Gerduan Kemp And Tasha Focus On The Importance Of Promises In New Duet

With a debut album that has been streamed more than 200 000 times since September 2021, the talented singer and songwriter, Gerduan Kemp, definitely needs no introduction in Afrikaans music circles.

Now the Pretorian is back in the spotlight with a moving duet with popular Die Kontrak contestant, Tasha.

AL DIE WOORDE is the fourth original single from his debut album, Sesde Sintuig, and is an Afrikaans pop song about the promises a couple makes when they get married.

“I wrote the song with Hugo Ludik and Nick Jordaan, and we chose the theme because promises play such an important role in a relationship, even if it’s something we seldom talk about,” he explains. “The inspiration only really hit me when I realized how powerful promises can be. We focused specifically on wedding vows and how couples are able to hold on to them when faced with difficult times.”

According to Gerduan, it has always been the plan to include a duet with a unique sound on his first album. He has been an admirer of Tasha’s music for a long time and immediately knew that their voices would be the perfect combination for this song. After contacting her on Facebook, she agreed to work with him, and the rest is history.

“I was looking for someone with a nice voice, who would complement mine and our voices fit perfectly,” he says. “Tasha is an incredible musician and impressed me from the get-go. We also had a lot of fun together and I’m glad we were able to work together.”

A music video of this duet is now available online. It was filmed in the Cape (Paarl and Koggel Bay) by Leon Barnardt and edited by Gerduan himself. “What makes the video different is that it was not planned in formal music video fashion. We just wanted to have fun and capture it on camera. The well-known TikTok star, Mel Die Storie Verteller, was also there to provide some input and we simply chose clothes from our trunks for each scene,” the musician shares.

Tasha agrees that the entire process was a lot of fun and that she really enjoyed working with Gerduan. “It was a lot of fun, everything happened very naturally, and we laughed a lot. Aside from shooting the video, I enjoyed hearing the final version of the song most,” she says. 

AL DIE WOORDE follows in the footsteps of Jou Tipe Jaloers, which has been very well received and can still be heard on the radio. Langpad Na Môre and Sesde Sintuig were also very popular when they were released and the latter’s music video has also been viewed by more than 27 000 people on YouTube.

Gerduan, who has his own photography and videography business – GK Kreativ Productions – when he is not on stage, has been singing since he was a little boy and has been taking guitar lessons since he was eight. He only decided to pursue a career in music during his final year at university where he was busy completing his degree in Communications and Journalism. Since then, he has shared the stage with several big names and performed at numerous festivals and functions across the country.

He is currently busy working on new music and plans on releasing a new song by the end of the year and touring the country with his current songs.

Tasha is best-known as a participant in the reality show, Die Kontrak, where she finished in sixth place. Since then, she has appeared as a guest on various television programs and participated in numerous major Afrikaans music festivals, including Afrikaans is Groot.

The twenty-three-year-old Pretorian was born in Middelburg and has always been passionate about music. She is currently studying Psychology and English Literature and plans on releasing a lot more music in the future.

AL DIE WOORDE has a refreshingly modern approach and is easy to listen to. It is available on his album. Download it here: https://GerduanKemp.lnk.to/SesdeSintuigMB


Gerduan Kemp En Tasha Plaas Beloftes Onder Die Vergrootglas In Nuwe Duet

Met ’n debuut-album wat sedert September 2021 meer as 200 000 keer aanlyn gestroom is, het die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Gerduan Kemp, beslis nie meer bekendstelling nodig in Afrikaanse musiekkringe nie.

Nou is dié Pretorianer terug in die kollig met ’n aangrypende duet wat hy saam met die Die Kontrak-deelnemer, Tasha, opgeneem het.

AL DIE WOORDE is die vierde oorspronklike enkelsnit vanaf sy debuut-album, Sesde Sintuig, en is ’n Afrikaanse popliedjie wat gaan oor die beloftes wat jy maak wanneer jy trou.

Ek het die liedjie saam met Hugo Ludik en Nick Jordaan geskryf en ons het die tema gekies omdat beloftes so ’n belangrike rol speel in ’n verhouding, al is dit iets waaroor ’n mens nie baie praat nie,” verduidelik hy. “Die inspirasie het my eers regtig getref toe ek besef hoeveel krag daar agter beloftes lê. Ons het spesifiek op troubeloftes gefokus en hoe ’n mens daaraan moet vashou wanneer jou huwelik deur ’n moeilike tyd gaan.”

Volgens Gerduan, was dit van die begin af sy plan om ’n duet met ’n unieke klank op sy eerste album in te sluit. Hy is al lankal ’n bewonderaar van Tasha se stem en musiek en het dadelik geweet dat hulle stemme perfek sou saamwerk om lewe te gee aan hierdie besonderse liedjie. Nadat hy haar op Facebook gekontak het, het sy ingestem om saam met hom te werk en die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

Ek het iemand gesoek met ’n mooi stem, wat myne sou komplementeer en ons stemme het perfek gepas,” sê hy. “Tasha is ’n ongelooflike musikant en het my uit die staanspoor baie beïndruk. Ons het ook baie pret saam gehad en ek is bly dat ons op die ou einde so lekker kon saamwerk.”

’n Musiekvideo van dié duet is ook nou op die kassie en aanlyn te sien. Dit is in die Kaap (Paarl en Koggelbaai) deur Leon Barnardt verfilm in en deur Gerduan self aanmekaar gesit. “Wat die video anders maak, is dat dit nie in formele musiekvideo-styl beplan is nie. Ons wou net pret hê en dit op kamera vasvang. Die bekende TikTok-ster, Mel Die Storie Verteller, was ook daar om ’n paar insette te lewer en ons het sommer uit ons kattebakke klere gekies vir elke toneel,” deel die musikant.

Tasha beaam dat die hele proses baie pret was en dat sy dit vreeslik geniet het om saam met Gerduan te werk. “Dit was baie pret en alles het baie natuurlike gebeur en ons het baie gelag. Buiten vir die video-opname, was dit vir my die lekkerste om die finale weergawe van die liedjie vir die eerste keer te hoor,” sê sy.

AL DIE WOORDE volg in die voetspore van Jou Tipe Jaloers wat baie goed ontvang is en steeds oor die radio gehoor kan word. Langpad Na Môre en Sesde Sintuig was ook baie gewild toe dit vrygestel is en laasgenoemde se musiekvideo is ook reeds deur meer as 27 000 mense op YouTube gekyk.

Gerduan, wat sy eie foto- en videografiebesigheid – GK Kreativ Productions – bestuur wanneer hy nie op die verhoog is nie, sing al vandat hy klein is en het in graad twee begin kitaarlesse neem. Hy het egter eers in sy finale jaar op universiteit, waar hy besig was om Kommunikasiemedia en Joernalistiek te studeer, besluit om ’n voltydse loopbaan van musiek te maak. Sedertdien het hy al die verhoog met verskeie groot name gedeel en by talle feeste en funksies opgetree.

Tans is hy besig om aan nuwe musiek te werk en beplan om voor die einde van die jaar nuwe musiek uit te bring en die land plat te toer met sy musiek.

Tasha is veral bekend vir haar deelname aan die realiteitsprogram, Die Kontrak, waarin sy sesde geëindig het. Sedertdien het sy al as gas op verskeie televisieprogramme verskyn en deelgeneem aan talle groot Afrikaanse musiekfeeste, waaronder Afrikaans is Groot.

Dié drie-en-twintigjarige Pretorianer is in Middelburg gebore en was nog altyd passievol oor musiek. Tans is sy besig met grade in Psigologie en Engelse Letterkunde en beplan sy om nog baie musiek te maak in die toekoms.

AL DIE WOORDE spog met ’n verfrissende moderne aanslag en is strelend op die oor. Dit is beskikbaar op sy album en kan hier afgelaai word: https://GerduanKemp.lnk.to/SesdeSintuigMB

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb