Bespreek ’N Kaartjie Vir Afrikaans Is Groot En Wen ’N Vakansie In Mauritius

AFRIKAANS IS GROOT (AiG)is die grootste en gewildste Afrikaanse musiekkonsertreekse in die land.

Jaarliks stroom duisende musiekliefhebbers na uitverkoopte vertonings om hul gunsteling-sterre in aksie te sien… en nou is daar nóg ’n goeie rede om ’n kaartjie te koop!

Die plaaslike reisagentskap, WORLD LEISURE HOLIDAYS (WLH), is vanjaar een van die borge van hierdie gesogte geleentheid en het, om dinge nog meer opwindend te maak, besluit om nege gelukkige kaartjiehouers met ’n vyfster vakansie in Mauritius te bederf.

Dit is vir ons ’n groot voorreg om deel te wees van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse musiekkonsertreeks. Dit is ’n jaarlikse hoogtepunt op die vermaakkalender en die grootste Afrikaanse konsert in die wêreld, waarmee ons onsself graag vereenselwig,” sê Elaine Durr, Bedryfsdirekteur van WLH.

AiG vind plaas vanaf 8 tot 17 November 2024 by die SunBet Arena in Pretoria en tydens elkeen van die nege vertonings sal daar ’n trekking gehou en vakansie weggegee word.

Mauritius is ’n heerlike plek om vakansie te hou en te ontspan. Dit is werklik vir ons ’n wonderlike voorreg om saam met World Leisure Holidays, ons nuwe borg, nege paartjies wat AiG gaan bywoon met ’n vyfster vakansie vir hulle lojaliteit te kan bederf,” deel Arnold Coleske, Besturende Direkteur van Coleske Artists.

Om in aanmerking te kom vir die kompetisie, moet konsertgangers ’n kaartjie koop en registreer vir WLH se nuusbrief.

Die prys sluit in:

  • ’n Week (7dae) se vakansie vir twee in Mauritius;
  • Hotelverblyf wat twee etes per dag insluit; en
  • Vervoer tussen die hotel en lughawe.

* Die prys moet binne ’n jaar gebruik word, is nie oordraagbaar nie en sluit nie vlugkoste in nie.

Kaartjieverkope open op 27 Maart 2024 om 10:00 op iTickets. Merk solank jou kalender deur die skakel te volg: https://bit.ly/AiG24Kalender.

Moenie hierdie kans op ’n ongelooflike konsert en (moontlike) vakansie deur jou vingers laat glip nie!

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb