{"id":22381,"date":"2024-06-21T19:01:03","date_gmt":"2024-06-21T17:01:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=22381"},"modified":"2024-06-21T19:01:07","modified_gmt":"2024-06-21T17:01:07","slug":"land-sand-album-ep-neil-sandilands","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/06\/21\/land-sand-album-ep-neil-sandilands\/","title":{"rendered":"\u201cLand &amp; Sand\u201d Album\/EP Neil Sandilands"},"content":{"rendered":"\n<p>Hierdie album, \u201cLand &amp; Sand\u201d, het tot stand gekom deur \u2019n poging om die normale gang van sake te evalueer en dan te optimaliseer. Dit was komplekse en onseker tye. Bellville Studios skuif Kaapstad toe; dis die laaste album wat ooit daar by die befaamde Bellville Studios gemaak is. Die tydsfaktor was van belang en blyk po\u00ebties te wees, siende ek \u201cLand &amp; Sand\u201d saam met my jarelang vriend en vervaardiger, Theo Crous kon vergestalt. Ons het die album binne drie weke gemaak en dit was \u201cMAIN\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>Tweedens is daar die opkomende \u201cLand &amp; Sand\u201d toer, wat aanvang neem 27 Junie 2024 en eindig 4 Augustus. Ek dink wat ons probeer bied in die \u201clewendige uitvoerings\u201d van my werke, is om dit altyd nuut &amp; vars te hou. Dit het sin gemaak om nuwe skrywes so vinnig moontlik by die ateljee te kry, om dit dan in tandem met die toer, op horende ore te laat val. Natuurlik gaan ons van die meer bekende, ouer werke ook doen, maar dit verleen \u2019n \u201ckraakvars element\u201d aan die toer.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><a href=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/NEIL-SANDILANDS_WINTERTOER-2024-FB-BANNER.jpg?ssl=1\"><img data-recalc-dims=\"1\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"181\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/NEIL-SANDILANDS_WINTERTOER-2024-FB-BANNER.jpg?resize=500%2C181&#038;ssl=1\" alt=\"\" class=\"wp-image-22379\" srcset=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/NEIL-SANDILANDS_WINTERTOER-2024-FB-BANNER.jpg?w=500&amp;ssl=1 500w, https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/NEIL-SANDILANDS_WINTERTOER-2024-FB-BANNER.jpg?resize=300%2C109&amp;ssl=1 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 500px) 100vw, 500px\" \/><\/a><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Hier is handige skakels waar \u2019n mens kaartjies kan bekom vir die Land &amp; Sand Toer, asook die toerskedule:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><a href=\"https:\/\/linktr.ee\/neilsandilandsband\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">linktr.ee\/neilsandilandsband<\/a><\/li>\n\n\n\n<li><a href=\"https:\/\/linktr.ee\/neilsandilands\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">linktr.ee\/neilsandilands<\/a><\/li>\n\n\n\n<li><a href=\"http:\/\/www.neilsandilands.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">www.neilsandilands.com<\/a><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Die liedjies op di\u00e9 album was letterlik AL wat ek in my agtersak gehad het, wat ek min of meer in volledigheid kon aanbied, tussen die vervaardiging van reekse en films en allerhande ander bedrywighede. Dis miskien \u2019n meer direkte en persoonlike blik op die onmiddellikheid van my resente bestaan, terug in die Overstrand, Onrus, Suid-Afrika. Ek is baie opgewonde oor hoe die liedjies klink, moontlik juis omdat daar nie regtig tyd was vir te diep dink, of tierlantyntjies nie. Dis min of meer so: \u201cHier\u2019s is dit, dis wat ons kon regkry in die drukgang, hoop julle hou daarvan\u201d. Dit vereis nie werklik meer verduideliking nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die omslag vir die album is \u2019n historiese oomblik. Dis \u2019n ou Polaroid foto wat ek in my stoor in Sandbaai herontdek het. Dis werklik die eerste keer wat ek ooit voor \u2019n lewendige gehoor opgetree het. Dit was geneem tydens \u2019n revue van Laerskool Randfontein in 1982 en ek het \u2019n solo \u201cHak Hom Blokkies\u201d van David Kramer met oorgawe gesing. Ek was 6 jaar oud. Oorsprong. \u201cLand &amp; Sand\u201d. Daar\u2019s \u2019n verband tussen die omslag en die snit \u201cGooi Kole\u201d. Die woord \u201cverbetenheid\u201d kom in my kop op. Ek verwag dat die snit soos \u2019n virus sal versprei.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed aligncenter is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"&quot;Gooi Kole&quot;\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/Jt01qup1kK8?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>\u201cDie heerlikste ding omtrent die \u201cGooi Kole\u201d musiekvideo is dat ons dit tydens die verfilming van \u201cDie Groot Niks\u201d in die Kaokoveld, Namibi\u00eb opgetower het. Die prettige vente in die video is die span wat \u201cDie Groot Niks\u201d vergestalt het. Hulle het ingestem om na-uurs, in die aand, na \u2019n lang dag se verfilming, sommer te jive om die vuur! Die genot wys! Hoe dan anders? Terloops, die k\u00earel met die handle-bar moustache wat so lekker jive en duik, se naam is Johan \u201cKole\u201d Kruger. He owned it!! Ek kan nie wag om te sien as mense hulle eie \u201cGooi Kole\u201d videos vir my begin stuur nie. Die rook gaan draai!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> My persoonlike gunstelinge op die album is \u201cHephzibah\u201d en \u201cLei my na die Water\u201d, maar genuinely, hoe kan jy meen jy\u2019s liewer vir die een kind as die ander? Dit gebeur natuurlik, maar laat ek dit so stel, ek staan Pa vir elke snit op die album. Without a doubt.<\/p>\n\n\n\n<p>Laastens wou ek graag die werke s\u00f3 skep dat ek \u201cDie Band\u201d (Schalk Joubert, Frank Freeman &amp; Ronan Skillen) kon betrek. Siende almal hul eie professionele trajekte het, en Ronan migreer het na Ierland, was hierdie klein vensterkie van moontlikheid al wat ons tot ons beskikking gehad het. Dit was \u2019n kwessie van \u201cdoen dit nou of glad nie\u201d. Hulle het almal op die album gespeel en sal natuurlik ook sorg vir die lewendige uitvoering daarvan. Ander musikante op die album is Melissa van der Spuy (Klawers), Inge Beckmann (backing vox), Theo Crous (addissionele kitaar) en David Jenkins (Zulu konsertina).<\/p>\n\n\n\n<p>Ek is oorstelp met die uitkoms. Miles Davis het iets ges\u00ea soos \u201cThere is no inspiration such as a deadline\u201d. Die proses het my geleer dat daar veel waarde daaraan is om meer intu\u00eftief en instinktief te werk, as serebraal. Met die album, dink ek, kom ek nader aan primitiewe impulse.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Land &amp; Sand Album is nou beskikbaar op alle digitale platforms hier: <a href=\"https:\/\/vyd.co\/LandEnSand\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">vyd.co\/LandEnSand<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie album, \u201cLand &amp; Sand\u201d, het tot stand gekom deur \u2019n poging om die normale gang van sake te evalueer en dan te optimaliseer. Dit was komplekse en onseker tye. Bellville Studios skuif Kaapstad toe; dis die laaste album wat ooit daar by die befaamde Bellville Studios gemaak is. Die tydsfaktor was van belang en&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/06\/21\/land-sand-album-ep-neil-sandilands\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">\u201cLand &amp; Sand\u201d Album\/EP Neil Sandilands<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22378,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-22381","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/Neil-Sandilands-Land-Sand-Album-Cover.jpg?fit=450%2C450&ssl=1","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22381","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=22381"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22381\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22378"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=22381"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=22381"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=22381"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}