{"id":21242,"date":"2024-02-14T15:31:15","date_gmt":"2024-02-14T13:31:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=21242"},"modified":"2024-02-14T15:31:19","modified_gmt":"2024-02-14T13:31:19","slug":"eerste-liefde-inspireer-nuweling-callum-stoltz-se-debuut-enkelsnit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/02\/14\/eerste-liefde-inspireer-nuweling-callum-stoltz-se-debuut-enkelsnit\/","title":{"rendered":"Eerste Liefde Inspireer Nuweling Callum Stoltz Se Debuut-Enkelsnit"},"content":{"rendered":"\n<p>Om verlief te raak, kan \u2019n baie emosionele tydperk in \u2019n persoon se lewe wees. Dit is juis hierdie ervaring wat die talentvolle en veelsydige jong sanger en liedjieskrywer, <strong>Callum Stoltz<\/strong>, se eerste enkelsnit ge\u00efnspireer het.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>THE ONE THAT I LOVE<\/strong><\/em>, uit die musikant se eie pen, kan beskryf word as \u2019n treffende popliedjie wat die emosies ondersoek wat ervaar word wanneer jy vir die eerste keer verlief raak en die kragtige en deurmekaar gevoelens wat daarmee gepaard gaan.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> As jy hom uitvra oor die boodskap agter die snit, deel hy: <em>\u201cDie liedjie reflekteer op die oomblikke van opwinding, vreugde en weerloosheid wat jy ervaar wanneer jy vir die eerste keer ontdek dat jy gevoelens het vir iemand spesiaal. Dit is \u2019n voelgoed snit met \u2019n wysie wat die essens vasvang wat jy ervaar wanneer jy verlief is\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>THE ONE THAT I LOVE<\/strong><\/em> verteenwoordig nie net \u2019n groot mylpaal in sy loopbaan nie, maar het ook \u2019n spesiale plek in sy hart omdat dit vir sy eerste liefde geskryf is. Die opregtheid waarmee die lirieke en emosie met die melodie verweef is raak die hart en maak van die eindproduk iets waarmee oud en jonk kan vereenselwig.<\/p>\n\n\n\n<p>Die agtienjarige sanger is in 2005 in Kaapstad gebore, maar woon reeds sedert 2007 in Midstream, Centurion.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het begin sing toe hy vyf was en aangehou om sy musiekvaardighede op te skerp deur deel te wees van sy laerskoolkoor en met sanglesse te begin toe hy twaalf was.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer hy nie musiek maak nie, stel hy baie belang in fotografie en geniet hy dit om fiets te ry en tyd saam met familie en vriende te spandeer.<\/p>\n\n\n\n<p>Omdat hy geboelie is toe hy jonger was, glo hy dat dit belangrik is om sterk te wees en negatiwiteit te oorkom. Hy sonder ook Siya Kolisi uit as een van sy grootste rolmodelle \u2013 nie net vir sy prestasies nie, maar ook vir sy vermo\u00eb om mense te verenig.<\/p>\n\n\n\n<p>In sy vrye tyd, luister hy graag na musikante soos SILK, Fred Again, JVKE, Lewis Capaldi, Ed Sheeran en David Kushner. Hy het ook groot bewondering vir sy sangafrigter, Ivan Roux, wat \u2019n groot invloed op sy musiekreis gehad het sover en saam met wie hy graag, onder andere, eendag \u2019n liedjie wil opneem.<\/p>\n\n\n\n<p>Om die musiekbedryf te oorrompel met sy vars nuwe aanslag, is beslis een van sy doelwitte en hy is daarom reeds besig om aan verskeie projekte te werk, wat nog \u2019n liefdesliedjie \u2013 met \u2019n rustiger aanslag \u2013 insluit.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy wense vir 2024 is dat sy eerste enkelsnit goed ontvang sal word en vir hom die geleentheid sal gee om sy musiek op groot verho\u00eb in Suid-Afrika te deel.<\/p>\n\n\n\n<p>Net soos Gandhi, glo Callum dat jy die verandering moet wees wat jy in die w\u00eareld wil sien en hy wil graag sy musiek gebruik om mense te bemoedig en bemagtig.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>THE ONE THAT I LOVE<\/strong><\/em> is die perfekte voorsmakie van wat luisteraars in die toekoms van hierdie talentvolle jongman kan verwag en is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/callum.stoltz\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">linktr.ee\/callum.stoltz<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om verlief te raak, kan \u2019n baie emosionele tydperk in \u2019n persoon se lewe wees. Dit is juis hierdie ervaring wat die talentvolle en veelsydige jong sanger en liedjieskrywer, Callum Stoltz, se eerste enkelsnit ge\u00efnspireer het. THE ONE THAT I LOVE, uit die musikant se eie pen, kan beskryf word as \u2019n treffende popliedjie wat&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/02\/14\/eerste-liefde-inspireer-nuweling-callum-stoltz-se-debuut-enkelsnit\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Eerste Liefde Inspireer Nuweling Callum Stoltz Se Debuut-Enkelsnit<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21240,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-21242","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Callum-Single-Cover.jpg?fit=450%2C450&ssl=1","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21242","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21242"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21242\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21242"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21242"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21242"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}