Debut Single The Start Of A Musical Legacy

Most people want to make their mark on the world and leave a lasting legacy. This desire to leave behind something meaningful is the inspiration for Jaid River’s debut single, DUISEND JAAR VAN NOU.

The adult contemporary track, penned by the young singer-songwriter and produced by Gideon Botes, was initially written in response to Jaid’s move to the city when she was eighteen. “I wrote this song within a few months of moving to Pretoria from George. I suddenly had this whole new world in front of me, and I wanted to capture that stage of my life,” she explains. “At eighteen I so badly wanted to make a difference.”

Over the past few years, however, the song has started to take on a different meaning for Jaid. “It started with the idea of leaving a legacy – what can I do that will make people remember me – but I have since realised that making your mark on the world is more about who you are than what you do. It is about making peace with where you are and knowing that who you are is enough.”

The single, she says, touches on issues such as being on your own for the first time in a city full of strangers, trying to figure out who you are and who you want to be, and ultimately embracing your journey and the people you meet along the way – all universal topics that will resonate with listeners.

While Jaid has been performing for several years, DUISEND JAAR VAN NOU is her first original release and the first single off her debut album, which is due for release later this year/early next year.

The single will be complemented by a music video, which was shot at the Big Red Barn in Gauteng, with the support of GP van der Merwe (videographer), Xander van den Berg (photographer) and Megan du Preez (stylist).

“Because the lyrics are deep and meaningful, I wanted the video to be quite simplistic,” Jaid says of the concept. “The woods in the video represent the unknown. It starts with me staring at the woods, scared and reluctant to enter and leave the open and familiar spaces behind. As the song progresses, my courage grows until I finally decide to run into the woods and embrace it.”

Jaid, whose real name is Jeanlie Minnie, was born in Potchefstroom and raised in George. She has three younger sisters, which is where her stage name stems from – Jaid is an acronym of their names, while River represents constant flow. “For me, my stage name represents unity. I would never have been able to go on this incredible journey without my family’s support. It also reminds me that we are always changing, shaped by our experiences and the people around us. This is perfectly captured in the saying ‘you can’t step in the same river twice’.”    

The young singer-songwriter started performing in 2016, at the age of seventeen, initially playing at markets and restaurants. That same year she had the opportunity to perform at the Karoo Stilfees alongside artists such as Joshua Na Die Reën, Lizandra Winter, Len Muller, and Jaco Van Der Merwe, where she forged close friendships.

Before pursuing her Diploma in Music at Tshwane University of Technology in 2018, Jaid spent a year learning the ropes from Lizandra Winter and Joshua Na Die Reën. “I will forever be grateful to them for giving me those opportunities. They have greatly influenced not only how I write, but also how I approach the industry. There are many opinions about who and what one should be, and I count myself incredibly lucky to have had mentors like them.”

Having obtained her diploma in 2021, Jaid’s focus has since shifted to her music career.

Jaid enjoys collaborating with other artists, a passion she was able to pursue as one of twelve finalists in Jannie Du Toit’s Nuwe Baadjie competition earlier this year. “I was amazed by the talented people who took part in the workshop, many of whom I now call friends. I look forward to working with all of them again.”  

Following the release of DUISEND JAAR VAN NOU and her debut album, the 23-year-old is looking forward to working with others – her wish list includes Deon Meiring, Almero, Joshua Na Die Reën, Thys Nortje, Jaco Smit, Leon Gropp, Liani Reynolds, en Jaco Van Der Merwe (Bittereinder – performing more shows, and touring the country.

Lauren McAfee said, “The joy in our life is not found in what we have or in worldly comforts, but in who we are.” Jaid’s debut single perfectly captures this notion and, by making meaningful music, this talented young artist is sure to leave a legacy. 

The song is nou available on all digital platforms. Download it here:
distrokid.com/hyperfollow/jaidriver/duisend-jaar-van-nou


Debuut-enkelsnit, Die Begin Van ‘n Opwindende Musiekloopbaan

Die meeste musikante wil graag ’n blywende impak maak op die wêreld met hulle musiek. ’n Behoeftes om iets betekenisvol na te laat, was die inspirasie agter Jaid River se debuut-enkelsnit, DUISEND JAAR VAN NOU.

Hierdie volwasse kontemporêre snit, wat deur die sangeres self geskryf en deur Gideon Botes vervaardig is, is oorspronklik geskep nadat Jaid op die ouderdom van agtien stad toe getrek het. “Ek het die liedjie ’n paar maande geskryf nadat ek van George na Pretoria verhuis het. Skielik was daar ’n hele nuwe wêreId rondom my om te ontdek en ek wou dit op die verhoog vasvang,” sê sy. “Op agtien wou ek graag ’n verskil maak in die wêreld.”

Oor die afgelope paar jaar, het dié liedjie egter vir Jaid nog meer betekenis gekry. “Dit het begin met die idee dat ek graag iets wil nalaat – wat kan ek doen wat mense sal onthou – maar sedertdien het ek besef dat om jou merk op die wêreld te maak meer gaan oor wie jy is as wat jy doen. Dit gaan daaroor om vrede te maak met jouself en te weet dat jy genoeg is.”

Die enkelsnit, sê sy, gaan daaroor om jouself alleen te bevind in ’n vreemde stad en om te probeer uitpluis wie jy is en wie jy wil wees. Verder gaan dit daaroor om die reis te geniet en die mense te waardeer wat jy op jou pad ontmoet.

Alhoewel Jaid al vir ’n hele paar jaar optree, is DUISEND JAAR VAN NOU haar eerste oorspronklike vrystelling en ook die eerste snit vanaf haar debuut-album wat binne die volgende paar maande uitgereik word.

’n Pragtige musiekvideo, wat spesiaal verfilm is by Big Red Barn in Gauteng met die hulp van GP van der Merwe (videograaf), Xander van den Berg (fotograaf) en Megan du Preez (stilis), om die snit te komplementeer, is ook nou beskikbaar.

Omdat die lirieke baie betekenisvol is, wou ek die video eenvoudig hou,” sê Jaid oor die konsep daaragter. “Die woud in die video verteenwoordig die onbekende. Ons begin buite die woud waar ek net daarna kyk en eintlik te bang is om te naby te gaan en dit wat bekend en oop is te verlaat. Soos wat die liedjie bou, ontwikkel die video verder tot waar ek op die ou end die woud in hardloop en besluit om ’n kans te vat en die beste daarvan te maak.”

Jaid, wie se regte naam Jeanlie Minnie is, is in Potchefstroom gebore en het in George grootgeword. Sy het drie jonger susters, wat ook die inspirasie is agter haar verhoognaam – Jaid is ’n afkorting van die beginletters van hulle name, terwyl River konstante vloei verteenwoordig. “Vir my verteenwoordig my verhoognaam eenheid. Ek sou nooit hierdie ongelooflike reis kon onderneem sonder my familie se ondersteuning nie. Dit herinner my ook daaraan dat dinge altyd besig is om te verander en dat dit, tesame met die mense wat ons ontmoet, help om ons te vorm in die mense wat ons is. Dit word perfek vasgevang in die gesegde wat sê dat jy nie twee keer in dieselfde water kan loop nie.”

Die jong sanger en liedjieskrywer het in 2016 (op die ouderdom van sewentien) by restaurante en markte begin optree. In dieselfde jaar, het sy die geleentheid gekry om by die Karoo Stilfees op te tree saam met kunstenaars soos Joshua Na Die Reën, Lizandra Winter, Len Muller, en Jaco Van Der Merwe, en blywende vriendskappe is gevorm.

Voordat sy haar diploma in musiek verwerf het aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie in 2018, het sy meer oor die musiekbedryf geleer onder leiding van Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën. “Ek sal altyd dankbaar wees vir die geleentheid wat hulle my gegee het. Nie net het hulle ’n invloed gehad op my musiekstyl nie, maar ook op die manier waarop ek die bedryf benader. Daar is baie opinies in die bedryf oor wie jy moet wees, en ek dank my sterre dat hulle my mentors is.”

Nadat sy haar diploma in 2021 verwerf het, het Jaid in alle erns op haar musiekloopbaan begin fokus.

Sy geniet dit baie om saam met ander kunstenaars te werk en was ’n finalis in Jannie du Toit se Nuwe Baadjie-kompetisie vroeër vanjaar. “Ek was verstom oor die talentvolle mense wat aan die werkswinkel deelgeneem het, en baie van hulle is nou ook my vriende. Ek sien uit daarna om weer saam met hulle te werk in die toekoms.”

Nadat die vrystelling van DUISEND JAAR VAN NOU en haar debuut-album, wil dié 23-jarige nog saam met baie musikante werk, waaronder Deon Meiring, Almero, Joshua Na Die Reën, Thys Nortje, Jaco Smit, Leon Gropp, Liani Reynolds, en Jaco Van Der Merwe (Bittereinder), asook meer optredes doen en deur die land toer.

Lauren McAfee het gesê: “Geluk lê nie in materiële dinge nie, maar in wie jy is.” Jaid se debuut-enkelsnit vang hierdie gedagte perfek was en met haar betekenisvolle musiek gaan sy nog diep spore laat in die plaaslike musiekbedryf.

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af:
distrokid.com/hyperfollow/jaidriver/duisend-jaar-van-nou

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb