{"id":21837,"date":"2024-04-22T14:29:31","date_gmt":"2024-04-22T12:29:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=21837"},"modified":"2024-04-22T14:29:33","modified_gmt":"2024-04-22T12:29:33","slug":"callum-stoltz-stel-musiekvideo-van-debuut-enkelsnit-vry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/04\/22\/callum-stoltz-stel-musiekvideo-van-debuut-enkelsnit-vry\/","title":{"rendered":"Callum Stoltz Stel Musiekvideo Van Debuut-Enkelsnit Vry"},"content":{"rendered":"\n<p>Suid-Afrika se nuutste sangsensasie, <strong>Callum Stoltz<\/strong>, het die musiekbedryf behoorlik bekoor met die eerste enkelsnit uit sy eie pen, <em><strong>THE ONE THAT I LOVE<\/strong><\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou is di\u00e9 talentvolle jongman terug in die kollig met \u2019n unieke musiekvideo vir hierdie besonderse lied.<\/p>\n\n\n\n<p>Die regie van die video is behartig deur die musikant en videograaf, Gerduan Kemp, wat bekend is vir sy vermo\u00eb om interessante stories op kamera te vertel, en dit neem die kyker na \u2019n ondergrondse partytjie waar jongmense in die geheim ontmoet het om hulself te geniet en die aand om te dans.<\/p>\n\n\n\n<p>Om by te dra tot die geheimsinnige gebeurtenis wat in die video plaasvind, is dit in \u2019n werkswinkel in Pretoria verfilm.<\/p>\n\n\n\n<p>Oor die kreatiewe proses, deel Stoltz: <em>\u201cOns wou die uitbundigheid van jonkwees en die opwinding van verbode pret vas vang. Ek en Gerduan, wat bygestaan is tydens die verfilmingsproses deur mede-musikant Abel Knobel, het verskillende idees bespreek en die konsep het organies daaruit ontwikkel. Die werkswinkel, met sy geheimsinnige atmosfeer, het \u2019n integrale deel geword van die gevoel wat ons wou oordra.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Wat die video nog meer uniek maak, is die feit dat slegs die sanger se naaste vriende en kennisse daarin te sien is en dat elkeen hul eie unieke energie na die skerm gebring het. <em>\u201cWat dit spesiaal maak, is dat ek almal in video ken,\u201d <\/em>verduidelik hy. <em>\u201cVir my was dit meer as net \u2019n opname, dit was \u2019n samekoms van vriende om iets onvergeetlik te skep.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed aligncenter is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Callum Stoltz - The One that I Love (Official Music Video)\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/EGFTt43TWSM?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><a><\/a> Callum (18) is in 2005 in Kaapstad gebore, maar woon reeds sedert 2007 in Centurion.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het begin sing toe hy vyf was en aangehou om sy musiekvaardighede op te skerp deur deel te wees van sy laerskoolkoor en met sanglesse te begin toe hy twaalf was.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy planne vir die res van jaar sluit verskeie opwindende projekte, waaronder nog \u2019n liefdesliedjie en meer optredes.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>THE ONE THAT I LOVE<\/strong><\/em> is \u2019n lekkerluister-liedjie met \u2019n aansteeklike ritme en die unieke konsep van die musiekvideo beloof om aanklank te vind by oud en jonk.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek hoop dat mense die video net soveel geniet as wat ek het om dit te maak! Dit gaan oor die liefde en enigiemand kan daarmee vereenselwig, ongeag van jou ouderdom of waar jy woon,\u201d <\/em>sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Die snit is beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/callum.stoltz\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">linktr.ee\/callum.stoltz<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se nuutste sangsensasie, Callum Stoltz, het die musiekbedryf behoorlik bekoor met die eerste enkelsnit uit sy eie pen, THE ONE THAT I LOVE. Nou is di\u00e9 talentvolle jongman terug in die kollig met \u2019n unieke musiekvideo vir hierdie besonderse lied. Die regie van die video is behartig deur die musikant en videograaf, Gerduan Kemp,&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/04\/22\/callum-stoltz-stel-musiekvideo-van-debuut-enkelsnit-vry\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Callum Stoltz Stel Musiekvideo Van Debuut-Enkelsnit Vry<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21835,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-21837","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/CallumStoltz.jpg?fit=450%2C300&ssl=1","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21837","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21837"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21837\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21835"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21837"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21837"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21837"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}