Gerduan Kemp Finally Releases Long-awaited Debut Album

The moment fans have been looking forward to for so long has finally arrived. Gerduan Kemp’s debut album, SESDE SINTUIG, is finally here and promises to satisfy even the most critical of ears.

According to the Pretoria based singer and songwriter, he has been working on this pop-rock album since 2019 and he is thankful to finally share it with fans. The content was inspired by events from his own life and represents his story so far.

“I chose the title because it is a good description of how I feel about music,” he explains. “I want listeners to be able to relate to my songs and find their own story and emotion in it. Most importantly, is that they should enjoy listening to it!”

This ten-track release contains the perfect combination of emotional and upbeat songs to captivate fans from start to finish. Gerduan wrote most of the album with Hugo Ludik and Nick Jordaan, but also worked with Riaan Benadé and Petrus van Wyk, and Johan Oberholzer and Emil Robert also made a valuable contribution.

“I only recently moved to Gauteng, and initially it was quite challenging to travel between Bloemfontein and Pretoria to record songs for the album”, he says. “We tried to make each song unique and different, and listeners can look forward to everything from acoustic to pop-rock and dance music.”

Because he has always felt that JOU TIPE JALOERS, which he co-wrote with Riaan Benadé, has the potential to be a great radio hit, he decided to release it with the album. This upbeat song invites you to sing and dance along and is about the positive impact that some problems in a relationship could have on a couple.

“It was inspired by a musician’s life and describes the jealousy that sometimes accompanies a relationship when work prevents a couple from seeing each other. It also describes how missing someone who is not with you can sometimes take over your mind and make you love that person even more.”

The musician, who has lived in the Bloemfontein for most of his life, believes that audiences of all ages will relate to this track and that it will immediately put them in a good mood. That is why he decided to also turn it into a music video.

Eric Graham produced the video, and it was filmed in a spacious, open-plan house in Pretoria. It shows the course of a relationship through the different times of the year and also directly depicts the life of a musician, who is rarely at home. “I enjoyed every moment of creating this music video and had the privilege of working with the famous actress, Kristen Raath (7de Laan), and the drummer, Pierre de la Porté. The idea of the video was taken directly from the song and emphasizes the message that true love can overcome anything,” he shares.

OU TIPE JALOERS is the third single from his new album and follows in the footsteps of Langpad Na Môre and Sesde Sintuig which were both well received and can still be heard on the radio. The music video of the titular track has also been viewed by more than 26 000 people on YouTube.

Gerduan, who has his own photography and videography business – GK Kreativ Productions – when he is not on stage, has been singing since he was a little boy and has been taking guitar lessons since he was eight. He only decided to pursue a career in music during his final year at university where he was busy completing his degree in Communications and Journalism. Since then, he has shared the stage with several big names and performed at numerous festivals and functions across the country.

Because he loves telling stories through music and photography, Gerduan enjoys producing music videos for other artists. He also plans on resuming his life performances as soon as restrictions are lifted.

SESDE SINTUIG and JOU TIPE JALOERS is now available on all digital platforms. Get it here: https://GerduanKemp.lnk.to/SesdeSintuigMB

TRACKLIST

  • Langpad Na Môre
  • Tydelik
  • Sesde Sintuig
  • Ek Ken ’n Vreemdeling
  • Jou Tipe Jaloers
  • Al Die Woorde (ft. Tasha)
  • Vergewe My As Ek
  • Dagbreekdrome
  • Ek Ken ’n Vreemdeling (Symphony version)
  • Dagbreekdrome (Acoustic version)

Gerduan Kemp Se Lanverwagte Debuut-album “Sesde Sintuig” Is Uiteindelik Hier

Die oomblik waarna bewonderaars nou al so lank uitsien, het uiteindelik aangebreek. Gerduan Kemp se debuut-album, SESDE SINTUIG, is uiteindelik beskikbaar en beloof om selfs die mees kritiese oor tevrede te stel.

Volgens dié Pretoriaanse sanger en liedjieskrywer werk hy al sedert 2019 aan hierdie pop-rock album en is dit vir hom ’n groot droom wat waar word. Al die liedjies is geïnspireer deur gebeure uit sy lewe en vertel sy storie sover.

Die titel van die album is ’n goeie beskrywing van hoe ek oor musiek voel en dis hoekom ek daarop besluit het,” verduidelik hy. “Ek wil hê luisteraars moet met my liedjies kan vereenselwig en hulle eie storie en emosie daarin vind. Die belangrikste van alles, is dat hulle dit moet geniet!”

Hierdie tien-snit-vrystelling bevat die perfekte kombinasie emosiebelaaide én lekkerluister liedjies om jou te motiveer om dit van begin tot einde deur te luister. Gerduan het die grootste gedeelte van die album saam met Hugo Ludik en Nick Jordaan geskryf, maar hy het ook saam met Riaan Benadé en Petrus van Wyk gewerk en Johan Oberholzer en Emil Robert het ook ’n waardevolle bydrae gemaak.

Ek het eers onlangs na Gauteng verhuis en dit was nogal ’n uitdaging aan die begin om tussen Bloemfontein en Pretoria te reis om opnames te doen,” vertel hy. “Ons het probeer om elke liedjie uniek te maak en die styl verskil van snit-tot-snit. Luisteraars kan uitsien na alles, van akoesties tot pop-rock en dansmusiek.”

Omdat hy nog altyd geglo het dat JOU TIPE JALOERS, wat hy saam met Riaan Benadé geskryf het, die potensiaal het om ’n radiotreffer te wees, het hy besluit om dit saam met sy album vry te stel. Dit is ’n opgewekte liedjie, wat jou uitnooi om saam te sing en dans, en gaan oor die positiewe impak wat party probleme in ’n verhouding op ’n paartjie kan hê.

Dit is geïnspireer deur ’n musikant se lewe en beskryf die jaloesie wat soms gepaard gaan met ’n verhouding waarin werk verhoed dat ’n paartjie mekaar baie sien. Dit beskryf ook hoe die verlange na iemand, wat nie by jou is nie, soms jou gedagtes kan oorneem en jou nog meer lief kan maak vir daardie persoon.”

Die musikant, wat byna sy hele lewe lank in die Vrystaat gewoon het, meen dat oud en jonk by hierdie snit sal aanklank vind en dat dit hulle sommer dadelik in ’n goeie bui sal sit. Daarom het hy besluit om ook ’n musiekvideo daarvan te maak.

Eric Graham het die video vervaardig en dit is in ’n ruim, oopplanhuis in Pretoria verfilm. Die video wys die verloop van ’n verhouding deur die verskillende tye van die jaar en beeld ook die lewe van ’n musikant, wat min by die huis is, direk uit. “Ek het elke oomblik daarvan geniet om die musiekvideo te skiet en het die voorreg gehad om saam met die bekende aktrise, Kristen Raath (7de Laan), en die dromspeler, Pierre de la Porté, te werk. Die idee van die video is direk uit die liedjie gevat en beklemtoon die boodskap dat ware liefde altyd sal seëvier,” deel hy.

JOU TIPE JALOERS is die derde enkelsnit vanaf sy nuwe album en volg in die voetspore van Langpad Na Môre en Sesde Sintuig wat beide uitstekend ontvang is en steeds op radiostasies regoor die land gehoor kan word. Die hoendervleismooi musiekvideo van die titelsnit is ook reeds deur meer as 26 000 mense op YouTube gekyk.

Gerduan, wat sy eie foto- en videografiebesigheid – GK Kreativ Productions – bestuur wanneer hy nie op die verhoog is nie, sing al vandat hy klein is en het in graad twee begin kitaarlesse neem. Hy het egter eers in sy finale jaar op universiteit, waar hy besig was om Kommunikasiemedia en Joernalistiek te studeer, besluit om ’n voltydse loopbaan van musiek te maak. Sedertdien het hy al die verhoog met verskeie groot name gedeel en by talle feeste en funksies opgetree.

Omdat hy so baie daarvan hou om stories vertel deur sy kuns, hetsy musiek of fotografie, geniet Gerduan dit vreeslik om vir ander kunstenaars musiekvideo’s te vervaardig. Hy beplan ook om binnekort sy optredes te hervat sodra inperking dit toelaat.

Die album, SESDE SINTUIG is nou aanlyn op alle digitale platforms beskikbaar. Laai dit hier af: https://GerduanKemp.lnk.to/SesdeSintuigMB

LYS VAN SNITTE

  • Langpad Na Môre
  • Tydelik
  • Sesde Sintuig
  • Ek Ken ’n Vreemdeling
  • Jou Tipe Jaloers
  • Al Die Woorde (saam met Tasha)
  • Vergewe My As Ek
  • Dagbreekdrome
  • Ek Ken ’n Vreemdeling (Simfonie-weergawe)
  • Dagbreekdrome (Akoestiese weergawe)
Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb