Huisgenoot Kroon Mej. Tiener 2024

Die kompetisie was straf, maar die stemme is in en Carli Oosthuizen is Huisgenoot se Mej. Tiener 2024!

Carli, wat een van honderde meisies was wat vir dié gesogte titel ingeskryf het, is 17 jaar oud en woon in Senekal in die Vrystaat.

Hierdie skoonheid was van die begin af ’n gunsteling onder lesers en ten spyte van ’n baie sterk top 10 – Amy-Leigh Shirley, Ané Lamprecht, Danielle Joubert, Hildegard Havenga, Jackie de Klerk, Lily Mtsweni, Mareli Jordaan, Telisa van Heerden en Tiara van Wyk – het sy uiteindelik as oorwinnaar uit die stryd getree.

“Om Mej. Tiener te wen, voel soos ’n droom. Asof iemand my gaan knyp en sê: ‘Word wakker!’. Ek voel baie geëerd en geseënd en ek is ongelooflik dankbaar. Ek is dankbaar vir die Liewe Here wat my so geseën het en dankbaar vir die mense wat agter my staan en my ondersteun het,” sê sy. “Dis vir seker iets onbeskryfliks en ek kan nie wag vir dit wat nog voorlê nie. Ek sal die platform ten volle benut en my liggie baie helder vir ander laat skyn. Ek sal definitief net myself bly en die liefde van my familie en vriende koester”, sê Carli.

Huisgenoot het vanjaar besluit om hierdie gewilde kompetisie, wat oorspronklik in 1962 begin het, na baie jare te laat herleef in ’n splinternuwe, moderne formaat om ’n splinternuwe generasie lesers, tussen die ouderdom van 13 en 18, te bereik.

Dit was vir Word Leisure Holidays ’n groot voorreg om deel te wees van hierdie opwindende kompetisie en ons wil graag vir Carli geluk wens met haar oorwinning. Sy het dit reggekry om in ’n kort tydjie in die harte van baie Suid-Afrikaners te kruip en ons hoop dat dit net die begin is van groot en wonderlike dinge vir hierdie dinamiese en inspirerende tiener,” sê Elaine Durr, bedryfsdirekteur van dié gesogte toeroperateur wat een van die borge is van die kompetisie.

Die publiek kon vir hul gunsteling stem op die kompetisie se spesiale stemblad op huisgenoot.com waar die top-10 se video’s en foto’s verskyn het.

Buiten vir die titel, stap Carli ook weg met:

  • ’n Vakansie vir haar en haar gesin in Mauritius, geborg deur World Leisure Holidays.
  • ’n Artikel in Huisgenoot, met haar foto op die voorblad. Die artikel sal ook op huisgenoot.com verskyn en op Huisgenoot se sosiale media gedeel word.
  • Mej. Tiener sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk en ’n gas-aanbieder wees in ’n program op die VIA-televisiekanaal.
  • ’n Pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir dié handelsnaam te verskyn.
  • R10 000 kontant.

Ons is so bly dat die kompetisie herleef en is baie opgewonde oor Carli wat as die wenner aangewys is. Dit was ’n voorreg om vir hierdie inspirerende tieners ’n platform te gee om hulself aan die publiek bekend te stel,”Huisgenoot se redakteur van spesiale projekte, Charlea Sieberhagen-Grey.

Vir ’n meer veelsydige Mej. Tiener 2024 sou ons nie kon vra nie – ons is so bly vir Carli en ontsettend trots op haar,”sê Huisgenoot-redakteur, Yvonne Beyers.

By Andrew Germishuys

Founder of SAMDB | Actor | Armourer | Tech Enthusiast With over two decades in the film industry, I'm a seasoned actor and skilled armourer. I hold numerous certifications in acting and filmmaking, complemented by degrees and diplomas in IT and technology, giving me a unique blend of creative and technical expertise. When I'm not on set or in the workshop, you'll find me immersed in the world of gaming and VR, fuelling my passion for cutting-edge technology. Connect with me: X / Twitter Facebook Instagram Mastodon Threads Explore my work on SAMDB IMDb