{"id":19131,"date":"2023-08-16T13:58:46","date_gmt":"2023-08-16T11:58:46","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=19131"},"modified":"2023-08-16T13:58:46","modified_gmt":"2023-08-16T11:58:46","slug":"eerste-liefde-inspireer-christi-se-nuwe-enkelsnit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/08\/16\/eerste-liefde-inspireer-christi-se-nuwe-enkelsnit\/","title":{"rendered":"Eerste Liefde Inspireer Christi Se Nuwe Enkelsnit"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Sunday-Afternoon-Cover.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"450\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Sunday-Afternoon-Cover.jpg?resize=450%2C450&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-19129\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Sunday-Afternoon-Cover.jpg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Sunday-Afternoon-Cover.jpg?resize=300%2C300&amp;ssl=1 300w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Sunday-Afternoon-Cover.jpg?resize=150%2C150&amp;ssl=1 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Om jonk en verlief te wees is \u2019n heerlike ervaring wat jou voete onder jou kan uitslaan en \u2019n blywende impak op jou lewe kan h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is juis eerste liefde en die emosies wat daarmee gepaard gaan wat die sanger en liedjieskrywer, <strong>Christi <\/strong>se nuutste popsnit, <em><strong>SUNDAY AFTERNOON<\/strong><\/em>, ge\u00efnspireer het. Dit is pas vrygestel en beloof om aanklank te vind by gehore van alle ouderdomme.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie emosiebelaaide snit, uit di\u00e9 23-jarige se eie pen, delf diep in die kwesbaarheid van liefde en neem die luisteraar op \u2019n sielvolle reis van hoop en selfontdekking.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em><strong>SUNDAY AFTERNOON<\/strong><\/em><em> is geskryf deur myself en vervaardiger, Daniel Baron. Dis eintlik moeilik vir my om te skryf wanneer ek gelukkig is, omdat dit my manier is om my gevoelens te verwerk. Hierdie lied is egter geskryf toe ek besef het dat ek my lewe wil deel met die persoon met wie ek op daardie stadium in \u2019n verhouding was. Ek was 19 en dit was my eerste groot liefde en vaste verhouding. Om verlief te wees, was vir my nuut en opwindend. Die liedjie het my laat besef wat ek uit die lewe wil h\u00ea; en dit was om saam met hom te wees. Dit was my manier om te besluit om alles te gee vir die verhouding en om nie oor die toekoms bekommerd te wees nie,\u201d<\/em> verduidelik die kunstenaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy voeg by: <em>\u201cOngelukkig het die verhouding tot \u2019n einde gekom, wat aanleiding gegee het tot my liedjie, \u2018Fall Apart\u2019. Die verhouding het nie op \u2019n goeie noot ge\u00ebindig nie en die herinneringe word oorskadu deur hartseer. Die liedjie is een van die paar dinge uit daardie tyd wat my gelukkig maak. Dit herinner my aan \u2019n goeie verhouding, aan die tyd wat ek iemand met my hele hart liefgehad het. Taylor Swift se liedjie, \u2018Happiness\u2019, het my baie gehelp na ons opgebreek het. \u2018There\u2019ll be happiness after you, but there was happiness because of you. Both of these things can be true, there is happiness in our history.\u2019 (\u2018Daar sal geluk wees na jou, daar sal geluk wees as gevolg van jou. Albei hierdie dinge is waar, daar was geluk in ons verlede saam.\u2019) Hierdie lirieke beskryf wat deur my kop gaan wanneer ek <\/em><em><strong>SUNDAY AFTERNOON <\/strong><\/em><em>sing. Dit gee my hoop vir die toekoms, omdat ek weet dat ek iemand sal kry wat my gelukkig gaan maak.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>SUNDAY AFTERNOON<\/strong><\/em> volg in die voetspore van haar tweede enkelsnit, <em>Rain<\/em>, wat baie goed ontvang is, baie media-aandag geniet het en gelei het tot haar eerste televisieonderhoud en -optrede.<\/p>\n\n\n\n<p>Christi wou van kleins af musiek maak, \u2019n passie wat aangewakker is deur haar pa wat self \u2019n platejoggie is. Sy woon tans in Potchefstroom en spandeer al haar tyd aan haar musiekloopbaan.<\/p>\n\n\n\n<p>In Oktober stel die musikant haar debuut-album vry, wat \u2019n weerspie\u00ebling van haar lewe is en diep delf in temas soos depressie, onsekerheid en selfontdekking. Sy eksperimenteer ook met klanke uit die musiek van die 70\u2019s en 80\u2019s, wat haar groei en talent herhaaldelik ten toon stel.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy deel: <em>\u201cDie eerste helfte van die jaar, het ek aan die album gewerk en uitgepluis wie ek as musikant is. Die res van die jaar, wil ek op optredes fokus. Ek het nie baie opgetree die laaste paar jaar nie. Ek mis dit, want dis my gunsteling-aspek van my werk. So, ek wil graag \u2019n orkes bymekaar kry en lewe gee aan my musiek. Ek het ook reeds \u2019n paar idees vir my volgende album en wil dadelik daaraan begin werk.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer sy nie op die verhoog is nie, rig sy die De Wilgers-manskoshuis van die Noorwes-Universiteit se serenade-groep af en geniet sy dit om die manne te help om hulle stemme te ontwikkel.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Sunday Afternoon<\/strong><\/em> is \u2019n liedjie, waarby almal aanklank vind, oor om nie bang te wees om iemand in jou hart toe te laat nie. <em>\u201cAlmal wil graag liefde h\u00ea. Hierdie liedjie herinner my aan vorige verhoudings en gee my hoop vir die toekoms. Ek dink luisteraars gaan nes ek voel wanneer hulle die liedjie luister,\u201d<\/em> sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Laai dit hier af: <a href=\"https:\/\/distrokid.com\/hyperfollow\/christi1\/sunday-afternoon\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">distrokid.com\/hyperfollow\/christi1\/sunday-afternoon<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om jonk en verlief te wees is \u2019n heerlike ervaring wat jou voete onder jou kan uitslaan en \u2019n blywende impak op jou lewe kan h\u00ea. Dit is juis eerste liefde en die emosies wat daarmee gepaard gaan wat die sanger en liedjieskrywer, Christi se nuutste popsnit, SUNDAY AFTERNOON, ge\u00efnspireer het. Dit is pas vrygestel&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/08\/16\/eerste-liefde-inspireer-christi-se-nuwe-enkelsnit\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Eerste Liefde Inspireer Christi Se Nuwe Enkelsnit<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-19131","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19131","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19131"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19131\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19131"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19131"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19131"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}