David Fourie Revives Famous Donna Summer Hit

David Fourie definitely needs no introduction. He has been making waves in the industry ever since he stepped onto the SA IDOLS stage in 2002 and has had a very successful music career so far.

He has always been a creative soul and his latest single, ON THE RADIO, once again proves that he is not afraid to put his unique stamp on the projects he is working on.

This remake of the popular Donna Summer hit, produced by Marius Brouwer and Dirk van Niekerk, uniquely combines elements of soul, disco and pop and will surely appeal to his fans.

“I am a big fan of Donna Summer and soul and disco music and have enjoyed reviving this song,” he explains. ON THE RADIO is any musician’s dream and brings back childhood memories of me wishing that they would play my songs on the radio.” 

A music video of the cover is now also available. It was filmed in Pretoria by Pierre Smith and includes various scenes that were shot in studio and outside.

“The video tells a story of what happens when you hear a song that reminds you of a difficult relationship. As soon as you think you have moved on, you hear something that brings all of those memories back,” shares the musician.

“In the video I am portrayed as a clean-cut singer singing and playing the piano, as well as my scruffy tattooed alter ego,” he reveals. There is also a scene of a girl dancing on the roof. Just like radio waves, different scenes pulse through the video and symbolises the emotional ups and downs that we all experience at some point in time.”

According to him, the message of the video and song is that music (especially on the radio) is a conductor for the soul because it brings back waves of memories and emotion, good or bad.

ON THE RADIO follows in the footsteps of numerous radio hits, including Ek Wil Jou Ken, Kaboemielies, Hou My Vas Stywer Vas, My Hart Het Klaar Besluit, Jy Soen Soos ’n Engel, Vandag Maak Ek Jou My Vrou, and more.

David has been singing since he was six and always wanted to be a musician. He made his debut in the industry in 2002 as a finalist in the South African version of the reality show, IDOLS.

His debut album, Land in die Suide, was released shortly after in 2003 and was nominated for a SAMA award.

David enjoyed several career highlights to date, including opening for Westlife on their South African tour and he was invited as a special guest to the Eurovision Song Contest in 2011. He also recorded the winning song, Running Scared, which became a no.1 hit in South Africa. He has appeared on international television on several

occasions, performing the South African, Australian, and Scottish Anthems at rugby tests between 2007 and 2019.

The 42-year-old was born in the Free State and currently resides in Cape Town with his live partner, Shaun. He has a grade six music qualification from Unisa and was part of the Bloemfontein Youth Choir with whom he performed in Germany and Switzerland. 

He also lived in New Zealand, where he worked and performed for a while, before returning home. 

David would have liked to be a chef or food critic if he had to choose a different career and reveals that he had to sell slimming products to survive while living in India.

The music industry taught him the importance of taking a break from the limelight to rediscover and re-establish yourself. 

He also works as a creative director for a company in New Zealand and produces English study material for kids all over the world. He is also busy establishing his own line of fitness clothing and gives music lessons to disabled children.

His plans for 2023 include releasing more new music and collaborating on an online song with autistic children in Auckland with physical challenges.

ON THE RADIO is an impressive revival of an old crowd favourite that is going to remain popular for years to come. 

Like the remake of a classic, the song and video displays how David reinvents himself and every classic deserves a remake.

“The song combines my strengths: my vocals, piano skills, rhythm and emotions and pays tribute to older genres like soul and disco,” he concludes.  

The single is now available on all digital platforms. Download it here: https://li.sten.to/ontheradio


David Fourie het beslis geen bekendstelling nodig nie. Sedert hy in 2002 sy buiging op die SA IDOLS-verhoog gemaak het, het hy diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap en kan hy spog met ’n hele rits treffers, hoogtepunte en toekennings.

Hy was nog altyd ’n kreatiewe siel, wat dit geniet om uit die boks te dink, en sy nuutste enkelsnit, ON THE RADIO, is ’n goeie getuigskrif van hoe hy dit regkry om sy unieke stempel af te druk op elke projek wat hy aanpak.

Hierdie herskepping van die gewilde Donna Summer-treffer, wat vervaardig is deur Marius Brouwer en Dirk van Niekerk, kombineer elemente van soul-, disco- en popmusiek op ’n unieke en moderne manier en sal beslis aanklank vind by diegene wat lief is vir sy musiek.

Ek is ’n groot aanhanger van Donna Summer en die disco-/ soul-era. Daarom het dit vir my, as musikant, baie genot verskaf of nuwe lewe in hierdie liedjie te blaas en dit op die radio vry te stel,” verduidelik hy. ON THE RADIO is natuurlik elke sanger se droom en dit neem my terug na my kleintyd in die platteland toe ek graag my liedjies oor die radio wou hoor.”

’n Musiekvideo van hierdie besonderse verwerking is ook nou beskikbaar. Dit is in Johannesburg verfilm, met Pierre Smith aan die stuur, en sluit ’n mengsel van ateljee- en buitelug-beeldmateriaal in.

Die video vertel ’n storie van wat gebeur wanneer jy ’n lied oor die radio hoor wat jou herinner aan ’n verhouding wat jou ’n les geleer het, en nes jy dink jy het aan beweeg hoor jy weer iets wat alles terugbring,” deel die musikant.  

In die video word ek uitgebeeld as hierdie netjiese sanger wat sing en klavier speel saam met die radio, asook as my growwer getatoeëerde alter ego,” verklap hy. “Daar is ook ’n toneel van ’n meisie wat dans op die dak en emosie weergee. Die beelde pols soos wat golwe op die radio ook maak maar ook hoe jou emosionele golwe op en af gaan.”

Volgens hom is die boodskap dat musiek (veral oor die radio) ’n geleier is vir die siel omdat dit golwe van herinneringe en emosie terug bring, goed of sleg.

ON THE RADIO volg in die voetspore van talle groot radiotreffers, waaronder Ek Wil Jou Ken, Kaboemielies, Hou My Vas Stywer Vas, My Hart Het Klaar Besluit, Jy Soen Soos ’n Engel, Vandag Maak Ek Jou My Vrouen vele meer.

David sing al vandat hy ses jaar oud is en wou nog altyd ’n musikant wees. Hy het die mark amptelik in 2002 betree nadat hy ’n finalis was op die Suid-Afrikaanse weergawe van die musiekprogram, IDOLS.

Kort daarna is sy eerste album, Land in die Suide, uitgereik waarvoor hy in 2003 ’n SAMA-benoeming ontvang het.

Oor die jare het hy verskeie loopbaanhoogtepunte bereik, waaronder openingsvertonings vir Westlife gedurende hulle Suid-Afrikaanse toer en om uitgenooi te word om as spesiale gas by die Eurovision-sangkompetisie op te tree in 2011. Hy het ook die wenliedjie, Running Scared, opgeneem wat ’n groot treffer in Suid-Afrika was. Verder het hy ook al die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse, Australiaanse en Skotse volksliedere te sing tydens toetsrugby.

Dié 42-jarige Vrystater woon tans in die Kaap saam met sy lewensmaat, Shaun. Hy spog met ’n graad-ses-musiekkwalifikasie van Unisa en was deel van die Bloemfonteinse Kinderkoor, wat in Duitsland en Switserland opgetree het.

Hy het ook op ’n kol in Nieu-Seeland gewoon, gewerk en opgetree, voordat hy onlangs weer teruggetrek het Suid-Afrika toe.

Volgens die kunstenaar sou hy graag ’n sjef of ’n koskenner wou wees as hy ’n ander beroep moes volg en moes hy op een stadium verslankingsprodukte verkoop om te oorleef toe hy in Indië gebly het.

Die musiekbedryf het hom geleer dat dit soms goed is om ’n blaaskans te vat en weg te tree uit die kollig om jouself opnuut te ontdek en te vernuwe.

Wanneer hy nie sing nie, werk hy as kreatiwiteitsbestuurder vir ’n maatskappy in Nieu-Seeland en maak hy Engelse studiemateriaal vir kinders regoor die wêreld. Hy is ook besig om sy eie fiksheidsklerereeks te ontwikkel en gee musiekles vir kinders met gestremdhede.

Sy planne vir 2023 sluit heelwat nuwe musiek in en hy beplan ook om aanlyn ’n liedjie op te neem saam met kinders in Auckland, wat op die spektrum is en met fisiese uitdagings sukkel.

ON THE RADIO is ’n knap verwerking van ’n ou gunsteling, wat luisteraars lank sal bybly en jonk en oud sal bekoor.

Dié besonderse herverwerking van ’n gewilde treffer is simbolies van hoe David ook konstant besig is om homself te vernuwe, want elke gewilde treffer verdien dit immers om soms ’n nuwe baadjie aan te trek.

Die liedjie is regtig ’n samevatting van my sterkpunte: my stem, klavierspel, kreatiwiteit, ritme en emosie en dit is ’n herdenking wat erkenning gee aan ouer genres soos disco en soul,” sluit hy af.

Hierdie snit is nou beskikbaar op digitale platforms. Kry dit hier: https://li.sten.to/ontheradio

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb