Ariose, a passion project established in October 2020 by three talented musicians, has already delivered two very successful hits – Bly Jy Hier and Jy.
Now the trio is back with a brand-new single… just in time for Valentine’s Day.
SAAM MET JOU was written by the group’s male vocalist, Xander Filmalter and produced by their talented guitar player, Renier Henning. As always, Heidi Henning also did her part to create an amazing end-result.
“To me, the song is about that moment when you are standing in front of the love of your life and realise that nothing will ever be the same again, no matter what happens in the future,” Xander explains. “I see a four-year-old boy in his Batman costume diving across the couch every time the neighbour’s daughter comes over or the groom struggling to control his emotions when he looks into his bride’s eyes. Of course, each moment is surrounded by a bigger story, but somewhere between disappointments and victories, there comes a point when two people realize how far they have come because they had each other.”
Even though the track boasts deep lyrics, they believe that it will resonate with audiences of all ages and that listeners will enjoy its positive energy and catchy melody.
According to Renier, he always knew that this was a song that needed to be heard: “The chorus, which ends with ‘ek is soveel meer hier saam met jou (I am so much more here with you)’ makes you want to pull your wife closer and remind yourself of why you chose her in the first place. I hope it will have the same effect on everyone who listens to it, because after all, it is always nice to listen to a song that makes your arm hair stand on end with delight.”
Heidi agrees that this duet came together like the pieces of a puzzle to create the perfect end result. “Love is such an exciting journey and I think we have managed to capture it with this song,” she says.
The music video was filmed and produced by the group themselves and was created in Renier’s imagination long before it was captured on camera. It has a fairy tale theme and was shot at a location that is close to Xander’s heart.
“I think nature/ the forest is a metaphor for most relationships. It’s wild and wonderful, but you can get lost and never know what to expect,” Xander shares. “The hiking trail where the video was filmed is a place where my dogs and I go to escape from everyday life and is very special to me.”
Renier adds: “I have always wanted to shoot a music video with winding roads, tall trees, and light shining through the branches from above. The fairy tale theme in this song allowed us to do just that. The overall look and feel of the video, was inspired by a typical scene of a princess running through the forest in true Brothers Grimm fashion.”
Over the past two years, Ariose has learned a lot about the music industry and enjoys hearing their music on the radio, seeing their videos on TV and chatting with various journalists and radio broadcasters… but this is only the beginning. In addition to their separate ventures (Xander’s solo career and Renier and Heidi’s gospel group King’s Collective), they still have a lot planned for the future.
“2021 was a difficult year and a lot of our plans never materialized. We are, however, currently working on four or five new songs and music videos and are busy preparing for live shows. 2022 feels like an opportunity to reset and do things differently,” says Renier.
Ariose’s goal has always been to produce high-quality Afrikaans music and SAAM MET JOU is a good example of what they had in mind.
“It is feel-good pop song that people can listen to in their cars, homes and at social events. It has a catchy tune and meaningful lyrics that anyone who has ever been in love will understand,” Xander concludes.
The single is now available on all digital platforms. Download it here: https://music.apple.com/za/album/saam-met-jou-single/1607698455
Ariose Sing Oor Lewens Veranderende Oomblikke In Nuwe Kragballade
Ariose, ’n passieprojek tussen drie musikante wat in Oktober 2020 gestig is, het reeds twee baie suksesvolle treffers – Bly Jy Hier en Jy – opgelewer.
Dié trio laat ook nie gras onder hulle voete groei nie en het besluit om die maand van liefde behoorlik te vier met nóg ’n oorspronklike vrystelling wat sommer diep in musiekharte gaan nesskop.
SAAM MET JOU is deur Xander Filmalter, die manlike stem in die groep, geskryf en vervaardig deur hulle kitaarspeler en talentvolle musikant, Renier Henning. Heidi Henning, die roos tussen die dorings, het ook oudergewoonte vir soet hoendervleismooi oomblikke gesorg met haar unieke stem en aanslag.
“Vir my gaan die liedjie oor daardie oomblik wat jy voor die liefde van jou lewe staan en met alles binne jou weet dat niks ooit weer dieselfde gaan wees nie, ongeag van wat in die toekoms gebeur,” verduidelik Xander. “Ek sien ’n vierjarige seuntjie in sy Batman-kostuum wat elke keer oor die bank duik as die buurdogtertjie kom kuier of die bruidegom wat sukkel om sy emosies te beheer wanneer hy in sy bruid se oë kyk. Natuurlik is die oomblik omring deur ’n groter storie, maar iewers tussen teleurstellings en oorwinnings, kom daar ’n punt waar twee mense besef dat hulle nie so ver sou kom sonder mekaar nie.”
Alhoewel die snit diep lirieke het, meen die drie dat dit sal aanklank vind by ’n wye gehoor en dat luisteraars die lekker energie en ritme sal geniet.
Volgens Renier het hy van die begin af geweet dat hierdie ’n liedjie is wat mense moet hoor: “Die koorgedeelte, wat eindig op ‘ek is soveel meer hier saam met jou’ maak dat jy jou vrou wil nader trek en herinner wil word aan hoekom jy haar gekies het. Ek hoop dat dit dieselfde effek sal hê op almal wat daarna luister, want dit is immers altyd lekker om ’n liedjie te luister wat jou armhare laat regop staan van lekkerte.”
Heidi stem saam dat hierdie duet soos die stukkies van ’n legkaart bymekaar gekom het om die perfekte eindresultaat te skep. “Liefde is so ’n opwindende reis en ek dink ons het dit mooi vasgevang in die liedjie wat amper soos ’n kinderlike sprokiesverhaal afspeel,” sê sy.
Die musiekvideo is deur die groep self verfilm en vervaardig en het reeds in Renier se verbeelding afgespeel voordat dit op kamera vasgevang is. Dit het ’n sprokiesverhaaltema en speel af in ’n woudagtige omgewing wat Xander na aan die hart lê.
“Ek dink die natuur/ woud is ’n metafoor vir die meeste verhoudings. Dis wild en wonderlik, maar jy kan verdwaal en weet nooit wat om die volgende draai vir jou wag nie,” deel Xander. “Die staproete waar die video verfilm is, is ’n plek waarheen ek en my honde gaan om te ontsnap van die alledaagse lewe en is daarom vir my baie spesiaal.”
Renier voeg by: “Ek wou al lankal ’n video in die natuur skiet en die prentjie van kronkelpaaie, hoë bome en lig wat deur die takke skyn van bo af, was altyd in my kop. Die sprokiestema wat deur die liedjie vleg, het die konsep lekker laat ontwikkel en my visuele konsep is gebaseer op The Brothers Grimm se prinsesse wat deur die woud hardloop.”
Oor die afgelope twee jaar, het Ariose baie geleer oor die musiekbedryf en dit geniet om hulle musiek oor die radio te hoor, hulle video’s op die kassie te sien en met verskeie joernaliste en radio-omroepers te gesels… maar dis nog lank nie die einde nie, want buiten vir hulle afsonderlike projekte (Xander se solo-loopbaan en Renier en Heidi se gospelgroep King’s Collective) het hulle nog baie planne vir die toekoms.
“2021 was ’n moeilike jaar vir baie mense, ons inkluis, en baie dinge wat ons wou doen het nooit gerealiseer nie. Tans werk ons hard aan vier of vyf nuwe liedjies en musiekvideo’s en is ons besig om aan ons lewendige optredes te slyp. 2022 voel soos ’n jaar waarin ons kan ‘reset’ en dinge anders aanpak,” sê Renier.
Ariose, wat melodie beteken, se doel was nog altyd om goeie Afrikaanse musiek te maak en SAAM MET JOU is ’n baie goeie bewys daarvan.
“Hierdie is ’n gemaklike popliedjie wat mense in hulle karre, sitkamers en saam met vriende kan luister. Dit het ’n lekkerluister wysie en betekenisvolle lirieke, wat enige persoon wat al ooit verlief was sal verstaan,” sluit Xander af.
Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier: https://music.apple.com/za/album/saam-met-jou-single/1607698455
