Thys Nortje Se Erste Enkelsnit “Skryf”

Nuweling Thys Nortje het pas sy eerste enkelsnit, getiteld ‘’Skryf’’ bekendgestel. ‘’Skryf’’ word beskryf as ‘n liefdesliedjie wat met ‘n kontemporêre gevoel wat folk klanke en Thys se digterlike skryfstyl kombineer.

Thys Nortje is ‘n opkomende kunstenaar met ‘n liefde vir musiek wat homself bekend gemaak het as “die ou met die kitaar”.

In ‘’Skryf’’ sing Thys oor ‘n paartjie wat verlore voel in die wêreld, maar hulle vind mekaar en loop saam die pad. Hy verwys na die woorde “So ek skryf jou naam teen my mure uit, hierdie mense dink dalk ons is mal, maar jy verstaan my”. Die liedjie is ‘n intieme en persoonlike uitdrukking van die liefde en verbondenheid tussen twee mense.

Thys is gebore in Pretoria, maar het grootgeword op ‘n plaas in die Vrystaat. Sy liefde vir musiek het begin toe hy graad 3 was en sy ma ‘n klavier vir sy sussie gekoop het. Hy het later self kitaar begin speel en sy eie liedjies begin skryf.

Na die voltooiing van sy hoërskooljare het Thys besluit om rekenaar-ingenieurswese te gaan studeer, maar sy passie vir musiek het hom nooit losgelaat nie. Hy het deelgeneem aan Die Nuwe Baadjie-kompetisie van Jannie du Toit, wat hom in kontak gebring het met die mense van Vonk Musiek. Dit het hom aangemoedig om sy musiekloopbaan meer ernstig op te neem, en hy het onlangs sy eerste EP, “Skryf”, opgeneem wat later bekend gestel gaan word.

Die Skryf EP is ‘n versameling van persoonlike liedjies wat Thys oor die jare geskryf het. Die opnamesessies het net ses dae geduur, maar Thys het baie geleer van sy ervaring met Tertius Human in die ateljee.

Thys se talent vir musiek, lirieke en sy eerlike, persoonlike benadering tot sy musiek maak hom ‘n kunstenaar om dop te hou. Sy nuutste enkelsnit, “Skryf”, is ‘n hartroerende en mooi uitdrukking van die krag van liefde en verbondenheid.

Luister die lied hier: linktr.ee/thysnortje

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb