Legkaart Goes Back In Time With New Single

When achieving major success in the music industry with your first two singles, it is only normal to follow it up with something even more impressive.

Which is exactly what South Africa’s favourite new duo, Legkaart, did with the release of their latest single, TERUG IN TYD

The track, described by them as their “most alternative song to date” was written by lead singer. Anrich Gericke. It is about the feeling you get of time standing still when seeing a specific person.

TERUG IN TYD follows the main character through various times in his life where someone made time stand still,” they explain about the idea behind the song that was produced Johnny de Rider (Die Heuwels Fantasties and Fokofpolisiekar). “The style differs from anything that is currently available in the Afrikaans industry, and we believe that listeners will enjoy its fresh sound.”

Gerduan Kemp from Gerduan Kemp Photo & Film filmed the music video on various locations in the Cape and was also responsible for the concept and production of the video.

“It follows the main character through his memories of the past while trying to determine what went wrong between him and the person who often bring his life to a halt,” the pair shares. “The video is mostly presented in reverse to complement the theme of going back in time and the performance shots were shot on an empty tennis court in Durbanville.”

TERUG IN TYD follows in the footsteps of Wentelbaan and Ek Is Daar, which both performed well on local charts and were featured on three television programs.

Legkaart, consisting of Anrich Gericke en Werner van der Merwe, comes from Durbanville in the Western Cape. Because they believe that each member, chord and lyric are pieces of a bigger puzzle, they agreed that Legkaart would be the perfect name when starting out in 2020.

The duo met when they were members of their dorm’s serenade group. Hippokrates. They decided to join forces after things with their previous bands did not work out as planned.

Anrich entered Die Kontrak in 2022 as Demi Lee’s choice and is currently a fifth-year medical student.

Werner is the group’s lead guitarist and studied physiotherapy until he decided to join his family’s perfume company. He is also working on his pilot’s license.

The group still has a lot of dreams and aspirations and is currently working on a new song and video that will be available early next year.

TERUG IN TYD is one of those songs that gets you excited about what the duo has planned for the future.

It is now available on all digital platforms. Download it here: Legkaart.lnk.to/TerugInTydMB


Legkaart Gaan “Terug In Tyd” Met Nuwe Enkelsnit

Wanneer jou twee eerste enkelsnitte die musiekbedryf laat gons, is dit voorwaar ’n goeie idee om dit op te volg met iets wat nog meer aandag gaan trek.

Dit is presies wat Suid-Afrika se gunsteling nuwe duo, Legkaart, regkry met die uitreiking van hulle nuutste enkelsnit, TERUG IN TYD.

Dié snit, wat hulle beskryf as hulle “mees alternatiewe liedjie sover” kom uit die pen van hoofsanger, Anrich Gericke. Dit gaan oor die gevoel van tyd wat stilstaan wanneer jy ’n spesifieke persoon sien.

TERUG IN TYD volg ’n hoofkarakter deur verskeie tydperke in sy lewe waar iemand die wêreld rondom hom tot stilstand bring,” verduidelik hulle oor die lied wat deur Johnny de Rider van Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar vervaardig is. Die styl is heelwat anders as enigiets wat op die oomblik op Afrikaanse radio speel. Ons glo die luisteraars sal dit as ’n ‘vars briesie’ ervaar.”

’n Puik musiekvideo van die snit is op verskeie plekke in die Kaap deur Gerduan Kemp van Gerduan Kemp Photo & Film verfilm en hy was ook verantwoordelik vir die konsep en vervaardiging daarvan.

Die video volg ’n hoofkarakter wat deur sy herinneringe ‘terug in tyd’ gaan om te besin oor wat skeefgeloop het tussen hom en die persoon wat sy wêreld gereeld laat voel asof dit stilstaan,” verklap die paar. “Die video speel meestal agteruit om by die tema van ‘terug in tyd’ te pas. Die optrede gedeelte is verfilm op ’n verlate tennisbaan in Durbanville.”

TERUG IN TYD volg in die voetspore van Wentelbaan en Ek Is Daar wat beide goed gevaar het op plaaslike treffersparades en ook speeltyd gekry het op drie televisieprogramme.

Legkaart, wat bestaan uit Anrich Gericke en Werner van der Merwe, is ’n musiekgroep van Durbanville in die Kaap. Omdat hulle glo dat elke groeplid, liriek en melodie bydra tot wie hulle in geheel is, het hulle gedink dat dié naam baie gepas sou wees toe hulle in 2020 saam begin musiek maak het.

Dié duo het ontmoet toe hulle deel was van die Hippokrates-serenadegroep in die koshuis. Aanvanklik was albei deel van ander groepe, maar het later begin saam musiek maak toe dit nie uitgewerk het nie.

Anrich het vanjaar aan Die Kontrak deelgeneem as Demi Lee se keuse en is ’n vyfde-jaar-mediese-student.

Werner is die groep se hoof kitaarspeler en het aanvanklik fisioterapie studeer. Deesdae is hy egter betrokke by sy familie se parfuumbesigheid en is hy besig om as vlieënier te kwalifiseer.

Die groep het nog baie drome en doelwitte en werk tans aan nog nuwe musiek en ’n video wat vroeg volgende jaar vrygestel word.

TERUG IN TYD val lekker op die oor en laat jou opgewonde uitsien na wat dié twee begaafde manne vir die toekoms beplan.

Dit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier: Legkaart.lnk.to/TerugInTydMB

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb