South African singer-songwriter Simoné Roets, has just released her debut Afrikaans single, DANS IN DIE DONKER and with the message that you don’t have to wait for everything to be perfect to live and love in abundance, she immediately caught the attention of music lovers across the country!
The message is very relevant in the difficult times we are living in, and the song was written with Jattie de Beer of Artistry Productions. Her sound is fresh and unique and now she is releasing a captivating music video to give life to this powerful song.
The video, which was shot at Kaapsehoop by the talented Adi van der Walt of FOA, was created to complement the song.
Simoné shares that the location was carefully considered because the song is about light and dark, and Kaapsehoop is the perfect embodiment of this contrast.
“I grew up in Nelspruit but has always loved Kaapsehoop. It is beautiful and mysterious at the same time. DANS IN DIE DONKER is about opposites or contrasts,” she shares. “I also got engaged there and the Martin guitar I am currently using was an engagement gift.”
DANS IN DIE DONKER is the first single from Simoné’s upcoming Afrikaans album that will be released in 2022.
DANS IN DIE DONKER is now available on all digital platforms. Download it here:
https://music.apple.com/za/album/dans-in-die-donker/1584980725?i=1584980726
Kragtige Video Komlementeer Simoné Roets Se Nuwe Enkelsnit “Dans In Die Donker”
Die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Simoné Roets, het pas haar eerste Afrikaanse enkelsnit – DANS IN DIE DONKER – uitgereik en met die boodskap dat jy nie hoef te wag totdat alles perfek is in jou lewe voordat jy in oorvloed leef en liefhet nie, het sy met die intrapslag kom inspireer en onmiddellik almal se aandag getrek!
Hierdie gedagte is baie relevant in vandag se tyd, waar so baie mense swaarkry en die snit is geskryf saam met Jattie de Beer van Artistry Productions. Haar klank is vars en uniek, en luisteraars sit reeds regop wanneer hulle dit hoor. Nou volg die musiekvideo om lewe te gee aan hierdie ongelooflike lied.
Dié video, wat in Kaapsehoop deur Adi van der Walt van FOA verfilm is, is geskep om die kragtige lied te komplementeer.
Simoné deel dat die dorpie noukeurig uitgesoek is aangesien die liedjie gaan oor lig en donker en Kaapsehoop hierdie kontras perfek versinnebeeld en die boodskap van die snit op ’n kunstige manier uitbeeld.
“Ek het in Nelspruit grootgeword en was nog altyd lief vir Kaapsehoop. Dit is so mooi daar, maar terselfdertyd voel dit ook ’n bietjie donker en geheimsinnig met die mistigheid, wilde perde en koue. DANS IN DIE DONKER gaan oor daardie kontras of uiterstes,” deel sy. “Verder het ek ook daar verloof geraak en die Martin-kitaar wat ek nou het gekry as ’n verlowingsgeskenk.”
DANS IN DIE DONKER is die eerste vrystelling vanaf Simoné se opkomende Afrikaanse album wat in 2022 uitgereik sal word.
DANS IN DIE DONKER is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af:
https://music.apple.com/za/album/dans-in-die-donker/1584980725?i=1584980726