{"id":21116,"date":"2024-02-02T16:37:57","date_gmt":"2024-02-02T14:37:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=21116"},"modified":"2024-02-02T16:37:59","modified_gmt":"2024-02-02T14:37:59","slug":"joshua-na-die-reen-en-karlien-van-jaarsveld-span-kragte-saam-vir-hoendervleismooi-liefdesduet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/02\/02\/joshua-na-die-reen-en-karlien-van-jaarsveld-span-kragte-saam-vir-hoendervleismooi-liefdesduet\/","title":{"rendered":"Joshua Na Die Re\u00ebn En Karlien Van Jaarsveld Span Kragte Saam Vir Hoendervleismooi Liefdesduet"},"content":{"rendered":"\n<p>Wanneer twee gewilde en geliefde musikante kragte saamspan om \u2019n besonderse liefdesliedjie op te neem, kan die eindresultaat niks anders as betowerend wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Om die maand van liefde te vier, het die twee bekroonde sangers en liedjieskrywers, <strong>Joshua na die Re\u00ebn<\/strong> (JNDR) en <strong>Karlien van Jaarsveld<\/strong> \u2019n enkelsnit opgeneem wat beloof om luisteraars se asems weg te slaan.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BETER VIR ONS ALBEI<\/strong><\/em> is hartroerende popliedjie, uit die ateljee van Gideon Botes, wat gaan oor die bakens wat jy vir jouself in die lewe plaas sodat jy kan onthou hoekom jy hier is en wat jy moet doen.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Na \u2019n optrede so \u2019n paar jaar gelede, het ek die slegte nuus gekry dat een van my vriende se pa oorlede is. Hy was iemand na wie baie mense opgekyk het en ek was net in hierdie gat. As iemand doodgaan wat so \u2019n groot impak op mense se lewens gehad het, laat dit \u2019n groot leemte en ek het al hierdie vrae gehad vir God. Die lewe is so onseker en \u2019n mens weet nooit wat volgende gaan gebeur nie. Ek het by die gastehuis gekom en met my kitaar op die kombuisvloer gaan sit en gevoel hoe God vir my s\u00ea dat vir ingeval jy vergeet, moet jy \u2019n knoop in jou oor maak en onthou,\u201d<\/em> verduidelik JNDR, of te wel Jacques de Villiers, wat die liedjie geskryf het. <em>\u201cVir my, voel dit asof God hierdie oomblikke skep waarin ons alleen kan wees saam met hom en dit raak die bakens wat jou herinner.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Volgens De Villiers, wat vir Karlien jare gelede ontmoet het toe hy vir haar broer klavier gespeel het, was die idee om die snit saam met haar op te neem eintlik sy vrou, Danelle, s\u2019n. <em>\u201cToe ek die lied vir haar speel, het<\/em><em> sy ges\u00ea sy hoor Karlien se stem daarin en ek het dadelik geweet dis wat moet gebeur. Ek was baie bly toe sy instem om dit saam met my te doen.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Vir hom is di\u00e9 samewerking \u2019n groot voorreg omdat hy groot waardering het vir haar menswees, talent en stem, en ook omdat hulle albei die persoon geken het oor wie die liedjie gaan. <em>\u201cDis nou nie \u2019n duet wat mense sou verwag het nie, <\/em><em>maar ek bewonder iemand wie se uitkyk oor musiek nie net is om vermaak te wees nie, maar iets moois en heilig na die w\u00eareld te bring,\u201d <\/em>s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Van Jaarsveld stem heelhartig saam en meen dat sy baie gemaklik gevoel het om saam met JNDR te werk. <em>\u201cHy kyk anders na die w\u00eareld, sien meer as net dit wat voor hom staan en laat jou toe om net jouself te wees. Hy is \u2019n diep denker, soos ek, en so musikaal! Definitief een van my heel gunsteling kunstenaars,\u201d<\/em> voeg sy by.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Musiekvideo, wat gebou is rondom \u2019n aangrypende lewendige optrede, is nou ook te sien. Buiten vir die twee kunstenaars wat mekaar met gemak op die verhoog aanvul, is slim beligting ook gebruik om die teer emosie van die lied te komplementeer en die eindproduk hou kykers vasgenael totdat die laaste note wegraak.<\/p>\n\n\n\n<p>Joshua na die Re\u00ebn werk al vir meer as \u2019n dekade in die musiekbedryf. Hyhet al talle toekennings gewen, verskeie suksesvolle radiotreffers, waarvan die laaste \u2019n kerslied <em>Daar is Lig<\/em> wat baie goed ontvang is, uitgereik.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Tans besig met verskeie opwindende projekte en samewerkings waaroor hy baie opgewonde is. Dit sluit in \u2019n hoofrol in die rolprent <em>Reisigers<\/em> wat later vanjaar verfilm word, \u2019n bewusmakingsveldtog oor die mens se verantwoordelikheid om die aarde op te pas en \u2019n reeks klere en toebehore saam met die handelsmerk NAVA. Verder is hy ook een van die gesigte van Tapputi Egyptian Perfume Oils se splinternuwe mansreeks wat onlangs bekendgestel is en rig hy skoolkore af in sy vrye tyd.<\/p>\n\n\n\n<p>Karlien van Jaarsveld is \u2019n bekende sanger, liedjieskrywer, aktrise, skrywer en ma van vier. Oor die afgelope twee dekades, het sy nie net verskeie suksesvolle treffers uitgereik nie, maar haarself ook gevestig as een van die grootste vroulike kunstenaars in die land. <em>Als is okay<\/em>, haar mees onlangse vrystelling, is baie goed ontvang en sy het 2023 op \u2019n ho\u00eb noot afgesluit met optredes by <em>Afrikaans is Groot<\/em> en \u2019n Aitsa-musiektoekenning saam met Jacob Swaan vir beste luisterliedjie van die jaar. Buiten vir musiek, is sy besig om te skryf aan \u2019n boek wat sy hoop om binnekort te finaliseer.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BETER VIR ONS ALBEI<\/strong><\/em> val sag op die oor, praat behoorlik met die hart en is beslis een van daardie liedjies waaroor musiekliefhebbers nog lank gaan praat.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek dink mense hou van musiek en \u2019n boodskap waarmee hulle kan vereenselwig en hierdie is beslis so \u2019n liedjie. Dit sal jou ook herinner om te soek na hierdie oomblikke waarin jy alleen is en vrede het en waarin jy werklik by die kern uitkom van wie jy as mens is,\u201d<\/em> sluit JNDR af.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Luister die liedjie hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/open.spotify.com\/track\/4QK4YRuTNNAQbLnrEhrsXf?si=vd9owb7VQfWj4ZcpFLiY5g\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">open.spotify.com\/track\/4QK4YRuTNNAQbLnrEhrsXf?si=vd9owb7VQfWj4ZcpFLiY5g<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer twee gewilde en geliefde musikante kragte saamspan om \u2019n besonderse liefdesliedjie op te neem, kan die eindresultaat niks anders as betowerend wees nie. Om die maand van liefde te vier, het die twee bekroonde sangers en liedjieskrywers, Joshua na die Re\u00ebn (JNDR) en Karlien van Jaarsveld \u2019n enkelsnit opgeneem wat beloof om luisteraars se&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/02\/02\/joshua-na-die-reen-en-karlien-van-jaarsveld-span-kragte-saam-vir-hoendervleismooi-liefdesduet\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Joshua Na Die Re\u00ebn En Karlien Van Jaarsveld Span Kragte Saam Vir Hoendervleismooi Liefdesduet<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21114,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-21116","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Beter-vir-ons-Albei.jpg?fit=450%2C450&ssl=1","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21116","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21116"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21116\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21114"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21116"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21116"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21116"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}