Callum Stoltz Stel Musiekvideo Van Debuut-Enkelsnit Vry

Suid-Afrika se nuutste sangsensasie, Callum Stoltz, het die musiekbedryf behoorlik bekoor met die eerste enkelsnit uit sy eie pen, THE ONE THAT I LOVE.

Nou is dié talentvolle jongman terug in die kollig met ’n unieke musiekvideo vir hierdie besonderse lied.

Die regie van die video is behartig deur die musikant en videograaf, Gerduan Kemp, wat bekend is vir sy vermoë om interessante stories op kamera te vertel, en dit neem die kyker na ’n ondergrondse partytjie waar jongmense in die geheim ontmoet het om hulself te geniet en die aand om te dans.

Om by te dra tot die geheimsinnige gebeurtenis wat in die video plaasvind, is dit in ’n werkswinkel in Pretoria verfilm.

Oor die kreatiewe proses, deel Stoltz: “Ons wou die uitbundigheid van jonkwees en die opwinding van verbode pret vas vang. Ek en Gerduan, wat bygestaan is tydens die verfilmingsproses deur mede-musikant Abel Knobel, het verskillende idees bespreek en die konsep het organies daaruit ontwikkel. Die werkswinkel, met sy geheimsinnige atmosfeer, het ’n integrale deel geword van die gevoel wat ons wou oordra.”

Wat die video nog meer uniek maak, is die feit dat slegs die sanger se naaste vriende en kennisse daarin te sien is en dat elkeen hul eie unieke energie na die skerm gebring het. “Wat dit spesiaal maak, is dat ek almal in video ken,” verduidelik hy. “Vir my was dit meer as net ’n opname, dit was ’n samekoms van vriende om iets onvergeetlik te skep.”

Callum (18) is in 2005 in Kaapstad gebore, maar woon reeds sedert 2007 in Centurion.

Hy het begin sing toe hy vyf was en aangehou om sy musiekvaardighede op te skerp deur deel te wees van sy laerskoolkoor en met sanglesse te begin toe hy twaalf was.

Sy planne vir die res van jaar sluit verskeie opwindende projekte, waaronder nog ’n liefdesliedjie en meer optredes.

THE ONE THAT I LOVE is ’n lekkerluister-liedjie met ’n aansteeklike ritme en die unieke konsep van die musiekvideo beloof om aanklank te vind by oud en jonk.

Ek hoop dat mense die video net soveel geniet as wat ek het om dit te maak! Dit gaan oor die liefde en enigiemand kan daarmee vereenselwig, ongeag van jou ouderdom of waar jy woon,” sluit hy af.

Die snit is beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: linktr.ee/callum.stoltz

Published in
Categorised as music

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb