{"id":21417,"date":"2024-03-15T10:07:59","date_gmt":"2024-03-15T08:07:59","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=21417"},"modified":"2024-03-15T10:08:06","modified_gmt":"2024-03-15T08:08:06","slug":"sharine-barnard-en-kletsrymer-joel-parker-span-kragte-saam-in-filosofiese-liedjie-oor-die-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/03\/15\/sharine-barnard-en-kletsrymer-joel-parker-span-kragte-saam-in-filosofiese-liedjie-oor-die-liefde\/","title":{"rendered":"Sharine Barnard En Kletsrymer, Joel Parker, Span Kragte Saam In Filosofiese Liedjie Oor Die Liefde"},"content":{"rendered":"\n<p>Niemand weet regtig vooraf hoe die liefde gaan uitwerk wanneer jy jou hart verloor nie. Soms is dit is \u2019n morsige situasie wat harte breek, en ander kere verbaas dit jou.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Dit is juis hierdie onvoorspelbaarheid wat <strong>Sharine Barnard<\/strong>, wat bekend is vir haar diep filosofiese musiek, se nuutste enkelsnit, <em><strong>WHILE YOU LOVE SOMEBODY ELSE<\/strong><\/em>, ge\u00efnspireer het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Liefde en lief wees vir iemand het goeie en slegte elemente. Om lief te h\u00ea en geliefd te wees, is twee van die belangrikste dinge wat ons as mens ervaar en wat \u2019n groot rol speel in wie ons is,\u201d<\/em> verduidelik sy. <em>\u201cSoms gebeur dit dat jy lief is vir iemand wat nie dieselfde voel nie \u2013 dit is deel van grootword en die leerskool van die lewe. Ons almal beleef verskillende aspekte van liefde op verskillende tye. Liefde is maar net wat dit is.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie snit, wat sy self geskryf en saam met Andr\u00e9 de Jager vervaardig het, het oorspronklik begin as \u2019n ballade oor die verskillende aspekte van liefde.<\/p>\n\n\n\n<p>Omdat sy baie betrokke is by haar eie en ander tieners se lewens, kry sy gereeld te doen met gebreekte harte en die emosies wat daarmee gepaard gaan en <em><strong>WHILE YOU LOVE SOMEBODY ELSE<\/strong><\/em> is gebore uit hierdie jongmense se gesprekke oor en ervarings van liefde.<\/p>\n\n\n\n<p>Die besluit om die snit om te skakel van \u2019n ballade na \u2019n liedjie wat elemente van R&amp;B en kletsrym kombineer, het spontaan in die ateljee gebeur toe sy besluit het dat sy haar hand aan iets anders wou waag as die gewone. Joel Parker, \u2019n kletsrymer wat Andr\u00e9 aan haar voorgestel het, het onmiddellik verstaan wat graag wou bereik en die res is geskiedenis! Inteendeel, hulle het so lekker saam gewerk dat hulle beplan om nog \u2019n paar liedjies op te neem.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Wanneer jy die liedjie begin luister, dink jy dit gaan \u2019n rustige liefdesballade wees. Maar dan kom Joel in met sy \u2018magic\u2019 en skok jou. Dis \u2019n mooi liedjie, met \u2019n eenvoudige melodie en \u2019n lekker ritme, wat \u2019n storie vertel waarby oud en jonk sal aanklank vind&#8230; en wanneer die kletsrymgedeelte begin gaan jy beslis die radio wil harder sit,\u201d<\/em> s\u00ea Barnard.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>WHILE YOU LOVE SOMEBODY ELSE<\/strong><\/em> is haar agtste enkelsnit en is deel van tien liedjies wat op haar nuwe album, <em>Words fail me (Part 1)<\/em>, gaan verskyn wat later vanjaar beskikbaar sal wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Sharine het Jan Kempdorp grootgeword. Alhoewel sy altyd mal was oor musiek, het sy eers in grendeltyd besluit om haar musiekdroom \u2019n kans te gee en sover is haar werk nog net goed ontvang.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir haar liefde vir musiek, is hierdie veelsydige vrou \u2013 wat die eienaar is van Bagamoya Wildlife Estate \u2013 ook passievol oor diere en bied \u2019n veilige hawe vir leeus, ape, en selfs \u2019n tier.<\/p>\n\n\n\n<p>Sport en gesondheid is ook vir haar belangrik en tans en is sy besig om voor te berei vir die Suid-Afrikaanse driekamp- en tweekamp-kampioenskappe. Sy is ook eienaar van \u2019n Osoonterapie-kliniek \u2013 Ozone Clinic \u2013 wat tans besig is om \u2019n transformasie te ondergaan om kli\u00ebnte te help met gesondheid, sportprestasie, sportsgenesing en ander opwindende elemente.<\/p>\n\n\n\n<p>Musiek was nog altyd \u2019n integrale deel van wie Sharine is en sy gebruik dit tot vandag toe nog om haar gedagtes te deel en mense se harte te raak.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>WHILE YOU LOVE SOMEBODY ELSE<\/strong><\/em> is nie net \u2019n perfekte voorbeeld hiervan nie, maar ook \u2019n lekker voorsmakie van die grensverskuiwende werk wat ons in die toekoms van haar kan verwag.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die liedjie is nou aanlyn beskikbaar. Kry dit hier:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-spotify wp-block-embed-spotify wp-embed-aspect-21-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe title=\"Spotify Embed: While You Love Somebody Else\" style=\"border-radius: 12px\" width=\"100%\" height=\"152\" frameborder=\"0\" allowfullscreen allow=\"autoplay; clipboard-write; encrypted-media; fullscreen; picture-in-picture\" loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/open.spotify.com\/embed\/track\/5xtGirigR7OwNr8mpv7O7U?si=H2OOG3MITi2OwME-wlnisg&amp;context=spotify%3Aalbum%3A6uafFEUmOkSwzU6LAMjRsq&amp;utm_source=oembed\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-4-3 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"While You Love Somebody Else\" width=\"750\" height=\"563\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/nQnYPFoQjbc?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/music.apple.com\/za\/album\/while-you-love-somebody-else\/1734247400?i=1734247414\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">music.apple.com\/za\/album\/while-you-love-somebody-else\/1734247400?i=1734247414<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Niemand weet regtig vooraf hoe die liefde gaan uitwerk wanneer jy jou hart verloor nie. Soms is dit is \u2019n morsige situasie wat harte breek, en ander kere verbaas dit jou. Dit is juis hierdie onvoorspelbaarheid wat Sharine Barnard, wat bekend is vir haar diep filosofiese musiek, se nuutste enkelsnit, WHILE YOU LOVE SOMEBODY ELSE,&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/03\/15\/sharine-barnard-en-kletsrymer-joel-parker-span-kragte-saam-in-filosofiese-liedjie-oor-die-liefde\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Sharine Barnard En Kletsrymer, Joel Parker, Span Kragte Saam In Filosofiese Liedjie Oor Die Liefde<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21414,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-21417","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Sharine-Barnard-While-You-Love-Somebody-Else.jpg?fit=500%2C500&ssl=1","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21417","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21417"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21417\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21414"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21417"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21417"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21417"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}