Herman Kleinhans Sings Theme Song Once Again For “Alles Malan”

Herman Kleinhans is a Ghoema acclaimed musician best-known as the 2015-winner of the Afri-Visie Songwriting Competition and as a member of the group, TWEE.  

In 2020 he released two hit songs, Vliegtuig and Dankie that can still be heard on various radio stations across the country.

Now this versatile singer-songwriter is back in the spotlight with the release of his latest single, HAAL ’N BIETJIE ASEM, which is also the theme song of the popular kykNET series, Alles Malan. The second season of this gripping show is expected to start airing at the end of November 2021.

According to Kleinhans, who was commissioned to write the song for the series, it boasts a universal theme and catchy tune that stays with you long after hearing it for the first time. “In life, we often encounter problems and heartache, but it is easier to deal with when you have the right people in your corner,” he explains. “The Malan-family in ‘Alles Malan’ is the perfect example. As long as there is unity, nothing can subdue you.”

He feels very privileged to be part of this project and considers it as one of the biggest highlights of his career so far.

“It is such an honour that Corné and René van Rooyen approached me to be part of such a remarkable series. Once I read the script, the rest happened very spontaneously,” shares the singer.

The song was produced by Vonk Musiek’s Tertius Human at Coolerbox Brothers Studio and is the third release from his album, Ruite Oop, which is available online at: https://lnk.to/081txIZY.

“We have always been impressed with TWEE’s sound. Herman has a way of resonating and evoking emotion with listeners. It inspired us and was the feeling we wanted to exploit in ‘Alles Malan’”, says producer René van Rooyen about their choice to approach him about the theme song.

According to René, fans can look forward to even more trials for the Malan family in the next season of this popular series. “Nico and Lee-Anne are expecting a baby, while Frik is struggling with Malan Transport and Tessa’s career is flourishing. Brenda tries to enter the business world, while Elani has to choose between Johan and a new man in her life. Freek falls in love with the school’s most popular girl but must first save her from a dangerous matric boy,” she shares. “We are exploring how the role of males in modern Afrikaans families are changing.”

HAAL ’N BIETJIE ASEM is also complemented by a music video that shows different families, from across the country, gathering in their living rooms to watch Alles Malan; with Herman wandering through each living room.

“The idea was to show different living rooms where ‘Alles Malan’ is being watched, but without walls to give the idea that people allow the series into their lives, just like the viewer is allowed into the Malans’ world when watching the story,” explains producer Megan Gannon. “We also had to create a system that shows the same episode on each television in the video to make it look like everyone is watching the episode together.”

It was filmed at Atlantic Studios in the Cape by a cameraman on rollerblades. Director Pierre-Arnold Theron of DPK Productions came up with the concept and headed up the project.

Download the single here: https://lnk.to/081txIZY


Herman Kleinhans Sing Weer Die Gewilde Temalied Vir “Alles Malan”

Herman Kleinhans is ’n Ghoema-bekroonde musikant wat aanvanklik bekendheid verwerf het as Afri-Visie-wenner en vir sy betrokkenheid by die groep, TWEE.

In 2020 het hy die enkelsnitte, Vliegtuig en Dankie, vrygestel wat vandag nog gereeld oor radiostasies landswyd gespeel word.

Nou is dié veelsydige musikant terug in die kollig met die vrystelling van sy nuutste enkelsnit, HAAL ’N BIETJIE ASEM, wat ook die temalied is van die gewilde kykNET-reeks, Alles Malan, wat einde November 2021 weer op die kassie te sien is.

Volgens Kleinhans, wat dié liedjie spesiaal vir die reeks geskryf het, is die tema universeel en spog dit met ’n lekkerluister-deuntjie wat jou dadelik intrek. “Die lewe dikwels vol haakplekke en seer, maar dit raak makliker wanneer jy saam met jou mense staan,” verduidelik hy. Die Malans van ‘Alles Malan’ is ’n goeie voorbeeld hiervan. Solank daar eenheid is, kan niemand jou onderkry nie,” sê hy.

Dit was vir hom ’n groot voorreg om deur Corné en René van Rooyen genader te word vir hierdie projek en hy beskou dit as ’n groot mylpaal in sy loopbaan om deel te wees van ’n reeks wat al soveel rekords gebreek het.

Net om genader te word, was reeds ’n groot veer in my hoed. Nadat ek die draaiboek gelees het, het die res vanself gebeur,” verklap hy.

Die liedjie is deur Tertius Human van Vonk Musiek by Coolerbox Brothers Studio vervaardig en is die derde enkelsnitvrystelling vanaf sy album, Ruite Oop, wat aanlyn beskikbaar is by: https://lnk.to/081txIZY. Dit is saam met sy eie toepassing, ShareTime, uitgereik.

TWEE het die Afri-Visie-kompetisie gewen. Van die staanspoor af, was ons mal oor hulle klank. Herman het ’n manier om met jou menswees te resoneer en ’n diep gegronde emosie binne jou te ontlok. Dit het ons geïnspireer en was die gevoel wat ons in ‘Alles Malan’ wou ontgin”, sê vervaardiger René van Rooyen oor hulle keuse om hom te nader oor die temalied.

Volgens René, kan kykers uitsien na nog meer beproewinge vir die Malan-familie in die volgende seisoen van dié gewilde program. “Nico en Lee-Anne gaan ’n baba hê, terwyl Frik sukkel met Malan Vervoer en Tessa se werk floreer. Brenda probeer die besigheidswêreld betree, terwyl Elani in haar liefde tussen Johan en ’n nuwe man moet kies. Freek raak smoorverlief op die skool se gewildste meisie, maar moet haar eers uit die kloue van ’n gevaarlike matriekseun red,” deel sy. “So ons ondersoek die veranderende manlike rol in baie moderne Afrikaanse gesinne.”

HAAL ’N BIETJIE ASEM word ook gekomplementeer deur ’n musiekvideo wat wys hoe verskillende gesinne en enkellopendes in hulle sitkamers saamkom om Alles Malan te kyk en Herman loop onopsigtelik deur elkeen se sitkamer.

Die idee was om verskillende sitkamers te wys waar ‘Alles Malan’ gekyk word, maar sonder mure om die idee te gee dat mense dié reeks in hulle binnekamers toelaat, net soos wat die kykers in die Malans se wêreld en verhoudings toegelaat word wanneer hulle die storie kyk,” verduidelik vervaardiger Megan Gannon. “Ons het ook ’n sisteem gebou sodat al die televisies dieselfde episode uitsaai om dit te laat lyk asof almal regoor die land saam kyk.”

Dis is in Atlantic Studios in die Kaap verfilm deur ’n kameraman op rolskaatse. Pierre-Arnold Theron van DPK Produksies het die konsep en regie behartig en was ook mede-vervaardiger.

Laai die lied hier af: https://lnk.to/081txIZY

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb