Saarkie – New Album, New Single, New Video, New Member

Saarkie celebrates women’s month with new member, single, music video and album

Popular female rock group, SAARKIE, has always been unique. They have been recreating the local rock ’n roll scene in Afrikaans and English for the past fifteen years and have decided to celebrate Women’s Month with a brand-new member, single, music video and album! 

Alouise, a.k.a. Ella, has recently joined the group as bassist and singer. The Free Stater from Bethlehem, who has been playing the piano since she was three, has been working in the music industry for ten years.  

“Playing with Adèle and Lila is such a privilege,” she says about this exciting opportunity. “I fell in love with their sound when I started playing their songs and look forward to working with them in the future.”

This Ghoema-award winning musician and songwriter (Bella & Buster) made her debut in 2011 as part of the group, Onbeskaamd, with whom she still performs occasionally. She is also part of Bok van Blerk’s band. In addition to working on her own music when she is not on stage, she is also a music teacher and cyclist.

Adèle and Lila are very excited to have her on board and say: “We feel that Ella challenges us, as musicians, and that she brings something new to the table. Our fans can look forward to what we have planned for the future.”

To make things even more exciting, the girls have decided to release a brand-new single, music video and album, which still features former band mate Mjön van Blommenstein’s amazing musical skills.

“Mjön started a new business during lockdown that takes up a lot of her time,” share Adèle Fouché and Lila Botha. “It is always sad to lose a sister and we are going to miss her.”

WAAR LÊ JOU HART? is the third release from their new album and was written by Adèle. According to her, this Afrikaans “Afro-Pop” song is about where your heart is during these uncertain times that forces you to do a “reality check”.

“It invites listeners to go on an adventure with us. To break away, to live in the moment and to forget about problems and stress,” she shares. “We like the song because it has an upbeat sound and makes you want to get into your car and drive away into the sunset.”

The music video, produced by Unbreakable Media’s Marlie van Oudtshoorn, suits the theme of the song perfectly and shows the three Saarkies road tripping in a 1969 BMW 1602 Bauer LHD Cabriolet. It was filmed in the Rietvlei Nature Reserve and the car was supplied by Wat Swaai Jy?.

“The idea was inspired by the song and the message is that you need to know where someone’s heart is when inviting them to go on a road trip with you,” they say.

WAAR LÊ JOU HART? follows hot on the heels of Reënweer and River Blues, which were both very well received and can still be heard on the radio.  

All three songs are available on their latest album, WAAR LÊ JOU HART? that boasts an impressive combination of twelve catchy tracks.

According to the Ghoema acclaimed female group, this contemporary pop-rock album is their way of moving forward after a very challenging time and. For this reason, they decided not to stick to one specific concept or theme.

“Covid gave us a new appreciation for life. We wrote about people, places, places and things that mean something to us,” the trio explains. “We want our music to be relatable and make listeners feel both relaxed and exited at the same time. It’s something you can listen to in the car or next to a bonfire with the people you love.”

In addition to two of their existing hits and some exciting new songs, the album also includes a duet with Jak de Priester of his popular track, Sally Williams Nougat. Mozambique is their favourite on the album: “It has an up-tempo beat and relaxed holiday vibe. Mozambique is a place where you can let your hair down without too many rules. Where you can drive around on the beach with your 4×4, chill around the campfire and indulge in R&R’s.”

SAARKIE has been around for fifteen years and is already working on content for their next album. An exclusive range of Saarkie merchandise will also be on sale soon.

WAAR LÊ JOU HART? is now available on all digital platforms.

Get the album here:

https://music.apple.com/za/album/waar-l%C3%AA-jou-hart/1576676876

https://open.spotify.com/album/1QGbwint729I4pjpyGorAi?si=ANvGiojPQQ2idM3B3j8s_Q&utm_source=whatsapp&dl_branch=1

“The past year has been incredibly difficult. Our album is a message of hope in difficult times and also conveys of some of our best memories we’ve had in recent times. Nothing is only bad and the red poppy on our album cover is symbolic of hope for the future,” they conclude.

TRACK LIST:

  1. Waar lê jou hart?
  2. Nuwe Jaar
  3. Reënweer
  4. River Blues
  5. Sally William’s Nougat
  6. As die hippies begin dans
  7. Dans net vir jou
  8. Lisa se klavier
  9. Mozambique
  10. Gatvol
  11. Al wat ek ken
  12. Identiteit

Saarkie vier vrouemaand met nuwe lid, enkelsnit, video en album

Die gewilde rockgroep, SAARKIE, was nog altyd anders en het nog altyd aandag getrek waar ookal hulle gaan. Hulle ruk en rol al vyftien jaar in Afrikaans én Engels en hierdie jaar vier hulle Vrouemaand met ’n splinternuwe enkelsnit, musiekvideo, album én lid!

Alouise, oftewel Ella, neem haar plek in as baskitaarspeler en sanger in die groep. Hierdie Vrystater van Bethlehem speel al klavier vandat sy drie is en werk nou amptelik tien jaar in die musiekbedryf.

Dit is ’n groot voorreg om saam met Adèle en Lila musiek te maak en dit voel asof ek my musiek vryheid gee wanneer ek dit doen,” sê sy oor hierdie opwindende geleentheid. “Ek het verlief geraak op hulle klank toe ek eers agter die baskitaar inspring om die liedjies te leer en sien uit na die toekoms.”

Hierdie Ghoema-bekroonde musikant en liedjieskrywer (Bella & Buster) het in 2011 haar debuut gemaak as deel van die groep, Onbeskaamd, en speel steeds so af en toe saam met hulle, asook saam met Bok van Blerk se band. Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy ’n musiekonderwyser en fietsryer en werk sy ook daaraan om haar eie musiek op te neem.

Adèle en Lila is baie opgewonde om haar aan boord te hê en sê: Ons voel dat Ella ons, as musikante, uitdaag en dat sy iets nuuts na die tafel toe bring. Ons aanhangers kan uitsien na wat voorlê.”

Om alles nog meer opwindend te maak, het die meisies besluit om ’n splinternuwe enkelsnit, musiekvideo en album vry te stel, waarvan Mjön van Blommestein wat die groep verlaat het, steeds deel is.

Mjön het gedurende grendeltyd ’n nuwe besigheid begin wat baie van haar tyd opneem en het daarom besluit om vir eers daarop te fokus”, deel Adèle Fouché en Lila Botha. “Dis altyd hartseer om ’n sussie te verloor en ons gaan haar mis.”

WAAR LÊ JOU HART? is die derde vrystelling vanaf hulle nuwe album en is deur Adèle geskryf. Volgens haar gaan hierdie Afrikaanse “African Pop”-liedjie oor waar ’n mens se hart lê in hierdie onsekere tye wat jou dwing om ’n “reality check” te doen.

Dit is ’n uitnodiging vir iemand om saam met jou weg te gaan op ’n avontuur. Weg te breek, te leef in die oomblik en te vergeet van probleme en stres,” deel sy. “Ons hou van die liedjie want dit het ’n opwindende ritme en dit wil jou maak in die kar klim en na die sonsondergang toe ry.”

Die musiekvideo, wat deur Unbreakable Media se Marlie van Oudtshoorn vervaardig is, sluit perfek by die tema van die liedjie aan en gaan oor die drie Saarkies wat die pad vat – in ’n 1969 BMW 1602 Bauer LHD Cabriolet – om ’n avontuur aan te pak. Dit is in die Rietvlei Natuurreservaat verfilm en die kar is verskaf deur Wat Swaai Jy?.

Die idee is geïnspireer deur die liedjie en boodskap is dat wanneer jy iemand vra om saam met jou op ’n road trip te gaan, wil jy weet waar hulle hart lê,” sê hulle.

WAAR LÊ JOU HART?volg in die suksesvolle voetspore van die groep se mees onlangse liedjies, Reënweer en River Blues, wat beide goed ontvang is en steeds radio-speeltyd kry.

Al drie snitte is beskikbaar op hulle nuutste album, WAAR LÊ JOU HART?, wat pas vrygestel is en ’n indrukwekkende kombinasie van twaalf lekkerluister-snitte bevat.

Volgens dié Ghoema-bekroonde meisiesgroep is dié kontemporêre pop-rock-album hulle manier om vorentoe te beweeg na ’n baie uitdagende tyd en daarom het hulle nie by een spesifieke konsep of tema gehou nie.

Gedurende Covid, het ons nuwe waardering gekry vir die lewe. Daarom het ons geskryf oor plekke, diere, liefde en mense wat vir ons betekenis dra,” verduidelik die Evas. “Ons sal graag wil hê dat dit ’n rustigheid, maar ook ’n opgewonde gevoel aan ons luisteraars moet gee en by hulle moet aanklank vind. Dis iets wat jy in die kar kan luister of rondom ’n kampvuur saam met die mense waarvoor jy lief is.”

Buiten vir twee bestaande treffers en ’n paar opwindende nuwe liedjies, sluit die album ook ’n duet in saam met Jak de Priester van sy gewilde snit, Sally Williams Nougat. Mozambique word uitgesonder as hulle gunsteling op die album: Ons geniet die ritme en dit het ’n lekker vakansiegevoel. Mosambiek is ’n plek waar jy jou hare kan laat loshang, sonder te veel reëls. Waar jy op die strande kan ry met jou 4×4, om die kampvuur kan kuier en jou lippe kan rooi drink aan R&R’s.”

SAARKIE bestaan al vir vyftien jaar en werk reeds aan inhoud vir ’n volgende album. ’n Eksklusiewe reeks Saarkie-toebehore sal ook binnekort te koop wees.

WAAR LÊ JOU HART? is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Kry dit hier:

https://music.apple.com/za/album/waar-l%C3%AA-jou-hart/1576676876

https://open.spotify.com/album/1QGbwint729I4pjpyGorAi?si=ANvGiojPQQ2idM3B3j8s_Q&utm_source=whatsapp&dl_branch=1

Die laaste jaar was baie moeilik. Ons album is ʼn boodskap van hoop in moeilike tye en ook saamgestel uit van ons beste herinneringe van die afgelope ruk. Alles is nooit net sleg nie en die rooi papawer op ons album-omslag is simbolies van hoop vir die toekoms. So dit gaan oor ʼn nuwe begin, vol hoop en liefde, al roei mens soms teen die wind,” sluit hulle af.

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM:

  1. Waar lê jou hart?
  2. Nuwe Jaar
  3. Reënweer
  4. River Blues
  5. Sally William’s Nougat
  6. As die hippies begin dans
  7. Dans net vir jou
  8. Lisa se klavier
  9. Mozambique
  10. Gatvol
  11. Al wat ek ken
  12. Identiteit
Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb