, Len Muller, en Jaco Van Der Merwe, en blywende vriendskappe is gevorm.<\/p>\n\n\n\n<p>Sedert die amptelike vrystelling van haar debuut-album in Maart 2023, werk sy hard aan nuwe musiek en projekte saam met ander musikante en beplan sy om die land plat te toer met haar musiek.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>SIDEWALKS<\/strong><\/em>, met sy aangrypende lirieke en melodie, beloof om die aandag van gehore regoor die w\u00eareld te trek. Di\u00e9 enkelsnit en musiekvideo getuig van haar passie om musiek te skep wat met harte praat.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SIDEWALKS<\/strong> is beskikbaar op Jaid River se album, Verlanger.<\/p>\n\n\n\n<p>Kry dit hier: <a rel=\"noreferrer noopener\" href=\"https:\/\/linktr.ee\/jaidriver\" target=\"_blank\">linktr.ee\/jaidriver<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/jaidriver.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">jaidriver.com<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jaid River, oftewel Jeanlie Minnie, het haarself reeds bewys as \u2019n kunstenaar wat musiek skep wat met die hart praat. Haar nuutste enkelsnit, SIDEWALKS, is \u2019n perfekte voorbeeld hiervan en gaan oor die eensame paadjie is wat \u2019n mens dikwels moet loop om jou drome te volg. Die snit, wat spog met \u2019n interessant synth-popklank,&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/08\/06\/jaid-river-beindruk-met-eerste-engelse-enkelsnit\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Jaid River Be\u00efndruk Met Eerste Engelse Enkelsnit<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-19060","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19060","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19060"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19060\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19060"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19060"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19060"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}