{"id":20661,"date":"2023-12-01T13:40:31","date_gmt":"2023-12-01T11:40:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=20661"},"modified":"2023-12-01T13:40:33","modified_gmt":"2023-12-01T11:40:33","slug":"joshua-na-die-reen-bring-lig-in-verskillende-tale-met-besonderse-nuwe-kersfeesliedjie-en-musiekvideo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/12\/01\/joshua-na-die-reen-bring-lig-in-verskillende-tale-met-besonderse-nuwe-kersfeesliedjie-en-musiekvideo\/","title":{"rendered":"Joshua Na Die Re\u00ebn Bring Lig In Verskillende Tale Met Besonderse Nuwe Kersfeesliedjie En Musiekvideo"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Joshua na die Re\u00ebn<\/strong> is enig in sy soort en elke projek wat hy aanpak word op \u2019n outentieke manier benader. Sy nuutste Kersfeesliedjie en musiekvideo is geen uitsondering nie en beloof om hierdie feestyd \u2019n vlammetjie van lig en hoop aan te steek in die harte van elkeen wat daarna luister.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>DAAR IS LIG<\/strong><\/em> is \u2019n besonderse samewerking met Laerskool Thabazimbi se koor, wat in Afrikaans, Engels en Tswana opgeneem is, met Gideon Botes aan die stuur van sake om \u2019n merkwaardige eindproduk te verseker.<\/p>\n\n\n\n<p>Die snit is spesifiek vir hierdie opname geskryf en gaan oor die koms van Lig en die vrede wat dit bring.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek het so \u2019n paar jaar gelede saam met Laerskool Thabazimbi se koor gewerk aan \u2018Lig op die Horison\u2019 en dit was so \u2019n spesiale ervaring dat ons ooreengekom het om dit weer in die toekoms te doen. So hierdie lied is spesifiek geskryf vir die samewerking en ons wou graag h\u00ea dat dit \u2019n Kerstema moes h\u00ea,\u201d<\/em> deel hy oor die ontstaan van die enkelsnit. <em>\u201cDaar is \u2019n tipiese nostalgiese element aan die woorde wat gaan oor families of gesinne wat saamkom en die koms van Lig sien, vier en die emosie daarvan ervaar.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Wat <em><strong>DAAR IS LIG<\/strong><\/em> nog meer besonders maak, is dat dit nie klink soos \u2019n tipiese Kerslied nie en dat dit dus die heel jaar vir luisteraars iets kan beteken.<\/p>\n\n\n\n<p>Natuurlik verdien \u2019n spesiale lied soos hierdie ook \u2019n merkwaardige musiekvideo en die sanger is baie opgewonde om dit vir die eerste keer op Kersdag met aanhangers te deel.<\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel hy nie te veel daaroor wil verklap nie, vertel hy dat die video gaan oor \u2019n klomp kinders wat hulle drome (op papier geteken) vir hulle onderwyser (gespeel deur homself) gee wat sy bes doen om elkeen \u2019n realiteit te maak.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die idee is gebore uit \u2019n klomp gesprekke wat ek met my broer en die vervaardiger, Jean de Villiers, en juffrou Elmarie gehad het en ons het die meeste van die tonele in die donker geskiet sodat ons met lig as hoof-element kon speel,\u201d<\/em> verduidelik hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens die musikant, is die video op verskillende plekke in Thabazimbi verfilm \u2013 waaronder Marataba Safari Lodge \u2013 en al het hulle baie warm gekry is hulle baie trots op hoe hulle handewerk uitgedraai het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed aligncenter is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Joshua na die Re\u00ebn - Daar Is Lig\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/ri5nRhxsfAI?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><a><\/a> Joshua na die Re\u00ebn werk al vir meer as \u2019n dekade in die musiekbedryf. Hyhet al talle toekennings gewen, verskeie suksesvolle radiotreffers uitgereik en is tans besig met verskeie opwindende projekte en samewerkings waaroor hy baie opgewonde is. Dit sluit in \u2019n hoofrol in die rolprent <em>Reisigers<\/em> wat volgende jaar verfilm word, \u2019n bewusmakingsveldtog oor die mens se verantwoordelikheid om die aarde op te pas en \u2019n reeks klere en toebehore saam met die handelsmerk NAVA. Verder is hy ook een van die gesigte van Tapputi Egyptian Perfume Oils se splinternuwe mansreeks wat onlangs bekengestel is.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy planne vir die res van die jaar sluit \u2019n toer van Port-Elizabeth na Stilbaai in, waarna hy saam met sy skoonfamilie gaan kuier in Cape St. Francis.<\/p>\n\n\n\n<p>Om werklik mense se harte te raak, is di\u00e9 sanger en liedjieskrywer se hoofdoel met sy musiek en met al die projekte wat hy in 2023 aangepak het \u2013 en in besonders sy nuutste vrystelling \u2013 het hy meesterlik in hierdie doel geslaag.<\/p>\n\n\n\n<p>Kry <em><strong>DAAR IS LIG<\/strong><\/em> nou hier: <a href=\"https:\/\/music.apple.com\/za\/album\/daar-is-lig-feat-laerskool-thabazimbi\/1710326019?i=1710326196&amp;ls\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">music.apple.com\/za\/album\/daar-is-lig-feat-laerskool-thabazimbi\/1710326019?i=1710326196&amp;ls<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Joshua na die Re\u00ebn is enig in sy soort en elke projek wat hy aanpak word op \u2019n outentieke manier benader. Sy nuutste Kersfeesliedjie en musiekvideo is geen uitsondering nie en beloof om hierdie feestyd \u2019n vlammetjie van lig en hoop aan te steek in die harte van elkeen wat daarna luister. DAAR IS LIG&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2023\/12\/01\/joshua-na-die-reen-bring-lig-in-verskillende-tale-met-besonderse-nuwe-kersfeesliedjie-en-musiekvideo\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Joshua Na Die Re\u00ebn Bring Lig In Verskillende Tale Met Besonderse Nuwe Kersfeesliedjie En Musiekvideo<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20658,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-20661","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/Daar-Is-Lig-SC.jpg?fit=450%2C450&ssl=1","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20661","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=20661"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20661\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20658"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=20661"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=20661"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=20661"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}