Die luukse parfuumolie-versameling, TAPPUTI EGYTIAN PERFUME OILS, het pas ’n opwindende nuwe hoofstuk in die wêreld van parfuum betree met die bekendstelling van TAPPUTI MAN EGYPTIAN PERFUME OILS! Nadat hulle harte en sintuie verower het met hul uitmuntende reeks A-graad, onverdunde olies vir vroue in antieke bottels, fokus hulle nou ook op die elegante eienskappe van manwees met hulle nuutste reukolie-versameling wat eksklusief vir mans ontwerp is.
TAPPUTI MAN versinnebeeld die gees van sofistikasie, krag en die tydlose bekoring van die Egipitiese erfenis. Elke geur is ’n harmonieuse mengsel van sorgvuldig uitgesoekte bestanddele wat die essensie van tydlose elegansie vasvang. Van luukse aardse ondertone tot die verkwikkende varsheid van sitrus, het hul parfuum-ontwikkelaars dit reggekry om ’n reeks saam te stel wat aanklank vind by die moderne man.
“TAPPUTI MAN oorskry konvensionele grense en herdefinieer wat dit beteken om elegant en manlik te wees. Ons olies is meer as net geure; dit is ’n uitdrukking van selfvertroue, sjarme en individualiteit. Elke bottel getuig van hoë gehalte vakmanskap en vier die moderne man,” sê mede-eienaar en stigter, Alishia van Deventer.
Black Musk: ’n Waaghalsige, enigmatiese mengsel wat krag en bekoring uitstraal. ’n Geur wat elkeen wat jou pad kruis sal onthou.
Al-Amir: ’n Geur vir ’n ware heer wat tydlose elegansie met ’n tikkie avontuur kombineer. ’n Ode aan die prins in jou.
King’s Oud: Reis terug in tyd met die luukse ryk hout-ondertone van Oud. ’n Geur geskik vir ’n koning om te gebruik soos jy wil.
TAPPUTI verstaan dat selfvertroue nie net ’n eienskap is nie; dit is ’n lewenstyl. Hulle geure is ontwerp om jou aura te versterk en jou die selfvertroue te gee om uit te blink in enige situasie. Of jy nou ’n hoë-profiel geleentheid bywoon, jou merk in die raadsaal maak, of eenvoudig uitgaan vir die aan, is TAPPUTI MAN jou geheime wapen.
Dis modern, tydloos en eie aan jou. In ’n wêreld wat voortdurend verander, moet jou styl die toets van tyd deurstaan.
TAPPUTI MAN bied ’n mengsel van moderne sofistikasie en tydlose elegansie. Black Musk, spesifiek, kom in ’n sakgrootte glasbottel wat ontwerp is vir jou besige leefstyl en dit maklik maak om jou parfuum saam met jou te dra. Dis nie net ’n geur nie; dis ’n leefstylkeuse.
Die gesigte van TAPPUTI MAN: Ons verwelkom die charismatiese Joshua na die Reën en die betowerende Zipho Zwane as die gesigte van TAPPUTI MAN!
Met hulle onderskeie persoonlikhede en natuurlike sjarme verteenwoordig hulle die toppunt van elegante manlikheid en die gees van ons handelsmerk, wat hulle die perfekte ambassadeurs vir TAPPUTI MAN maak.
“Ek was nog nooit deel van ’n parfuumhandelsmerk of -veldtog nie, en ek is baie opgewonde om deel te wees van Tapputi Egyptian Perfume Oils en TAPPUTI MAN. Ek is mal oor die bottels, aromas, olies en handelsmerk,” sê Joshua na die Reën.
Joshua na die Reën is ’n multi-bekroonde sanger en liedjieskrywer wat harte verower het met sy unieke styl, betekenisvolle lirieke en kenmerkende klank. Hy het onlangs sy 10de jaar in die musiekbedryf gevier met die vrystelling van sy vierde ateljee-album, Die Vallei.
Zipho Zwane sê: “Om deel te wees van hierdie handelsmerk beteken dat ek iets kan verteenwoordig wat uniek is aan myself, en ek het groot waardering daarvoor. Dit vertel my storie, terwyl dit ook hulle s’n weergee. Hulle parfuum is van unieke olies gemaak om te verseker dat manlike aromas perfek aangewend word en heeldag hou.”
Zipho Zwane is die uitvoerende hoof en medestigter van Mal’khut Relations – ’n rolprent- en televisie-produksiemaatskappy, ’n kreatiewe regisseur vir rolprente en televisie, akteur, model en ’n gevestigde musiekregisseur, sanger, liedjieskrywer en kunstenaar wat met verskeie kunstenaars in die gospelbedryf en televisieproduksiemaatskappye saamwerk.
Maak gereed om weggevoer te word op ’n geurvolle reis, waar elegansie en selfvertroue ontmoet en manlikheid moeiteloos saamsmelt met individualiteit. Saam herskryf ons die reëls van geure en parfuum, en hierdie merkwaardige mans neem die voortou.
Betree die wêreld van TAPPUTI MAN en ervaar die ongeëwenaarde gehalte en styl wat ons handelsmerk definieer. Beklemtoon jou teenwoordigheid, maak jou merk en laat ’n blywende indruk met elke druppel wat jy gebruik.
Hierdie is meer as net ’n parfuum; dis ’n eksklusiewe ervaring vir die moderne man wat sy waarde ken en elegante manlikheid waardeer.
Manne, dis tyd om jouself te definieer met TAPPUTI MAN – waar selfvertroue en styl op ’n voortreflike manier ontmoet.