Kate Rok Sings A Love Song For Mother Nature

Kate Rok, the brunet and new star on the rise from Clarens with her distinctive “Voortrekkerkappie”, dazzled music lovers with the release of her captivating single, Maangenade on her birthday (1 July) this year.

Since then she dropped a new single and music video on digital platforms on the first day of every month. On 1 August she released Afrika Reën and on 1 September, Verlate followed.

Now she is back with her next radio single and music video, WILGERLIEDwhich promises to impress her followers and radio stations and win even more hearts and followers.

She wrote this alternative track as a reminder that we, as human beings, have a responsibility to look after Mother Nature. “I love being outdoors and draw a lot of inspiration from nature. It makes me feel rich and sets me free, and it is devastating to see the negative impact we have on it,” Kate shares. “This song gives me hope that mankind will realize how insignificant we are and that we will be left behind if we do not start taking care of the environment.”

This exceptional song, with its beautiful lyrics and harmonies will inspire listeners to fall in love with their surroundings all over again. “I want my music to touch people’s hearts and make them happy,” she says.

The music video, which was filmed on her father’s guest farm – Madeira – can be described as visual art adorned with the most beautiful outdoor scenes. “Beautiful shots of me experiencing the power of the Creator on a mountain top are placed in stark contrast with footage of a rubbish dump, which symbolizes the impact mankind has on the environment,” the musician explains.

“The message is to love, appreciate and take care of nature. That is why Madeira, nestled in the highest mountains against the Golden Gate National Park, was the perfect location for the video. There is no electricity or cell phone reception, the silence is almost deafening, and you are closer to the stars than you have ever been before.”

Dawid Raath of Peach Tree Productions filmed and edited the video, while her actor friend, Adelheid Broom directed. Styling was done by Christel Steyn, and Shirley Keyser and Hayley Nel made sure she looked her best in every shot.

Kate Rock, with her strong and independent personality has many plans for the future and she’s making music that will have a lasting impact on society and it will make South Africa a better place.

WILGERLIED is now available on all digital platforms. Download it here: https://music.apple.com/za/album/wilgerlied/1587302644?i=1587302645


Kate Rok Sing ‘n Liefdeslied Vir Die Natuur

ate Rok, Clarens se donkerkopster met haar kenmerkende Voortrekkerkappie, het op 1 Julie vanjaar (op haar verjaardag,) musiekliefhebbers in vervoering gehad met ’n hoendervleismooi-enkelsnit, Maangenade, wat gereeld deur groot radiostasie regoor die land gespeel word.

Sedertdien het sy op die eerste dag van elke maand ‘n nuwe enkelsnit en musiekvideo digitaal uitgereik. 1 Augustus was die Afrika Reën en op 1 September het Verlate gevolg.

Nóú is sy terug met haar volgende radio-enkelsnit, WILGERLIED, wat beloof om groot sukses op radiostasies te behaal en heel moontlik die sukses en verwondering van die vorige lied te oortref.

Hierdie alternatiewe snit, uit haar eie pen, daaroor dat die mens die natuur geniet, maar nie behoorlik daarna omsien nie. “Die natuur is my asem en waaruit ek my inspirasie put. Dit laat my skatryk voel en maak my vry, daarom is ek hartseer oor wat ons, as mens, aan die aarde doen,” deel Kate. “Hierdie lied gee my hoop dat die mensdom eendag sal besef hoe nietig ons is en dat ons agtergelaat sal word as ons nie na die natuur begin omsien nie.”

In hierdie besonderse lied, neem pragtige klank, lirieke en harmonieë die luisteraar op reis om saam met haar opnuut verlief te raak op die skepping rondom hulle. “Ek wil graag mense se harte raak en hê dat my musiek hulle gelukkig moet maak en inspireer,” sê sy.

Die musiekvideo, wat op haar pa se gasteplaas – Madeira – verfilm is, kan beskryf word as visuele kuns wat versier is met die mooiste natuurtonele. “Mooi natuurskote, waar ek op ’n berg die krag van die Skepper ervaar en my nietigheid besef, staan in sterk kontras met beelde van ’n vullishoop, wat die mens se invloed op die natuur simboliseer,” verduidelik die musikant.

Die boodskap is om die natuur lief te hê, te waardeer en op te pas. Dit is hoekom Madeira, wat gesetel is in die hoogste berge teen die Golden Gate Nasionalepark, die perfekte plek was om die video te skiet. Daar is nie elektrisiteit of selfoonopvangs nie, die stilte is amper soos ’n gedruis in jou ore en jy is nader aan die sterre as wat jy nog ooit ervaar het.”

Dawid Raath van Peach Tree Productions het die video verfilm en geredigeer, terwyl haar akteur-vriendin, Adelheid Broom, die regie behartig het. Die stilering is deur Christel Steyn gedoen, en Shirley Keyser en Hayley Nel het gesorg dat sy op haar beste lyk in elke skoot.

Kate Rock het baie planne vir die toekoms en haar musiek gaan verseker ’n blywende impak op die samelewing hêen van die land ’n beter plek maak.

WILGERLIED is nou aanlyn beskikbaar. Laai dit hier af: https://music.apple.com/za/album/wilgerlied/1587302644?i=1587302645

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB, Andrew has worked full time in the film industry since the early 2000's. He has trained as an actor, completing his LAMDA Gold Medal, and attending many courses in Cape Town acting studios, with masterclasses with some of the international industries top directors, producers and filmmakers. Working as an actor and armourer in the film and television industry have given Andrew a great balance of skills across the board when it comes to the entertainment industry. Catch him on Twitter: twitter.com/andrewgerm_za Instagram: instagram.com/andrewgerm_za IMDb: www.imdb.com/name/nm5390453/