Crew-Etc Stel Spesialis-Afdeling, Action-Etc, Bekend Vir Akteurs Met Aksie-, Waagtoertjie- En Ander Gespesialiseerde Vaardighede

Crew-Etc™, Talent-Etc™ se produksiespan-afdeling, is baie trots om ’n spesialis-afdeling bekend te stel wat sal fokus op kunstenaars wat opgelei is om aksie-, waagtoertjie- en ander gespesialiseerde werk binne die vermaakbedryf te verrig. Met hierdie baanbrekersinisiatief, wil hulle probeer om duideliker riglyne daar te stel en beter beskerming aan akteurs te bied, om sodoende hul veiligheid en welstand op stel te verseker.

Dié grensverskuiwende afdeling sal bestuur word deur twee bedryfsveterane, Llewellyn Cordier en Lara Engelbrecht, wie se gesamentlike ervaring en passie vir uitnemendheid hulle die ideale leiers vir hierdie belangrike saak maak.

Llewellyn Cordier & Lara Engelbrecht

Met ’n loopbaan wat oor twee dekades strek, het Llewellyn Cordier, wat bekend is vir sy rolle in The Furnace, The Queen, Generations, Rhythm City, The Executives, Nandi, Family Secrets, Legacy en Kings of Joburg, homself nie net gevestig as akteur nie, maar ook as ’n waagtoertjiekoördineerder, aksietoneel-choreograaf en afrigter van ander spesialisvaardighede.

Lara Engelbrecht spog met jare se ondervinding in die vermaakbedryf, en het al sleutelposisies in verskeie produksies beklee, waaronder produksiebestuurder, akteur-koördineerder, tweede-assistent-regisseur en produksiekoördineerder.

Gedurende haar loopbaan het Engelbrecht se veelsydigheid, organisasievermoë en uitstekende werk haar deurgaans ’n onmisbare bate gemaak in die verwesenliking van kreatiewe visies oor verskeie mediums binne die vermaaklikheidsbedryf. Haar oog vir detail en toewyding tot veiligheid het van haar ’n betroubare en gerespekteerde rolspeler in die bedryf gemaak.

“Buiten vir my eie loopbaan as akteur, voel ek bevoorreg om hierdie nuwe afdeling binne Crew-Etc™ te lei, wat toegewy is daaraan om na die belange en veiligheid van akteurs met aksie-, waagtoertjie- en ander spesialisvaardighede om te sien,” verduidelik Llewellyn.

Lara voeg by: “Ons doel is om te verseker dat akteurs die ondersteuning en beskerming kry wat hulle nodig het om uit te blink in hul kuns, terwyl ons ook die hoogste standaarde van veiligheid en professionaliteit op stel handhaaf.”

Tania de Villiers, ’n ervare produksiespan-agent en -bestuurder, sal by Cordier en Engelbrecht aansluit om die afdeling verder te versterk. Met hulle gesamentlike kennis en ervaring, sal hul verseker dat akteurs in die aksie- en waagtoertjiegemeenskap die beste ondersteuning en verteenwoordiging kry.

Die skep van hierdie gespesialiseerde afdeling beklemtoon Crew-Etc™ se toewyding tot innovasie wanneer dit kom by die ondersteuning van akteurs en produksiespanne. Deur gespesialiseerde ondersteuning en hulpbronne aan akteurs met aksie-, waagtoertjie- en spesialisvaardighede te bied, streef Crew-Etc™ daarna om die kwaliteit van veiligheid en professionaliteit in die vermaakbedryf te verbeter.

“Soos wat die vermaaklikheidslandskap aanhou ontwikkel, is dit noodsaaklik dat ons aanpas en innoveer om aan die behoeftes van ons kliënte te voldoen,” voeg Cordier en Engelbrecht by. “Met die bekendstelling van hierdie nuwe afdeling neem ons ’n pro-aktiewe benadering om te verseker dat akteurs in hoë-risiko-rolle die gespesialiseerde ondersteuning en beskerming kry wat hulle verdien.”


Llewellyn Cordier & Lara Engelbrecht, Action-Etc™
Tel: 082 551 7777
E-pos: [email protected]

Jennis Williamson, Talent-Etc™
Tel: 011 482 6245
E-pos: [email protected]

www.talent-ect.co.za

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb