{"id":19645,"date":"2023-09-13T13:12:30","date_gmt":"2023-09-13T11:12:30","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=19645"},"modified":"2023-09-13T13:12:30","modified_gmt":"2023-09-13T11:12:30","slug":"musiekvideo-van-kerry-b-se-jealous-now-beskikbaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/09\/13\/musiekvideo-van-kerry-b-se-jealous-now-beskikbaar\/","title":{"rendered":"Musiekvideo Van Kerry B Se Jealous Now Beskikbaar"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jealous-ARTWORK.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"450\" height=\"450\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jealous-ARTWORK.jpg?resize=450%2C450&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-19314\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jealous-ARTWORK.jpg?w=450&amp;ssl=1 450w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jealous-ARTWORK.jpg?resize=300%2C300&amp;ssl=1 300w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Jealous-ARTWORK.jpg?resize=150%2C150&amp;ssl=1 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 450px) 100vw, 450px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><strong>JEALOUS<\/strong><\/em>, die kragtige nuwe popsnit uit die pen van die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Kerry B, is tans besig om die trefferleer te klim op verskeie radiostasies regoor die land. Die liedjie ondersoek jaloesie en die potensiaal wat dit het om jou lewe te transformeer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Indrukwekkende musiekvideo, wat \u2019n pragtige visuele dimensie aan die treffer verleen, is pas vrygestel en nou aanlyn en op die kassie te sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die video voer kykers weg na \u2019n opwindende w\u00eareld wat Kerry B se veerkragtigheid vertoon teen die aangrypende agtergrond van die verlate ou plaashuis by Estate d\u2019Afrique.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir hierdie projek het sy kragte saamgespan met Gerduan Kemp, wat die kreatiewe brein agter die produksie was. Hoewel sy nie \u2019n duidelike idee gehad het van wat sy wou h\u00ea nie, was dit vir haar \u2019n uitgemaakte saak dat die video by die ou plaashuis verfilm moes word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Ek voel aangetrokke tot ou, verlate geboue. Amper asof ek daar is vir \u2019n rede. Dis surrealisties en betowerend. Ek was versot op hierdie gebou vandat ek dit die eerste keer gesien het en het gewens dat ek die mooi van die gebou vir ewig kan vasvang. \u2019n Video is natuurlik die perfekte manier om dit te doen,\u201d<\/em> verduidelik sy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gebou se geskiedenis en argitektuur en die gevoel van geheimsinnigheid dra by tot die algemene gevoel wat hulle graag op skerm wou vasvang en oordra.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><strong>JEALOUS<\/strong><\/em> het \u2019n kragtige boodskap van dapperheid en deursettingsvermo\u00eb en die video beklemtoon hierdie tema deur Kerry (wat haar skitterend van haar taak gekwyt het as aktrise) weer te gee as \u2019n sterk vrou, wat vir haarself opstaan en sukses bereik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy voeg by: <em>\u201cDie lirieke spreek vanself, so ek kon myself maklik in die situasie inleef. Ons wou die boodskap oordra dat ek \u2019n sterk en dapper mens is wat enigiets kan regkry as ek graag wil. Ek is ook baie dankbaar dat Lyle Crebo en Sonja de Reuck my toegelaat het om die video op hulle eiendom te verfilm.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Jealous - Kerry B Official Music Video\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/MFkWMPdY2iY?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Buiten vir musiek is hierdie veelsydige vrou aktief betrokke by verskeie projekte en het sy baie opwindende planne vir die res van die jaar, wat soveel as moontlik optredes en \u2019n spesiale wegbreek vir haar verjaardag en huweliksherdenkings insluit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kerry is in Krugersdorp gebore, waarna haar gesin na KwaZulu-Natal en later na Gauteng verhuis het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Musiek was nog altyd een van die enigste konstante dinge in haar lewe. Omdat sy \u2019n sensitiewe kind was, is sy egter afgeraai om haar tyd daarop te spandeer. Daarom het sy eers later in haar lewe met musieklesse \u2013 klavier, stemopleiding en teorie \u2013 begin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar talent is toevallig ontdek toe iemand haar tussen die bome hoor sing en haar oorreed het om haar stem met die w\u00eareld te deel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Buiten vir haar musiekloopbaan, is sy ook \u2019n voltydse musiekonderwyser en geniet sy dit om haar kennis en passie met ander te deel en hulle te help om hulle vaardighede te ontwikkel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><strong>JEALOUS<\/strong><\/em> is die volgende opwindende stap in Kerry B se musiekreis en bewys weereens hoekom sy haar plek in die plaaslike bedryf verdien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/distrokid.com\/hyperfollow\/kerryb\/jealous\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">distrokid.com\/hyperfollow\/kerryb\/jealous<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>JEALOUS, die kragtige nuwe popsnit uit die pen van die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Kerry B, is tans besig om die trefferleer te klim op verskeie radiostasies regoor die land. Die liedjie ondersoek jaloesie en die potensiaal wat dit het om jou lewe te transformeer. \u2019n Indrukwekkende musiekvideo, wat \u2019n pragtige visuele dimensie aan die&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/09\/13\/musiekvideo-van-kerry-b-se-jealous-now-beskikbaar\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Musiekvideo Van Kerry B Se Jealous Now Beskikbaar<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-19645","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19645","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19645"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19645\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19645"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19645"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19645"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}