{"id":19414,"date":"2023-09-06T16:35:02","date_gmt":"2023-09-06T14:35:02","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=19414"},"modified":"2023-09-06T16:35:02","modified_gmt":"2023-09-06T14:35:02","slug":"bekroonde-dokumentere-filmmaker-benoem-vir-twee-safta-toekennings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/09\/06\/bekroonde-dokumentere-filmmaker-benoem-vir-twee-safta-toekennings\/","title":{"rendered":"Bekroonde Dokument\u00eare Filmmaker Benoem Vir Twee Safta-Toekennings"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/StefanEnslin.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"365\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/StefanEnslin.jpg?resize=500%2C365&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-19410\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/StefanEnslin.jpg?w=500&amp;ssl=1 500w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/StefanEnslin.jpg?resize=300%2C219&amp;ssl=1 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 500px) 100vw, 500px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Die bekroonde Suid-Afrikaanse filmmaker, <strong>Stefan Enslin<\/strong>, hoop om vanjaar twee Goue Horings by sy arsenaal van prestasies te voeg nadat hy in Augustus vir twee Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekennings (SAFTAS) genomineer is.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy dokument\u00ear, <em>War Dogs and I<\/em>, wat die aangrypende verhaal van Kobus Olivier vertel, wat geweier het om sy vier honde agter te laat toe die oorlog in Oekra\u00efne uitgebreek het, is genomineer vir die Beste Dokument\u00eare Vollengte Speelfilm, terwyl die inspirerende <em>Against All Odds: The Alwyn Uys Story<\/em>, genomineer is vir die Beste Kinematografie Dokument\u00eare Vollengte Speelfilm).<\/p>\n\n\n\n<p>Die SAFTAS word jaarliks gehou om die kreatiwiteit, kwaliteit en uitnemendheid van Suid-Afrikaanse film- en televisie-talent en produksies te vier en te eer, en die wenners vir 2023 sal op 30 September by Sun City aangekondig word.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek is ontsettend trots op die benoeming. Dit is \u2019n geweldige eer<\/em>,\u201d s\u00ea Stefan. <em>\u201cEk maak egter nie rolprente om toekennings te ontvang nie, want ek wil films maak wat kykers kan geniet en hulle harte en lewens kan aanraak en verander. Maar so \u2019n gesogte benoeming laat die hart darem opgewonde klop.\u201d<\/em> Dit is dan ook juis hoekom hy graag hierdie twee spesifieke verhale wou vertel.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy erken: <em>\u201cDeur albei dokument\u00eare het ek ontsettend baie by Kobus en Alwyn geleer. Soms twyfel jy in jouself en voel nie goed genoeg nie. En jy vra soms vir God, waarom nou juis ek? Maar dan besef jy deur hierdie stories; Waarom nie jy nie! God gebruik juis enigiemand, maak nie saak wie jy is nie, om Sy wonderwerke en goedheid te bewys.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>War Dogs and I<\/em> wys dat waar daar hoop is, daar wonderwerke is. Toe die oorlog in Oekra\u00efne in Februarie 2022 uitgebreek het, moes die oud Suid-Afrikaner Kobus Olivier \u2019n keuse maak tussen om sy vier honde aan hul eie lot oor te laat of om by hulle te bly en sy eie lewe te waag. Vir Kobus was dit \u2019n maklike besluit. <em>\u201cNie vir een oomblik sou ek my honde agtergelaat het nie. Hulle was die belangrikste ding in my lewe,\u201d<\/em> s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Die dokument\u00ear beskryf die reis van Kobus en sy geliefde troeteldiere \u2013 Tiekie, Ollie, Jessie, en Kaya \u2013 van die oggend van 24 Februarie 2022, toe hulle die ontploffings in Kyiv gehoor het, tot hul dapper ontsnappingstog na Kroasi\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p>Aangesien hy fisies nie by Kobus kon aansluit nie, het hy die dokument\u00ear van Suid-Afrika af geskryf en vervaardig, terwyl Kobus beeldmateriaal op sy selfoon opgeneem het. \u201c<em>Hoewel dit \u2019n uitdaging was om van hier af te werk, was die ergste deel om nie te weet wat besig is om met Kobus te gebeur en of hy en die honde veilig is nie,\u201d<\/em> deel die regisseur. <em>\u201cElke oproep en boodskap wat ek van hom af ontvang het was \u2019n groot verligting.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Against All Odds: The Alwyn Uys Story<\/em> wys dat alhoewel die lewe onverwagse draaie kan neem, hulle tot iets ongelooflik kan lei. In die dokument\u00ear deel Stefan die verhaal van Alwyn Uys, wie se drome om een dag vir die Springbokke te speel, vernietig is nadat \u2019n motorongeluk hom verlam gelaat het. Om nuwe drome te droom het moed en vasberadenheid geverg, maar uiteindelik het dit daartoe gelei dat Alwyn die eerste paraple\u00eb geword het om van Robbeneiland na Eden on the Bay te swem &#8211; \u2019n 7 km-swem, met die koue temperature van die Atlantiese Oseaan wat lewensbedreigend vir Alwyn was.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Baie mense sou opgee nadat hulle verlam is, maar nie Alwyn nie. Hy is buitengewoon veerkragtig, vasberade en gefokus. As hy besluit het op iets, sal hy nie ophou voordat hy sy doelwit bereik nie. Sy geloof is ook baie inspirerend, want hy doen niks sonder God nie,\u201d<\/em> s\u00ea Stefan.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy voeg by: <em>\u201cMet \u2018War Dogs and I\u2019 wou ek wys dat liefde werklik alles oorwin, selfs oorlog, terwyl \u2018Against All Odds\u2019 getuig van die feit dat jou omstandighede nie bepaal wat jy in die lewe kan bereik nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir plaaslike erkenning, is die dokument\u00eare, wat albei beskikbaar is op Showmax, goed ontvang deur internasionale gehore in Australi\u00eb en Amerika onderskeidelik.<\/p>\n\n\n\n<p>Stefan is \u2019n passievolle en gedrewe filmmaker en storieverteller met \u2019n hart vir mense en \u2019n begeerte om hulle hul lewens ten volle te sien leef. Hy het aanvanklik teologie aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer, maar het spoedig besef dat hierdie veld nie vir hom is nie. Daarna het hy oorgeskuif na argitektuur, maar het uiteindelik sy graad in stads- en streekbeplanning aan die Noordwes-Universiteit behaal. In 2011 het hy sy loopbaan as \u2019n stads- en streekbeplanner opgegee om sy droom om stories te vertel te verwesenlik.<\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel hy deesdae \u2019n gevierde filmvervaardiger, draaiboekskrywer, regisseur en romanskrywer is, was sy reis nie sonder struikelblokke gewees nie. Elke uitdaging het egter tot uiteindelike sukses gelei. Sy eerste roman, <em>Verskietende Ster<\/em>, is in 2013 gepubliseer, met die rolprentweergawe wat in 2015 gevolg het. Dit het die Gehoorgunsteling-toekenning by die gesogte Silwerskermfees gewen. Hy het sy tweede roman, <em>Tweede Kanse<\/em>, in 2018 gepubliseer.<\/p>\n\n\n\n<p>Verder spog hy ook met \u2019n indrukwekkende lys flieks agter sy naam, insluitend <em>Strikdas<\/em>, <em>Nul Is Nie Niks Nie<\/em>, <em>Liewe Kersfeesvader<\/em> en <em>Klein Karoo<\/em>, en was hy een van die skrywers op <em>Getroud Met Rugby<\/em>. <em>Op Soek na Re\u00ebnbo\u00eb<\/em>, \u2019n kykNET-storiefilm waarvan hy draaiboekskrywer en regisseur was, het in 2022 verskyn. Hy het ook as lynvervaardiger gewerk op \u2019n Emmy-bekroonde dokument\u00ear vir CNN.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir <em>War Dogs and I <\/em>en <em>Against All Odds<\/em>, is hierdie veelsydige man ook die skrywer, regisseur en vervaardiger van <em>Unstoppable: The Rebecca Nagel Story<\/em>. Hy is ook tans besig met verskeie ander projekte, insluitend <em>The Heat<\/em> oor die w\u00eareldbekende weltergewigbokskampioen Chris van Heerden, \u2019n film oor \u2019n vark wat skilder <em>Pigcasso<\/em>, en \u2019n dokument\u00ear oor Jacques Freitag. Daarbenewens is hy besig om een van sy lewenslange drome te vervul deur aan \u2019n nuwe roman, gebaseer op sy fliek <em>Op Soek na Re\u00ebnbo\u00eb<\/em>, te werk saam met die legendariese skrywer Maretha Maartens.<\/p>\n\n\n\n<p>Met so \u2019n besige skedule erken Stefan dat hy dit moeilik vind om af te skakel.<em> \u201cWanneer ek nie op die stel is nie, is ek besig met navorsing vir \u2019n nuwe dokument\u00ear of draaiboek. Ek bied ook \u2019n aanlyn draaiboekskryfkursus aan om aspirantskrywers te help.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Stefan wil graag voortgaan om die stories te vertel wat hy glo almal moet hoor. <em>\u201cEk wil regtig net doen en gaan waar die Here my lei. En wat ook al Sy droom vir my is wil ek gehoorsaam aan wees. Maar ek besef dat dit nie beteken ek mag stilsit nie. So ek beweeg en kan Sy hand voel die leiding bied,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator has-alpha-channel-opacity\"\/>\n\n\n\n<p>Lees al die <a href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/08\/09\/17th-safta-awards-2023-nominees\/\" data-type=\"post\" data-id=\"19065\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">SAFTA 2023 nominasies<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bekroonde Suid-Afrikaanse filmmaker, Stefan Enslin, hoop om vanjaar twee Goue Horings by sy arsenaal van prestasies te voeg nadat hy in Augustus vir twee Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekennings (SAFTAS) genomineer is. Sy dokument\u00ear, War Dogs and I, wat die aangrypende verhaal van Kobus Olivier vertel, wat geweier het om sy vier honde agter te&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/09\/06\/bekroonde-dokumentere-filmmaker-benoem-vir-twee-safta-toekennings\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Bekroonde Dokument\u00eare Filmmaker Benoem Vir Twee Safta-Toekennings<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[12],"tags":[124],"class_list":["post-19414","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-awards","tag-safta","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19414","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19414"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19414\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19414"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19414"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19414"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}