ONTLAAI (unwind), Ilán van Staden’s latest single, was written by Johan Vorster and David de Villiers. It has just been released on 3 February 2023 and is already spreading like wildfire. And now, the music video for this hit is here!
The video was filmed at Lubeksdal Lodge and was directed by Johan Vorster. David de Villiers, Dirk van Niekerk and Johan Vorster produced the video. Ilán, his Father (Michael), friends Revan Luus, CJ Woller and Zian Roux, all feature in this brand new video!
“It is a positive feel-good track, about how everyone needs to unwind sometimes,” he explains. “Sometimes you are under so much pressure that it becomes too much. This is when you need to stop, catch your breath and do what you love – like hunting, fishing and relaxing around the campfire. It is every man’s duty to guide his family, and I hope that this song will inspire everyone who hears it. ONTLAAI inspires unity and addresses issues that men often wonder, pray and talk about,” says Ilán.
Currently he is busy with physical training for his lead role in the upcoming musical, Die Kaplyn, about the border war. In addition to these preparations, he is also in the process of finalising his debut album and busy managing his own music school, Ilán’s Music Academy, which he started five years ago. Furthermore, he is also performing as much as possible and plans on touring the country during the course of the year.
The single is available for download. Get it here: https://ilanvanstaden.lnk.to/Ontlaai
Ilán van Staden Se Musiekvideo Vir Ontlaai Is Hier
ONTLAAI, Ilán van Staden se nuutste enkelsnitvrystelling, is uit die pen van Johan Vorster en David de Villiers. Die snit is op 3 Februarie 2023 vrygestel en is reeds baie goed deur talle radiostasies ontvang. En nou is die musiekvideo vir die treffer ook pas vrygestel!
Die video is by Lubeksdal Lodge geskiet en Johan Vorster het die regie behartig. David de Villiers, Dirk van Niekerk en Johan Vorster het die musiekvideo vervaardig. Ilán, sy Pa (Michael), vriende Revan Luus, CJ Woller en Zian Roux is almal in die video te sien.
“Dit is ’n positiewe goedvoel-liedjie, wat gaan oor hoe almal van ons een of ander vorm van ontlading nodig het,” verduidelik hy. “Soms is jy onder soveel druk dat dit te veel raak. Dit is dan wanneer jy moet stil raak, asem skep en doen waarvoor jy lief is – soos om te gaan jag, vis te vang, om die bosveldvuur te ontspan en te braai. Dit is elke man se roeping om ’n baken vir sy gesin te wees en hulle te lei en ek hoop dat hierdie liedjie elkeen wat dit hoor sal inspireer. ONTLAAI bring samehorigheid en raak onderwerpe aan waaroor mans al baie gewonder het, gebid het en gesels het om die bosveldvuur,” vertel Ilán.
Tans is hy besig met fiksheidsvoorbereiding vir ’n splinternuwe musiekblyspel oor die grensoorlog, Die Kaplyn, wat in April begin en waarin hy ook die hoofrol vertolk. Verder is hy ook in die proses om sy eerste album te finaliseer en bestuur hy sy musiekskool, Ilán’s Music Academy, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan. Intussen doen hy ook soveel optredes as moontlik en beplan hy om vanjaar die land plat te toer.
Die enkelsnit is beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier: https://ilanvanstaden.lnk.to/Ontlaai
