{"id":23274,"date":"2025-01-26T19:48:24","date_gmt":"2025-01-26T17:48:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/?p=23274"},"modified":"2025-01-26T19:48:49","modified_gmt":"2025-01-26T17:48:49","slug":"gerduan-kemp-sing-oor-verwagtinge-en-menslikheid-in-sy-splinternuwe-enkelsnit-toe-jy-omdraai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2025\/01\/26\/gerduan-kemp-sing-oor-verwagtinge-en-menslikheid-in-sy-splinternuwe-enkelsnit-toe-jy-omdraai\/","title":{"rendered":"Gerduan Kemp Sing Oor Verwagtinge En Menslikheid In Sy Splinternuwe Enkelsnit, &#8220;Toe Jy Omdraai&#8221;"},"content":{"rendered":"\n<p>\u201c<em>Ek dink die titel van die liedjie vang die kern daarvan perfek vas. Dit verwys na daardie<\/em> <em>spesifieke oomblik wanneer alles in \u2019n verhouding verander en jy besef dinge is nie soos jy gedink het<\/em> <em>dit is nie. Dit is \u2019n eenvoudige, maar kragtige frase wat die draaipunt van die lied perfek beskryf,\u201d<\/em> s\u00ea <strong>Gerduan Kemp<\/strong> oor die betekenis agter sy splinternuwe enkelsnit, <em><strong>TOE JY OMDRAAI<\/strong><\/em>, waarmee hy die Nuwejaar voorwaar op \u2019n ho\u00eb noot afskop.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie Afrikaanse poplied is geskryf deur Gerduan en Emil Paul, met Juan (Floors) Oosthuizen as vervaardiger, en vertel \u2019n storie van liefde en teleurstelling en hoe ons soms mense sien as iets wat hulle nie is nie \u2013 soos \u2019n engel \u2013 net om later te besef hulle is net mens.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek dink die lirieke is \u2019n eerlike refleksie van hoe ons soms te veel van ander mense verwag en vergeet dat almal net mense is met hulle eie foute,\u201d <\/em>verduidelik hy. <em>\u201cDie liedjie weerspie\u00ebl nie noodwendig \u2019n persoonlike ervaring nie, maar meer \u2019n gevoel waarmee almal van ons kan vereenselwig. Ek dink dis<\/em> \u2019<em>n sterk vrystelling omdat die lirieke rou en eerlik is, en dit iets aanspreek wat elke persoon al op een<\/em> <em>of ander manier ervaar het.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die musiekvideo, wat ook nou beskikbaar is, is \u2019n visueel treffende uitbeelding van verlies en verlange. Dis verfilm in die pragtige Witzands Aquifer Nature Reserve en die woestynlandskap word gebruik as \u2019n metaforiese agtergrond vir \u2019n reis deur eensaamheid en hartseer. Die eenvoudige, minimalistiese styl beklemtoon die emosionele rouheid van die liedjie se lirieke. Met Nico Welgemoed agter die kamera en met Gerduan wat self die redigering behartig het, is die video doelbewus geskep om kykers \u2019n diep persoonlike ervaring te gee, terwyl dit die kontraste van die liedjie \u2013 hemel en hel, re\u00ebn en droogte \u2013 visueel versterk.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed aligncenter is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Gerduan Kemp - Toe Jy Omdraai (Amptelike Musiekvideo)\" width=\"750\" height=\"422\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/z_NtiqF8Vs8?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><em><strong>TOE JY OMDRAAI<\/strong><\/em> is die musikant se sewende radiovrystelling en volg in die voetspore van sy 2024-treffers, <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=OCOmITvEEkk\"><em>Koffie in die kroeg<\/em><\/a> en <a href=\"https:\/\/www.bing.com\/videos\/riverview\/relatedvideo?q=gerduan+kemp+-+alles+tot+nou&amp;mid=15788C7C69DC395993D015788C7C69DC395993D0&amp;FORM=VIRE\"><em>Alles Tot Nou<\/em><\/a>, wat beide goed gevaar het op die treffersparades en met aanlyn stroming.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy debuut-album, <em>Sesde Sintuig<\/em>, wat in 2021 uitgereik is, is reeds meer as 3 miljoen keer gestroom.<\/p>\n\n\n\n<p>Gerduan, wat in Bloemfontein groot geword het en tans in Pretoria woon, is al van skooltyd af passievol oor musiek. Hy het al die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel en \u2019n draai gemaak by verskeie Afrikaanse musiekfeeste.<\/p>\n\n\n\n<p> Buiten vir musiek, is hy ook \u2019n uitstaande fotograaf en musiekvideovervaardiger met sy eie besigheid, Gerduan Kemp Photo &amp; Film, wat al musiekvideo-projekte vir verskeie bekendes \u2013 waaronder Brendan Peyper en Karlien van Jaarsveld \u2013 behartig het.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy is baie opgewonde oor 2025 en buiten vir nog heelwat nuwe musiek, is daar ook verskeie groot musiekvideo-projekte vir homself en ander kunstenaars in die pyplyn.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>TOE JY OMDRAAI <\/strong><\/em>is \u2019n lekkerluister-liedjie wat in jou kop sal vassteek lank nadat jy dit die eerste keer gehoor het. Buiten vir die opgewekte ritme, is die lirieke diep en betekenisvol en sal dit aanklank vind by \u2019n wye gehoor.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek dink mense gaan daarvan hou omdat die lied rou emosie en eerlikheid vasvang \u2013 iets waarmee baie mense kan identifiseer. Dit praat oor liefde, gebreekte harte en die illusie van perfekte verhoudings,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Die snit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kry dit hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/gerduankempmusiek\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/linktr.ee\/gerduankempmusiek<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk dink die titel van die liedjie vang die kern daarvan perfek vas. Dit verwys na daardie spesifieke oomblik wanneer alles in \u2019n verhouding verander en jy besef dinge is nie soos jy gedink het dit is nie. Dit is \u2019n eenvoudige, maar kragtige frase wat die draaipunt van die lied perfek beskryf,\u201d s\u00ea Gerduan&hellip; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/blog\/2025\/01\/26\/gerduan-kemp-sing-oor-verwagtinge-en-menslikheid-in-sy-splinternuwe-enkelsnit-toe-jy-omdraai\/\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Gerduan Kemp Sing Oor Verwagtinge En Menslikheid In Sy Splinternuwe Enkelsnit, &#8220;Toe Jy Omdraai&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":23272,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[159],"tags":[],"class_list":["post-23274","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-music","entry"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/Toe-Jy-Omdraai-Cover.avif","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23274","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=23274"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23274\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23272"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=23274"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=23274"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.samdb.co.za\/blogs\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=23274"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}