{"id":22762,"date":"2024-08-23T20:19:52","date_gmt":"2024-08-23T18:19:52","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=22762"},"modified":"2024-08-23T20:19:55","modified_gmt":"2024-08-23T18:19:55","slug":"tiaan-massyn-beindruk-met-treffende-nuwe-enkelsnit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/08\/23\/tiaan-massyn-beindruk-met-treffende-nuwe-enkelsnit\/","title":{"rendered":"Tiaan Massyn Be\u00efndruk Met Treffende Nuwe Enkelsnit"},"content":{"rendered":"\n<p>Buiten vir sy aantreklike voorkoms, sjarmante persoonlikheid, kundigheid as oogkundige en vlymskerp besigheidsvernuf, het <strong>Tiaan Massyn<\/strong> homself oor die afgelope twee jaar ook bewys as \u2019n sanger om mee rekening te hou.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou is di\u00e9 veelsydige dertigjarige, wat reeds \u2019n besige skedule het as die huidige mnr. Suid-Afrika, terug in die kollig met \u2019n splinternuwe enkelsnit wat diep tref.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>GUNSTELING SPYT<\/strong><\/em> is \u2019n indrukwekkende pop-ballade, uit die pen van Ernes Smit, wat delf in die emosionele kompleksiteit van \u2019n ongesonde romantiese verhouding. Dit skets \u2019n prentjie van die interne stryd tussen liefde en selfrespek en die dikwels pynlike reis na genesing en aan beweeg.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Verhoudings wat verbrokkel kan blywende letsels laat. Die&nbsp;liedjie is gebore uit die seer en ontwrigting wat ons almal al ervaar het wanneer so iets met ons gebeur,\u201d <\/em>verduidelik hy oor die betekenis agter die snit. <em>\u201cDit is \u2019n ballade met rou en eerlike lirieke, wat reflekteer op \u2019n scenario waar jy jouself in \u2019n liefdesverhouding bevind wat, ten spyte daarvan dat dit ongesond is, net soos verslawing moeilik is om te be\u00ebindig. Ek dink baie mense sal daarmee kan vereenselwig, want ek glo die meeste van ons was al in soortgelyke situasies waar ons moes leer, genees en aanbeweeg.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Musiekvideo, wat die boodskap van hierdie emosiebelaaide vrystelling perfek vasvang, is ook nou beskikbaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is verfilm deur Winter Trail Pictures se Zander de Beer en speel af by die Atterbury Teater in Lynnwood en in \u2019n huis waar twee geliefdes saam \u2019n lewe gebou het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die video vertel die storie van \u2019n vrou wat vrede maak met die einde van \u2019n eens-belowende verhouding, terwyl sy haar lewe oppak en afskeid neem van \u2019n gedeelde toekoms.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Daar is baie verlies aan die einde van \u2019n verhouding. \u2019n Mens bou \u2019n lewe saam en die beeldmateriaal&nbsp;illustreer hoe jy in so \u2019n geval moet oppak, afskeid neem, genees en weer van voor af begin,\u201d<\/em> s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed aligncenter is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Tiaan Massyn - Gunsteling Spyt\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/OirodNHfKY4?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><em><strong>GUNSTELING SPYT<\/strong><\/em> is die sanger se derde enkelsnit en volg in die voetspore van <em>Die son kom<\/em> op en <em>The Crossing<\/em> \u2013 sy verwerking van die Johnny Clegg-treffer wat hy as deel van sy mnr. Suid-Afrika-veldtog gebruik het. Beide liedjies is goed ontvang deur die publiek en het speeltyd op verskeie groot radiostasies gekry.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer hy nie sing nie, praktiseer hy voltyds as oogkundige by sy praktyke in Centurion en die Weskaap en is hy ook besig om sy jaar as mnr. Suid-Afrika te voltooi.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoewel hy self hou van meer ernstige musiek, is hy lus om die somer in te wy met \u2019n lekker ligte dans- en kuier-liedjie, wat die musiekprojek is wat hy volgende gaan aanpak.<\/p>\n\n\n\n<p>Tiaan se sielvolle vertolking van <em><strong>GUNSTELING SPYT<\/strong><\/em> bevestig sy vermo\u00eb om harte te raak met sy musiek \u2013 net soos wat hy daarna streef om \u2019n verskil te maak in die lewens van die mense met wie sy pad op \u2019n daaglikse basis kruis.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek hoop dat hierdie lied ook troos en bemoediging sal bring vir enigiemand wat aan die einde van \u2019n liefdesverhouding staan en baie seer het om te verwerk,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Laai dit hier af:<br \/><a href=\"https:\/\/social.tunecore.com\/linkShare?linkid=I_kdvpriwCRYJhtJz526xw\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">social.tunecore.com\/linkShare?linkid=I_kdvpriwCRYJhtJz526xw<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Buiten vir sy aantreklike voorkoms, sjarmante persoonlikheid, kundigheid as oogkundige en vlymskerp besigheidsvernuf, het Tiaan Massyn homself oor die afgelope twee jaar ook bewys as \u2019n sanger om mee rekening te hou. Nou is di\u00e9 veelsydige dertigjarige, wat reeds \u2019n besige skedule het as die huidige mnr. Suid-Afrika, terug in die kollig met \u2019n splinternuwe&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2024\/08\/23\/tiaan-massyn-beindruk-met-treffende-nuwe-enkelsnit\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Tiaan Massyn Be\u00efndruk Met Treffende Nuwe Enkelsnit<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22760,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-22762","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/i0.wp.com\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Tiaan-Massyn-Gunsteling-Spyt.jpg?fit=450%2C451&ssl=1","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22762","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=22762"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22762\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22760"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=22762"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=22762"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=22762"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}