Muller Brandt Releases Music Video For “Wildebees”

Muller Brandt has just released his new single Wildebees, which was received very well by radio stations nationwide and now, the music video for the song has just been released as well.

WILDEBEES, which he co-wrote with Jattie de Beer, is based on his own farm experiences on his brother-in-law’s farm in All Days and reveals that each man has a wildebeest hidden inside.  

“It is a humoristic song with a catchy tune that people will enjoy dancing to,” he shares about his second Afrikaans single.

The music video was filmed on location at Sikilele Farm and shows a few city boys learning how things are done on the farm.

“The fact that you don’t have to be good at everything to unleash your inner-wildebeest is the message I wanted to convey with this video,” Muller explains.

WILDEBEES is part of his debut album, Brand die Skepe, and follows in the footsteps of Moedertaal which was very well received and got playlisted on several major radio stations.

The song is also the theme song of the adventure program on VIA, Wildebees, which is also a very popular clothing brand.

Muller Brandt was born and raised in Pretoria and has been working in the music industry for the past twelve years. His dad’s love of country music ignited his own passion for singing and he has never given up on his dream to be a fulltime musician.

He says that he is already working on material for his next album. But for now, he looks forward to taking a break at the end of the year and spending some quality time with his friends and family. 

WILDEBEES is available on his album on all digital platforms. Download it here: https://MullerBrandt.lnk.to/BrandDieSkepe


Muller Brandt Se Musiekvideo Van “Wildebees” Is Hier

Muller Brandt het pas sy enkelsnit, Wildebees vrygestel wat baie goed deur radiostasies ontvang is en nou is die musiekvideo van die snit ook beskikbaar.

WILDEBEES, wat hy saam met Jattie de Beer geskryf het, is gebaseer op sy eie plaas-ervaring op sy swaer se plaas in All Days en beskryf hoe elke man van nature ’n wildebees in hom het.

Dis ’n lekker humoristiese skoffelliedjie, wat jou voete sal laat jeuk om te dans,” sê hy oor sy tweede Afrikaanse enkelsnit.

Die musiekvideo is op Sikilele-plaas geskiet en wys hoe ’n klomp stadsjapies op die plaas kuier en leer hoe alles werk.

Jy hoef nie goed te wees in alles om ’n wildebees te wees nie, is die boodskap wat ek graag met dié video wil tuisbring,” verduidelik Muller.

Wildebees vorm deel van sy debuut-album, Brand die Skepe, en volg in die voetspore van Moedertaal wat baie goed ontvang is en speeltyd op groot radiostasies regoor die land geniet.

Die lied is ook die temalied van die avontuur program op VIA, Wildebees, wat ook ‘n baie gewilde klere handelsmerk is.

Muller Brandt het in Pretoria grootgeword en werk al twaalf jaar in die musiekbedryf. Sy pa se liefde vir country-musiek het sy passie vir sing laat vlam vat en hy het nog nooit afgewyk van sy droom om ’n voltydse sanger te wees nie.

Hy verklap dat hy reeds besig is om liedjies bymekaar te maak vir sy volgende album, maar vir nou sien hy eers uit om ’n blaaskans te vat aan die einde van die jaar en tyd met vriende en familie te spandeer.

WILDEBEES is op sy album op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier: https://MullerBrandt.lnk.to/BrandDieSkepe

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb