Bernice West Enters A New Season Of Her Career With New Single And Album

Bernice West, with her bubbly personality and exceptional musical talent, has taken the music industry by storm since being named runner-up in the reality series, Make My Famous, in 2019.

This twenty-one-year-old “darling of Afrikaans music” has already had several successful secular hits and is very excited to share JONA, the first single from her upcoming album, with fans.

Written by the Pretorian herself, the song was inspired by a well-known biblical story. “Sometimes we are afraid to live out our true calling. When we try and avoid this calling by choosing our own path, we get lost and can only find peace once we’ve accepted our calling,” she explains about the meaning behind the track. “Jonah’s story is close to my heart, because it is not always easy to live out your calling, but there is comfort in knowing that you’re on the right track.”

Robin Keilly produced this upbeat song, which combines elements of pop, alternative and eighties music, and will resonate with a wide audience.

The song is also accompanied by a performance video, which was filmed in Magoebaskloof by Fokkid Media’s Daniel Rademeyer and Jannes Erasmus and includes hidden elements that refer to Jonah in The Bible.

“Sometimes it is not necessary to overthink the concept and who knows, you might even see a whale in the water,” says the singer. “The best part of this experience was spending time with amazing people who made me laugh.”

Bernice grew up in Swartruggens and started singing and entertaining when she was small.

She made her debut in the Afrikaans music industry in 2019 after ending in second place in Emo Adams’ reality program, Maak My Famous, and has only gone from strength-to-strength.

At the age of nineteen she was invited to sing the South African National Anthem before the test match between the Springboks and Argentina.

Since then, she released a successful album, Net Geleen, as well as several number one hits, including Sonop-Blom (number 1 on Apple Music’s charts for ten months) and Die Hart. Her music videos have also been streamed more than fourteen million times on YouTube.

In addition to being nominated for several Aitsa Music Awards, Bernice is also the youngest Afrikaans artist ever to be nominated for a SAMA.

“I am blessed to have been able to launch my music career during lockdown and to have my second album on the way. It is a privilege to have a music career and being able to learn so much from the people who support it,” she shares.

According to the musician, who enjoys a wide variety of music, Twenty One Pilots has had the biggest influence on her own style and she would love to collaborate with the likes of Spoegwolf, Karen Zoid, Early B, Francois van Coke, Elandré, Tarryn Lamb and Die Heuwels Fantasties someday.  

The music industry has taught her to be patient and to go with the flow. The artist is currently busy writing new music, recording her second album and planning shows. She will also be featuring in the musical, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel, which opens in May 2022.

Bernice wants to touch people’s hearts with her music, and with JONA’s raw approach and meaningful lyrics, she is well on her way of doing so.

The song is available on all platforms. Download it here: https://bernicewest.lnk.to/JonaSingle


‘N Nuwe Seison Breek Vir Bernice West Aan Met Tweede Album

Bernice West, met haar borrelende persoonlikheid en uitsonderlike musiektalent, het die musiekbedryf stormgeloop sedert sy in 2019 as naaswenner aangewys is van die realiteitsreeks, Maak My Famous.

Dié een-en-twintig-jarige “lieflingkind van Afrikaanse musiek” het reeds ’n rits sekulêre treffers agter haar naam en is baie opgewonde om nou, JONA, die eerste radiovrystelling vanaf haar komende album (met dieselfde naam) met die publiek en aanhangers te deel.

Hierdie nuwe enkelsnit, uit die Pretorianer se eie pen, is geïnspireer deur ’n bekende Bybelse verhaal. “Baiekeer het jy ’n ‘calling’ of ’n daad wat op jou hart druk, maar wat jy bang is om uit te voer… soms kies jy dan jou eie paadjie, ten spyte van dit wat God jou voor geroep het, en dan sluk die walvis van die lewe jou in. Die dag wat jy vrede maak met jou calling, kry jy ook vrede in jou hart,” verduidelik sy oor die betekenis agter die snit. “Jona se verhaal lê my juis na aan die hart, omdat dit nie maklik is om altyd jou roeping uit te leef nie, maar jy vind wel vrede in die wete dat jy besig is om die regte ding te doen.”

Robin Keilly was die vervaardiger van hierdie titelsnit – wat elemente van pop, alternatiewe- en tagtigs-musiek kombineer – en sal aanklank vind by ’n wye gehoor.

Hierdie splinternuwe snit word vrygestel met ’n unieke ‘performance’ musiekvideo. Dit is in Magoebaskloof verfilm deur Daniel Rademeyer en Jannes Erasmus van Fokkid Media en bevat hier en daar elemente wat na Jona in Die Bybel verwys.

Soms het jy nie nodig om ’n konsep te oordink nie en wie weet, dalk sien jy ’n walvis in die water,” sê die sangeres. “Die lekkerste deel van die opname was om tyd te spandeer saam met ongelooflike mense wat my baie laat lag.”

Bernice het in Swartruggens grootgeword en is al van kleins af mal daaroor om te sing en te perform.

Haar musiekloopbaan het in 2019 amptelik afgeskop met haar deelname aan Emo Adams se program, Maak My Famous, en sy het nog net van krag-tot-krag gegaan.

Op die ouderdom van negentien het sy Suid-Afrika verteenwoordig deur die nasionale Volkslied te sing voor die toetswedstryd tussen die Springbokke en Argentinië.

Sedertdien het sy al ’n suksesvolle album, Net Geleen, en verskeie nommer een-trefferliedjies, waaronder Sonop-Blom (wat vir tien maande nommer 1 op Apple Music se ranglys was) en Die Hart, vrygestel. Haar musiekvideo’s is ook al meer as 14-miljoen keer gestroom op YouTube.

Buiten vir talle Aitsa-musiektoekenningbenoemings, is Bernice ook die jongste Afrikaanse sanger wat nog ooit vir ’n SAMA genomineer is.

Die feit dat ek deur Covid ’n loopbaan kon begin en vandag op die voorstoep van ’n tweede album kan staan, is ’n groot hoogtepunt. Dit is ’n voorreg om ’n musiekloopbaan te hê en soveel by die mense te leer wat dit ondersteun,” deel sy.

Bernice het ’n wye musieksmaak en sê Twenty One Pilots het die grootste invloed gehad op haar eie musiekstyl en dat sy nog graag eendag saam met plaaslike name soos Spoegwolf, Karen Zoid, Early B, Francois van Coke, Elandré, Tarryn Lamb en Die Heuwels Fantasties wil werk.

Sy het geleer om elke dag te vat soos dit kom. Tans is sy besig om nuwe musiek te skryf, opnames te doen vir haar tweede album en optredes te beplan. Sy is ook binnekort te sien Die Gelofte: ’n Musiekblyspel, wat vanaf 6 Mei by die AfriForum Teater op die planke is.

Bernice wil graag mense se harte raak met haar musiek, en met JONA se rou aanslag en betekenisvolle lirieke gaan sy dit beslis regkry.

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://bernicewest.lnk.to/JonaSingle

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb