{"id":21564,"date":"2024-04-04T16:02:32","date_gmt":"2024-04-04T14:02:32","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=21564"},"modified":"2024-04-04T16:02:34","modified_gmt":"2024-04-04T14:02:34","slug":"huisgenoot-kondig-top-10-mej-tiener-2024-finaliste-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/04\/04\/huisgenoot-kondig-top-10-mej-tiener-2024-finaliste-aan\/","title":{"rendered":"Huisgenoot Kondig Top 10 Mej. Tiener 2024-Finaliste Aan"},"content":{"rendered":"\n<p>Honderde inskrywings en baie opwinding later, is die top 10 finaliste van die splinternuwe weergawe van <em>Huisgenoot<\/em> se ikoniese Mej. Tiener 2024-kompetisie uiteindelik aangekondig!<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Die 10 meisies wat om hierdie gesogte titel gaan meeding en reeds twee botteltjies parfuumolie, \u2019n notaboek en drasak van Tapputi Egyptian Perfume Oils ontvang, is: Amy-Leigh Shirley, An\u00e9 Lamprecht, Carli Oosthuizen, Danielle Joubert, Hildegard Havenga, Jackie de Klerk, Lily Mtsweni, Mareli Jordaan, Telisa van Heerden en Tiara van Wyk.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em><strong>WORLD LEISURE HOLIDAYS<\/strong><\/em>(WLH) <em>wil graag elkeen van die top 10 finaliste geluk wens met hulle prestasies sover. Dit is vir ons \u2019n plesier en voorreg om met sulke besonderse en talentvolle jongmense geassosieer te word en weet dat die wenner \u2019n ware rolmodel vir ander tieners gaan wees,\u201d<\/em> s\u00ea Elaine Durr, bedryfsdirekteur van di\u00e9 gesogte toer operateur wat een van die borge is van die kompetisie. <em>\u201cOns wens julle baie sterkte toe vir die volgende been van die kompetisie en sien uit daarna om deel te wees van die res van hierdie opwindende reis.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Huisgenoot<\/em> het vanjaar besluit om hierdie gewilde kompetisie wat in 1962 begin het, te laat herleef in \u2019n poging om \u2019n splinternuwe generasie lesers, tussen die ouderdom van 13 en 18, te bereik en is baie be\u00efndruk met die kreatiewe inskrywings wat hulle ontvang het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Daar was soveel pragtige en talentvolle meisies wat ingeskryf het dat dit moeilik was om \u2019n top 10 te kies, maar ons glo dat elkeen van die finaliste iets uniek na die tafel toe bring en ons sien uit om te sien wie met die titel gaan wegstap,\u201d<\/em> s\u00ea <em>Huisgenoot<\/em> se redakteur, Yvonne Beyers.<\/p>\n\n\n\n<p>Die publiek kan vir hulle gunsteling gaan stem op die hub by <a href=\"https:\/\/projekte.netwerk24.com\/mej-tiener-stem-2024\/index.html\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">projekte.netwerk24.com\/mej-tiener-stem-2024<\/a> waar die top 10 se video\u2019s en foto\u2019s verskyn. Onderaan elkeen se naam, is daar dan \u2019n vorm wat voltooi moet word om te stem.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir die titel, sal die wenner ook wegstap met \u2019n hele paar lekker pryse:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>\u2019n Vakansie vir haar en haar gesin in Mauritius, geborg deur World Leisure Holidays.<\/li>\n\n\n\n<li>Haar verhaal sal in <em>Huisgenoot<\/em> verskyn, met haar inlasfoto op die voorblad. Die artikel sal ook verskyn op huisgenoot.com en gedeel word op <em>Huisgenoot <\/em>se sosiale media.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Mej. Tiener sal as model op <em>Huisgenoot<\/em> se modeblaaie pryk en \u2019n gas-aanbieder wees in \u2019n program op die VIA-televisiekanaal.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>\u2019n Pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir di\u00e9 handelsnaam te verskyn.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>R10 000 kontant.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Stemme sluit op 2 Mei 2024, so vriende en familie moet wikkel om hul stem te laat tel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Honderde inskrywings en baie opwinding later, is die top 10 finaliste van die splinternuwe weergawe van Huisgenoot se ikoniese Mej. Tiener 2024-kompetisie uiteindelik aangekondig! Die 10 meisies wat om hierdie gesogte titel gaan meeding en reeds twee botteltjies parfuumolie, \u2019n notaboek en drasak van Tapputi Egyptian Perfume Oils ontvang, is: Amy-Leigh Shirley, An\u00e9 Lamprecht, Carli&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/04\/04\/huisgenoot-kondig-top-10-mej-tiener-2024-finaliste-aan\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Huisgenoot Kondig Top 10 Mej. Tiener 2024-Finaliste Aan<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21562,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-21564","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Mej-Tiener-Top-10-final.jpg?fit=550%2C287&ssl=1","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21564","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21564"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21564\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21562"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21564"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21564"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21564"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}